vra:
Kom vertel vandeesweek op “Skryf-Safari: Blogland” vir ons iets oor jou eie blog-ervaring, byvoorbeeld:
- hoekom blog jy?, of
- ‘n besonderse interaksie met ‘n ander blogger, of
- iets interessants wat jy uit ‘n inskrywing geleer het, of
- ‘n blog wat vir jou spesiaal verrykend is, of
- sommer al bogenoemde
WEL, HIER GAAN HY:
2009 vertrek ek NZ toe. Suster Tina bly my aanmoedig om by Litnet aan te sluit sodat ek kan sien wat sy en die Litnetters alles doen. Uiteindelik kry ek vir my ‘n skootrekenaar om te begin met n nuwe aanlyn ondervinding. Ek sukkel my dood om my blog op te stel. Suster bly vir my beduie wat om te doen. Ek kom net nie op dreef nie. Tegnologie blokkasie hier by my! Boeta probeer ook verduidelik maar hy het geen geduld en los my toe om voort te ploeter.
In die tussentyd is die skinnerstories en moddergooiery aan die gang op Litnet. Spammers geniet hul gate uit en plak al hul advertensies waar hul kan. Onthou dis nou my eie ondervinding wat ek hier beskryf. Ek beslut toe “to hel” met hierdie klomp onplesierige mense en met die ding dat ek net nie regkom nie.
Sus Tina van Rondomtaliedraai bly steeds in my nek blaas en probeer my oortuig om deur te druk. Ek het, dink ek, miskien n tweede stuk geblog en dit was dit.
‘n Bietjie later doen ek ‘n bietjie opleeswerk oor blogs. Ek land toe by WordPress, en aha, daar vat ek toe vlam. Ek doen my eerste pos. Baie eenvoudig en tog ‘n sukses. Elke uitdaging wat WordPress uitgegee het, het ek begin doen. Veral die foto uitdagings het my getrek. Dan het ek alles nog in Engels gedoen ook. Ek het selfs ‘n blog vir Trompie gemaak .https://scrapydodog.wordpress.com/ Toe is al my plek opgebruik en ek begin my tweede deel.
Nou het die lekkerte gekom. Ek het ‘n hele paar Afrikaanse bloggers ontdek en begin volg. Toe byt die skryf gogga my en ek skryf “Flash Fiction” en maak my eerste e-boek. Ek besluit toe om ‘n Afrikaanse uitdaging te begin, https://scrapydo2.wordpress.com/2016/10/06/toeka-tokkel-afsluiting/ wat twee jaar gehou het. Met die uitdaging het ek Toortsie en Kameel goed leer ken. Hester is ook een van my vaste besoekers. Tannie Frannie was ook aan en af by.
HesterLeyNel begin toe haar “lê jou eier “ wat ontwikkel in ‘n heerlike avontuur. Meer en meer neem deel. Vriendskappe brei uit en dis heerlik om so te kuier.
Vir my is dit ‘n lekker afleiding en dan kan ek dit nog in Afrikaans ook doen. Sonder hierdie blogland sou ek nooit staande kon bly in hierdie Ingelse lewe wat ek bedags lewe nie.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die volgende InLinkz-skakel:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=787126
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Ek het ook ‘n paar sekondes lank by Litnet geblog (vir Tina daar ontmoet) en toe met groot spoed padgegee WordPress toe. Ek en jy het mekaar ontmoet deur middel van Trompie en Genis se geselsery. Ek het later moeg geword vir Genis wat net nie wou maer bly nie en wat elke keer sy pa opgesteek het om vir my te knor … haha, nee, die waarheid is, Genis was net ‘n Engelse blog en ek wou in Afrikaans ook skryf. Gelukkig het ek en jy darem ons bande behou toe ek weggedwaal het en my huidige blog begin het.
LikeLike
Ja jong, daardie Litnet het my ook gladnie aangestaan nie. Trompie was/is ook maar n Engelse hond. Hy is mos hier gebore! My Engelse volgers het hom baie geniet. Ek is ook bly ons vriendskap het jou veranderinge oorleef. Ek geniet dit om by jou te kuier.
LikeLiked by 1 person
Dankie, selfde van hierdie kant af!
LikeLiked by 1 person
Ek geniet altyd jou blogs!!
LikeLike
Baie Dankie, jy is ook een van my eerste vriende wat ek hier leer ken het.
LikeLiked by 1 person
Dis waar!
LikeLiked by 1 person
geniet altyd jou skrywes
LikeLike
Baie dankie eks bly jy geniet dit!
LikeLiked by 1 person
Inneke ek is baie bly oor my NZ konneksie en ek het jou uitdagings ook geniet en aan paar deelgeneem.
LikeLike
Dankie, ek is netso bevoorreg om jou te leer ken al is dit oor die lug.
LikeLiked by 1 person
Ek is natuurlik baie bly ek het vir Scrapy leer ken. Spog tot by my kinders van my vriendin in die poskaart. Hulle dink ons gesels op Fb 😊
LikeLike
Ja, so het elkeen sy geheimpies. Jy is een van my “ou” vriendinne en die vriendskap blom nog steed . Dankie dat jy jy is.
LikeLiked by 1 person
So bly jy is hier.
LikeLike
Dankie Sonell ek geniet jou ook baie.
LikeLiked by 1 person
Dis altyd lekker om met jou te gesels!
LikeLike
Dankie Frannie selfde hierdie kant,
LikeLiked by 1 person
Lekker hier!
LikeLike
Dankie, joune is ook heerlik om te lees.
LikeLike
Altyd lekker om jou skryfsels te lees.
LikeLiked by 1 person
Die LitNetdae was soms rof. Ek het lank daar vasgebyt…Tina was my grootste motiveerder. Toe ons uiteindelik outomaties oorgeskuif is na WordPress, het ek ook al hierdie lieflike nuwe mense ontmoet en vir jou ook.
LikeLiked by 1 person
Ek het gesien die Litnet storie was maar woes en ek hou mos nie van gevegte nie. Ek het nie besef jul is outomaties oorgeskuif WordPress toe nie. Interessant. Eks ook bly ek het jou raakgeloop.
LikeLiked by 1 person
Ek sou nooit by Litnet begin blog het nie, bloot omdat ek myself nie literer genoeg geag het nie
LikeLike
Ek het beslis ook geen aanklank by hul gevind nie. Was net bo my vuurmaak plek.
LikeLiked by 1 person
Dis so lekker om te lees hoe almal hier uitgekom het, Scrapy. Weet maar, jou skryfsels maak my hart warm, veral op dae wat my binnekant ‘koud kry.’
LikeLike
Dankie Una, eks nly ek kan jou n bietjie opbeur in daardie koue binnekamer. Weet net dat ek n bietjie verstaan hoe jy voel. Jy is nie alleen nie. Dis ook baie moeilik, amper menslik onmootlik, om vrede te maak met alles. Tog bring dit n bietjie verligting vir n tydperk totdat daardie “inner critic” weer hard klop om binne te kom.
LikeLike
Goed jy het vasgebyt en uiteindelik by die lekker en opbouende aspekte van blog uitgekom.
LikeLike
Ek het van die begin af geniet om WordPress te gebruik, veral nadat ek gesukkel het om by Litnet in te kom.
LikeLiked by 1 person