Kaleidoskoop: Deel 6 Hoe nou gemaak.


Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur verskillende bloggers. Om die eerste 5 hoofstukke te lees, klik op die InLinkz skakel hieronder.

Om aan hierdie uitdaging deel te neem, lees die reëls by hierdie skakel.

InLinkz skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls(2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22)

Nellie se verhaal deel 6

Nellie (alias Sune Davel) sit op haar bed in Marli en Jakkie van den Berg se huis. Dis heerlik knus en rustig hier.
Sy voel hoe die magtelose gevoel haar wil oorweldig. Wat staan haar te doen? Haar brein wil nie helder dink nie! Die koerantberig het haar onkant gevang.
Nellie dink:
Ek kannie teruggaan na daardie mislikke f… Krissie. Diensmeisie speel werk nie meer vir my nie.
Polisiekantoor is nie n goeie idee nie… maar wat as hul my vingerafdrukke kry en na die Viljees toe gaan? Gelukkig weet hul nie waar ek is nie.
Sal ek maar vir Marli vertel? Nie n goeie idee nie!
Ek weet nie, ek weet nie meer nie!

’n Sagte kloppie op haar deur. Nellie skrik uit haar bedrukte gedagtegang. Sy spring op en maak die deur oop. Jakkie staan met die liefste uitdrukking van afwagting op sy gesiggie. Hy neem Nellie se hand, en beduie sy moet saamkom. Jakkie het n verkleurmannetjie buite ontdek. Hy wys haar hoe die kleure verander as hy die verkleurmannetjie op ‘n bruin tak sit. Nellie voel amper soos die verkleurmannetjie. Jakkie se opwinding laat Nellie egter vir ‘n tydjie vergeet van haar penarie. Die twee kuier heerlik in die die tuin.
Mali en Reinier hou die twee deur die venster dop.

“Reinier, ek gaan regtig probeer om Sune te oortuig om aan te bly en na Jakkie te kyk terwyl ek weer teruggaan werk toe.”
“Dis n goeie idee. Die twee hou baie van mekaar. Ek wonder net wat die arme Sune so verskrik en gespanne maak? Sy probeer haar bes om haar werklike gevoel weg te steek.”
“Ag Reinier, jy met jou speur- en mensekennis dink ook altyd dat daar iets moet wees. Sy voel maar net vreemd om weg te wees van haar huis.”
Reinier skud net sy kop.

Ek sal maar sien hoe ek die meisiekind sal hanteer. Sy lyk na n oulike dametjie.Ek is mal oor haar pragtige blou oë en daardie blonde krulle…

Jakkie kom ingehardloop, gryp Reinier se hand en ruk Reinier terug uit sy dagdroom. Hy beduie dat hy ook moet gaan kyk. Nellie stap soetjies verby terug na haar kamer. Sy moet nou regtig begin beplan. Gelukkig het sy darem ‘n bietjie spaargeld wat sy kan gebruik indien sy skielik moet verder gaan. Dis egter baie aanloklik om maar vir eers hier te bly en na Jakkie te kyk. Sy kan dan rustig dink wat om met die geld te doen.
Stuur sy dit terug na oom Esra of begrawe sy dit?
OF

gaan sy vir Reinier in haar vertroue neem en  alles aan die polisie vertel.

Image result for drawing of police officer

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

28 thoughts on “Kaleidoskoop: Deel 6 Hoe nou gemaak.”

  1. Ek het nou gelag vir die naam wat ook verkeerd weergegee is, en Frannie met haar Umm… daai outjie se naam….” Wonder waar Nellie gaan opeindig?

    Liked by 1 person

    1. Dis maar n storie om al die regte inligting deur te gee. Bly dat Frannie dit gesien het en my laat weet het. Die wye vlakte is op die oomblik oop vir Nellie. Nou moet die mafia inklim om hul geld te kry? Wat dink jy?

      Like

  2. Dankie vir die lekker bydrae Ineke. Jammer dat ek jou in die middernagtelike ure (NZ-tyd) versteur het – ek het nie eens besef ek meng in met jou slaaptyd nie 😳 maar ek weet jy sal my vergewe. Ek moet bloggers net herinner dat vir ‘n vervolgverhaal die episodes korter op mekaar kan volg; bloggers hoef nie te wag tot Donderdag om te post nie. Ons moet net so ‘n dag of wat kans gee dat almal die vorige episode kan lees en kommentaar lewer en dan kan die volgende een gepos word.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s