A & I Poësie uitdaging: Augustus. Alles oor harte.


A and I Poetry Challenge

 

Harts vreugde

Die maand Augustus

Maak my hart onrustig.

……….

1980 Huweliksklokke beier

Alle gaste kuier en luier.

………..

Vreugde en liefde blom

Harte groei rondom

Kleine voetjies wat hop en gallop al om.

……….

God gegewe geskenk

Om elke Augustus te herdenk.

……….

Dan die smart

Die liefde van my hart

Eindig sy lewe

Al wat bly is vergewe.

……….

Die lewe spoed voort

Kleinman word groot.

Trou met die liefde van sy hart

Alles bring vreugde en gemak.

………

Alles in die maand Augustus

Met sy hartsverlange en smart

Tog is daar genoeg vreugdes om te onthou

En die lewe verder te bou.

Ineke

Image result for picture of a heart

Augustus Tema: Skryf ‘n hart gedig

Dit kan ‘n gedig wees met reëls wat in die vorm van ‘n hart geskryf is, of ‘n gedig oor liefde, die kern van ‘n probleem, oor mense wat hul harte op hul moue dra, of iemand wat  harte in kompetisies uitstort.

U kan in enige taal skryf, maar stuur asseblief ‘n skakel terug of lewer kommentaar by beide WordPress-blogs om u belangstelling aan te dui en sluit die  A en I-poësie-uitdaging in. Plaas jou gedig op jou blog voor of op 30 Augustus 2018 sodat jou gedig in Augustus se opsomming geplaas kan word..

Dit is bloot ‘n voorstel en enige onderwerp kan gebruik word.

Advertisement

24 responses to “A & I Poësie uitdaging: Augustus. Alles oor harte.”

  1. Poetry Challenge – August Heart Poems – Something to Ponder About Avatar

    […] at  scrapydo2 writes a touching poem about love, loss and […]

    Like

  2. Forestwood Avatar

    It is a very beautiful and touching poem you have written here, Ineke. My goodness, you are such an amazing person to experience, forgive and move forward. Your strength and bravery inspire me!! I am really happy you are a friend!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Thank you Amanda, I am privileged to have you as a dear friend too.

      Like

  3. Abrie Joubert Avatar

    Besonderse woorde Inneke

    Like

  4. HesterLeyNel Avatar

    Dis buite woorde mooi geskryf Ineke, so hartseer, maar ook soveel liefde wat uit jou woorde spreek.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, ek is dankbaar dat ek 13 jaar van getroude lewe kon he en ook dat my seun gebore is.

      Liked by 1 person

  5. travel460 Avatar

    Ek sit hier en die trane loop, Scrapy, sommer net oor jou gevoelvolle, openlike gedig. Ek weet jy het ñ ver pad moes loop om tot by hierdie woorde uit te kom.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, dis beslis so. Ek dink die tyd is nou reg om daaroor te skryf. Daar is nie meer daardie regte verwyt wat mens met jou saamdra nie. Ek dink ek het nou n stappie verder aan beweeg.

      Like

  6. Bondelsgedagtes Avatar

    Dit stel mens bloot maar maak ons ook vry, as ons ons harte so oop deel. Well done scrapydo2

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, ek is al baie minder depressief as wat ek vir jare was. Hierdie jaar is 24 jaar terug se gebeure. Ek weet ook nou dat die omstandighede rondom die hele situasie was erger as die daad self.

      Like

      1. Bondelsgedagtes Avatar

        Dit is op sig self dat so iets gebeur. so buite jou beheer, dis onbeskryflik as omstandighede en mense dit erger maak. Ek is bly jy is beter, jy boer in my hart en gebed

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Baie dankie vir die bemoediging. Presies soos jy sê: omstandighede van buite! Ek hou jou ook baie naby aan my hart. Jy moet jouself weer opbou na jou “beter” self wat baie tyd gaan vat.

          Like

          1. Bondelsgedagtes Avatar

            Dit is so waar die opbou ding!! En ja, dit vat tyd in ‘n ongeduldige wereld..dankie vir omgee en saam voel

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Stywe druk vir jou.

              Like

  7. amandacl Avatar

    Dankie dat jy jou Augustus so eerlik met ons deel.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie, ek het lank gekou en geherkou aan die woorde.

      Liked by 2 people

      1. amandacl Avatar

        Ek glo jou, uiteindelik hartswoorde

        Liked by 1 person

  8. perdebytjie Avatar

    Sjoe, Ineke…dis baie hartseer en ook vreugdevol! Welgedaan!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie. Elke Augustus is steeds na 24 jaar nog steeds vol goeie en hartseer herinneringe.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: