Harts vreugde
Die maand Augustus
Maak my hart onrustig.
……….
1980 Huweliksklokke beier
Alle gaste kuier en luier.
………..
Vreugde en liefde blom
Harte groei rondom
Kleine voetjies wat hop en gallop al om.
……….
God gegewe geskenk
Om elke Augustus te herdenk.
……….
Dan die smart
Die liefde van my hart
Eindig sy lewe
Al wat bly is vergewe.
……….
Die lewe spoed voort
Kleinman word groot.
Trou met die liefde van sy hart
Alles bring vreugde en gemak.
………
Alles in die maand Augustus
Met sy hartsverlange en smart
Tog is daar genoeg vreugdes om te onthou
En die lewe verder te bou.
Ineke
Augustus Tema: Skryf ‘n hart gedig
Dit kan ‘n gedig wees met reëls wat in die vorm van ‘n hart geskryf is, of ‘n gedig oor liefde, die kern van ‘n probleem, oor mense wat hul harte op hul moue dra, of iemand wat harte in kompetisies uitstort.
U kan in enige taal skryf, maar stuur asseblief ‘n skakel terug of lewer kommentaar by beide WordPress-blogs om u belangstelling aan te dui en sluit die A en I-poësie-uitdaging in. Plaas jou gedig op jou blog voor of op 30 Augustus 2018 sodat jou gedig in Augustus se opsomming geplaas kan word..
Dit is bloot ‘n voorstel en enige onderwerp kan gebruik word.
It is a very beautiful and touching poem you have written here, Ineke. My goodness, you are such an amazing person to experience, forgive and move forward. Your strength and bravery inspire me!! I am really happy you are a friend!
LikeLike
Thank you Amanda, I am privileged to have you as a dear friend too.
LikeLike
n Nuwe digter! https://krugertheron.wordpress.com/2018/02/14/vrinne-gedig/
LikeLike
Besonderse woorde Inneke
LikeLike
Dankie Abrie
LikeLiked by 1 person
Dis buite woorde mooi geskryf Ineke, so hartseer, maar ook soveel liefde wat uit jou woorde spreek.
LikeLike
Dankie, ek is dankbaar dat ek 13 jaar van getroude lewe kon he en ook dat my seun gebore is.
LikeLiked by 1 person
Ek sit hier en die trane loop, Scrapy, sommer net oor jou gevoelvolle, openlike gedig. Ek weet jy het ñ ver pad moes loop om tot by hierdie woorde uit te kom.
LikeLike
Dankie, dis beslis so. Ek dink die tyd is nou reg om daaroor te skryf. Daar is nie meer daardie regte verwyt wat mens met jou saamdra nie. Ek dink ek het nou n stappie verder aan beweeg.
LikeLike
Dit stel mens bloot maar maak ons ook vry, as ons ons harte so oop deel. Well done scrapydo2
LikeLike
Dankie, ek is al baie minder depressief as wat ek vir jare was. Hierdie jaar is 24 jaar terug se gebeure. Ek weet ook nou dat die omstandighede rondom die hele situasie was erger as die daad self.
LikeLike
Dit is op sig self dat so iets gebeur. so buite jou beheer, dis onbeskryflik as omstandighede en mense dit erger maak. Ek is bly jy is beter, jy boer in my hart en gebed
LikeLike
Baie dankie vir die bemoediging. Presies soos jy sê: omstandighede van buite! Ek hou jou ook baie naby aan my hart. Jy moet jouself weer opbou na jou “beter” self wat baie tyd gaan vat.
LikeLike
Dit is so waar die opbou ding!! En ja, dit vat tyd in ‘n ongeduldige wereld..dankie vir omgee en saam voel
LikeLike
Stywe druk vir jou.
LikeLike
😘😘
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy jou Augustus so eerlik met ons deel.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, ek het lank gekou en geherkou aan die woorde.
LikeLiked by 2 people
Ek glo jou, uiteindelik hartswoorde
LikeLiked by 1 person
Beslis!
LikeLiked by 1 person
Sjoe, Ineke…dis baie hartseer en ook vreugdevol! Welgedaan!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Elke Augustus is steeds na 24 jaar nog steeds vol goeie en hartseer herinneringe.
LikeLiked by 1 person