Soos meeste weet kom ek spesiaal vanaf Nieu Zeeland af om deel te hë aan die heerlike kuier-safarie wat ons Towerinne onderneem. Ek het met spoed my goedjies gegryp en gelukkig n vlug vanaf Wellington, via Sydney, Oliver Tambo Lughawe toe gekry. Trompie moes ongelukkig tuis bly want sy steke is nog nie uit en moet nog onder toesig bly. Ek het hom by n honde-hotel ingeboek.
Na agtien ure aaneen in die lug het ek veilig aangekom.
Sjoe maar ek is gedaan! Sal my energie drankie moet gebruik voordat dit te laat is.
Scrappy..ek het dit! Die Oom is mos meer by ORTambo as by die huis. Hy sê hy is al so bekend daar dat hy al pelle is met die hele SAP kantoor…as ons dalk nou so 2 van Toortsie se tiramisus kan offer as n braai…..b kan hy maklik jou goete kry wat doeane gevat het….ons gaan daai mengsel baie nodig kry…😈
LikeLike
Uitstekend! Sal soooo bly wees want sekere goed is nie hier in SA nie. Die mengsel moet ook net die regte hoeveelhede wees ander werk dit oortyd met verkeerde liggaamsdele! Ek dink dis wat op die damwal gebeur het! Ek gaan beslis dit moet rantsoeneer.
LikeLike
Scrappy…ek is so bly jy is veilig…jy sal n hele lot van daai energie goete moet laat maak…ons gaan dit BAIE nodig kry…hopelik gee dit die klompie bietjie durf en moed ook! Ons weet nie wat alles voorlê nie😁😁
LikeLike
Jong ek hoop net ek kry die belangrikste bestandeel uit NZ gekoerieër want die posdiens is wraggies vrot hier by julle in SA. Ek sal net graag my voorraad by doeane in die hande wou kry. Ek dink Abrie moet bietjie sy papparatzie vrinne inspan en bietjie help.
LikeLike
Nou ja, nou is dit die bul by die horings pak, daar op die plaas. Bondels ons is nog so effens onder die radar, nog baie vars towerinne, ons kan dalk ń in sluip of twee beplan. Gelukkig was al die rooi wyn voorraad nog reg in Harties by Una.
LikeLike
Ja, laat ons bietjie begin pret he. Moet net nie die bus verpas nie!
LikeLike
Bondels en Trommeltjie..ek is ook mos maar nuut..onthou maar as julle ietz nuuts wil probeer om die Towerinne se lewe op te kikker!!
LikeLike
Alles hang van jou eie vindingrykheid af. Enigeiets werk, maak nie saak wat dit ook al is nie.
LikeLike
Dis n lekker uitdaging
LikeLike
Beslis. Lei mens se aandag af van alledaagse pyn en hartseer of wroegings.
LikeLike
Sal dit defnitief onthou, laat weet maar jou idees ook.
LikeLike
Maak so!
LikeLiked by 1 person
So bly jy is hier en veilig en vol energie (in elk geval genoeg om te kan kwaad word)
Ek kan nie wag vir ons toer om te begin nie, hier teen die einde van die jaar is dit wraggies broodnodig
LikeLike
Ek kan ook nie wag nie. My brein werk oortyd om alles in te neem. Kan nie aan slaap raak saans so besig is my gedagtes om dinge uit te werk.Ek dink dit gaan heerlik wees.
LikeLiked by 2 people
Wat het van jou Muskvuurpyl geword, of het jy besluit om liewer ‘n lae profiel te handhaaf ? Ek is net bly jy kom ongesiens by die lughawe uitsluip, want ons het juis gehoor daar is ‘n skelm paparaz wat die Towerinne probeer agtervolg.
LikeLiked by 4 people
OP oomblik vertrou ek nie ou Elon Musk nie. Hy rook dagga, selfs as hy onderhoud voer. Wil nie aan sy verkeerde kant kom nie. Ek het gehoor van daardie skelm koerantman.Gelukkig het ek hom gemis.
LikeLiked by 2 people
Dis onse eige Abrie!
LikeLike
Ja, die ou blikskottel wil nie saamry maar wil wel spy en inligting uitlek. Sal hom beslis in die oog moet hou.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ons moet hom vang en met kamera en al in die kleinhuisie op die bus toesluit. Dan kan hy foto’s van die toiletsitplek neem!
LikeLike
Ha ha, glo nie Hester en Lekkervurig gaan daarvan hou nie want hul sal hom eers moet uitlaat voordat hul kan ingaan. Dis egter n goeie oplossing om hom weg te hou van ons sake! Hy kannie interne dinge oopkrap nie die ou bogger!
LikeLiked by 1 person
Mal oor daai lughawefoto – jy lyk nie asof jy 18 ure se reis agter die blad het nie!
LikeLiked by 1 person
Eintlik is ek briesend kwaad o daardie oomblik omdat die doeane my tas oop gemaak het en belangrike goedjies gekonfiskeer het,
LikeLiked by 3 people
Wonderlik wat adrenalien kan doen 😀
LikeLiked by 1 person
Scrapy, jy lyk sommer REG vir hierdie toer!
LikeLiked by 1 person
Ha ha, ek hoop ek hou uit so saam met almal. Eks mos maar n alleen loper.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ons moet onthou dat sommiges dalk soms alleentyd sal wil hê. En ‘n soetweesmatjie is ook nie uitgesluit nie. 😂
LikeLike
Nou smile ek eers in my enigheid vir daardie soetweesmatjie!
LikeLiked by 1 person
Dalk sal een te min wees! Het ons dalk 14 nodig?
LikeLiked by 1 person
Nou sien ek in my gedagte al die matjies, elkeen met n naam op en as jy “soet” wil wees rol jy hom oop en niemand mag jou pla nie. Soos kleintjies in voorskool wat n middagslapie moet neem. Daars altyd een wat n andereen pla!
LikeLiked by 1 person
Scrapy, darem “verbou” ons hier op die plaas allerhande gewasse wat mens dan nou uitdroog ens , jy weet…vir gesondheid en all….
LikeLiked by 1 person
Ek gaan vir jou n email stuur met wat nodig is vir die energiedrankie. Dis nie moeilike goed nie.
LikeLike
Fantasties, ek wag met opgewondenheid vd email
LikeLike
Ek wil nie he die hele wereld moet agter kom wat daarin is nie. Veral nie die Papparatzie nie.
LikeLiked by 1 person
Ek sal dit met my lewe bewaar….
LikeLike
Mooi man!
LikeLike
Stuur gou ek moet maak die towerinne is op pad…
LikeLike
Grinnadella, kiwivrug en n sekere oranje en wit wortels gedroog en verpoeier om by smoothie te gooi. Die wortels is die groot geheim.
LikeLiked by 1 person
Scrapy Hester sal baie energiedrankies moet drink om by te bly. Sy het Saterdag ‘n Parkrun gedoen en staan toe daardie nag en trippel soos ‘n perd langs haar bed van krampe. Hou haar in gedagte wanneer jy jou heksebrousel aanmaak.
LikeLike
Sal spesiaal vir haar maak ooK. Jy weet Grinadella(Passion fruit) gaan almal passie gee vir ons kuier.
LikeLiked by 1 person
En maak interessante slaaie, jy weet!
LikeLike
Ja met spesiale kruie in is ideaal.
LikeLiked by 1 person
Ag Scrapy hoe lekker dat jy nou hier is!!!! Moet ek myself oor jou komkommer…. daardie energiepoeiertjies klink so ‘n bietjie verdag hmmmm…..
LikeLiked by 1 person
Moenie komkommer nie, my kop is reg dis net die lyf wat bietjie stadiger en traer as n paar gelede.
LikeLiked by 1 person
Jy het goed bygehou Inneke, so met die jetlag en al. En daar was oorgenoeg ‘energiedrankies’ vir almal…
LikeLiked by 1 person
Dankie man. Ons sal beslis genoeg bestanddele moet inpak om altyd n goeie voorradd te he.
LikeLike
Scrapy, na die Harties gekuiery moes die bus vinnig iewers stop vir aanvullings. Die voorraad het leeggeloop.
LikeLike
Gladnie goed nie. Op die einde sal ons almal regte Spierrinne word as ons so baie gebruik. Klomp op lughawe het my tas oopgemaak en al myne gekonfiskeer. Glo onwettige bestaddele wat gebruik word. Wonder wat hul weet van die inhoud! Dis spesiaal saamgestel om by my as persoon te pas(ahum… Towerinne gaan almal daarby kon baat!) sal bietjie met die SA regering moet onderhandel om dit terug te kry. Om dit per pos te stuur gaan nie werk nie want alles hoop mos op in een poskantoor. Sal regtig maar my seun vra om vir my n goeie voorraad te koeriër. Hy ken van pakkies inpak en stuur, ha ha.
LikeLiked by 2 people
Dít was ek te wagte, die span was moeg, hoor!
LikeLiked by 1 person
Toortsie, mmm… Ek sê liewer niks verder nie. Net sowel niemand van die buitewêreld weet jy was in Harties nie. Met die laat jy nou so ń openbare figuur en als is…Kameeltjie het jou gesig kort-kort toegegooi, net vir ingeval. Haar naam was mos nou lank aan joune gekoppel… Gelukkig verdwyn ons groepie vir 2 dae van die map af plaas toe. Dis nodig.
LikeLike
Die waarheid is … AL die towerinne is openbare figure! Ons word deur die hele wêreld dopgehou! Dalk moet ons vir 2 dae by ‘n spa inboek om ons kragte te herwin.
LikeLiked by 1 person
Jinne, dit kan net pret wees!💃
LikeLiked by 2 people
Toortsie jy vergeet niemand ken my nie, ek is maar pas as towerin beslaan nê so ek kan ongesien orals inglip…
LikeLiked by 1 person
Dís dalk iets om te onthou! 🥂
LikeLiked by 1 person
Wat is die spreekwoord – die deler is so goed as die steler. Jy is nou bekend jong! Geen ontsnap kans nie.
LikeLike
Oh goodness daar gaan ons skelm wegslip under cover….
LikeLike
Ha ha, toemaar ons maak n plan. Ons is goed met planne en die uitvoer daarvan. Ons ondersteun mekaar bars wat kom.
LikeLike
Die SPA idee sal my ook help om weer my slaappatroon te kry. Dis nie lekker om so moeg te wees nie. As ek SA toe vlieg bly dit mos dag die hele tyd.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ons sal kou ‘n slaaptydjie gun.
LikeLike
Baie dankie, ouderdom is ook besig om sy tol te eis!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die wegbreek. Kan dan bietjie julle ouens beter leer ken.
LikeLike
Ek is bly om te hoor hoe jy so energiek na ‘n lang vlug op Una se bus gehop het en nog saam Harties aan die prat gekry het. Ek sal moet kers opsteek oor watter energiedrankie jy kies!
LikeLike
Jong ek is mos op n spesiale dieët en sekere “bestanddele” gee ekstra woema! Hul verskaf dit in n poeiervorm wat by jou smoothies gegooi word.
LikeLike
😉
LikeLike
Sjoe, dis omtrent ‘n lang afstand, maar ek is bly jy’s hier!
LikeLike
Die tyd het net te vinnig gekom maar gelukkig was daar n kansellasie gewees en kon ek vlieg.
LikeLiked by 2 people