Kuiersafarie: Hartebeespoortdam besoek.


 

img-20180913-wa00052119949424.jpgHartebeespoortdam terugflitse

Lekker ry ons met die bus al singende en jolig.
Van die O T Lughawe ry ons die ou Hartebeespoortdam pad sodat ek n ogie kan gaan gooi by die skooltjie waar ek van 1969 tot 1972 skool gehou het.

Dit was en is steeds n vierman skool. Ek was korfbal en ook sokker afrigter. Eerste helfte van pouse was dit meisie se korfbal en tweede helfte seuns se sokker tyd. Ons hele skool het ook elke jaar n uitstappie vir n week gehad. Twee keer Umbloti, eenkeer Wildtuin en eenkeer Loskopdam toe. Heerlike tye.
Dan dankie Una dat ons by Ralie se Winkel kon gaan kyk na al die oudhede.

DSCN4099

Wie se winkel is dit die?


Hul het die mooiste rokke.
Ons het darem maar al ons dae met die verslaggewers gehad daar by die dam. Gelukkig het Lekkervurig haar vorige geliefde, ou Vis, lekker op sy plek gesit. Hy het ge-oe en ge-a soos n vis op droë grond wat snak na sy asem. Ek glo nie die koerant sal sommer weer iets verkeerds druk as Bytjie klaar is met haar terugvoer nie.

Nou is ons oppad na Brits toe vir ons volgende lekker kuier.
Vir verdere episodes kliek om die volgende skakel:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

 

 

 

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

17 thoughts on “Kuiersafarie: Hartebeespoortdam besoek.”

    1. Die hoof is n paar jaar jonger as ek(ek vermoed hy kan nou afgetree wees) het saam met Tina skool gegaan. Hy is n plaaslike ou wat self daar skool gegaan het. Die skooltjie lyk nog presies soos dit was net sonder die die muur en hek.
      Oorkant die hoofweg was/is n landbou proefstasie, Toentertyd het hul hartebeeste aangehou om die neuswurm by veral skape te toets. Die vlieg le sy eiers spesifiek in die hartebees se oog. Baie interessant gewees.

      Liked by 1 person

        1. Farmaseutise maatskappy Merck, Sharp & Dohme het getoets om uit te vind wat hul kon doen om neuswurms/snotsiekte by skape en bokke te bestry. Hul het toe uitgevind dat die hartebees n draer van die eiers en wurms is. Was heel interessant gewees. Onthou dit was laat sestiger jare en daar was nog nie vreeslik bestrydingsmiddels nie.

          Liked by 1 person

  1. Lekker ou herinneringe. Ek het in 2010 die laerskool gaan besoek waar ek skoolgegaan het en kon geen veranderings waarneem nie, haha. Brits is nog ‘n plek wat ek glad nie ken nie behalwe die een en ander wat ek al gelees het by die bloggers; ek sien uit na Bondels se aflewering.

    Like

  2. Jy het sokker afgerig? Nou sê ek niks meer nie…. vrou van vele talente!!! Het jy gesien wat ek gedoen het toe ons by daardie mooi winkeltjie was? Ek het geen rekolleksie daarvan nie….ai 🙄

    Like

    1. Jy moenie praat van die winkeltjie nie! Jy wou op stuk van sake al die rokke wat iets roois in gehad het aanpas. Jy’t hul almal (wat amper alles was) bymekaar geraap en aanpaskamer toe gegaan. Die eienaar het mooi verduidelik dat jy net 3 op n slag mag vat om te pas. Daar was nogal n hele onderonsie tussen jou en haar. Ons moes jou op einde met n winkel trollie daar uitstoot so moeg was jy van al die aanpas!

      Liked by 1 person

      1. Liewe land Scrapy geen wonder ek onthou niks nie…. ek raak mos oormoeg dan verdwyn ek in my eie wêreld in. In ‘n trollie uitgestoot 😁😁😊 Dankie hoor!!!

        Like

Leave a Reply to perdebytjie Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s