Hartebeespoortdam terugflitse
Lekker ry ons met die bus al singende en jolig.
Van die O T Lughawe ry ons die ou Hartebeespoortdam pad sodat ek n ogie kan gaan gooi by die skooltjie waar ek van 1969 tot 1972 skool gehou het.
Dit was en is steeds n vierman skool. Ek was korfbal en ook sokker afrigter. Eerste helfte van pouse was dit meisie se korfbal en tweede helfte seuns se sokker tyd. Ons hele skool het ook elke jaar n uitstappie vir n week gehad. Twee keer Umbloti, eenkeer Wildtuin en eenkeer Loskopdam toe. Heerlike tye.
Dan dankie Una dat ons by Ralie se Winkel kon gaan kyk na al die oudhede.
Wie se winkel is dit die?
Hul het die mooiste rokke.
Ons het darem maar al ons dae met die verslaggewers gehad daar by die dam. Gelukkig het Lekkervurig haar vorige geliefde, ou Vis, lekker op sy plek gesit. Hy het ge-oe en ge-a soos n vis op droë grond wat snak na sy asem. Ek glo nie die koerant sal sommer weer iets verkeerds druk as Bytjie klaar is met haar terugvoer nie.
Nou is ons oppad na Brits toe vir ons volgende lekker kuier.
Vir verdere episodes kliek om die volgende skakel:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
Cool!!! Dis so oulik geskryf, Scrapy.
LikeLike
Dankie, is dit nie jou “rok”winkel by die dam nie?
LikeLike
Nee, ek het mos ń meubelwinkel.🌺
LikeLike
Ooooo, ek het nie geweet nie. Altyd gedink dit moet materiaal wees wat jy in Bali koop en verwerk. Ook nie juis rerig uitgevind nie!
LikeLike
🤣🌸🌸
LikeLike
Die skool lyk steeds in ‘n goeie toestand. Jy lyk alte spoggerig daar voor Tant Malie se lorrietjie!
LikeLike
Die hoof is n paar jaar jonger as ek(ek vermoed hy kan nou afgetree wees) het saam met Tina skool gegaan. Hy is n plaaslike ou wat self daar skool gegaan het. Die skooltjie lyk nog presies soos dit was net sonder die die muur en hek.
Oorkant die hoofweg was/is n landbou proefstasie, Toentertyd het hul hartebeeste aangehou om die neuswurm by veral skape te toets. Die vlieg le sy eiers spesifiek in die hartebees se oog. Baie interessant gewees.
LikeLiked by 1 person
Die storie van die hartebees is hoogs interessant…nog nooit gehoor nie.
LikeLike
Farmaseutise maatskappy Merck, Sharp & Dohme het getoets om uit te vind wat hul kon doen om neuswurms/snotsiekte by skape en bokke te bestry. Hul het toe uitgevind dat die hartebees n draer van die eiers en wurms is. Was heel interessant gewees. Onthou dit was laat sestiger jare en daar was nog nie vreeslik bestrydingsmiddels nie.
LikeLiked by 1 person
Lekker ou herinneringe. Ek het in 2010 die laerskool gaan besoek waar ek skoolgegaan het en kon geen veranderings waarneem nie, haha. Brits is nog ‘n plek wat ek glad nie ken nie behalwe die een en ander wat ek al gelees het by die bloggers; ek sien uit na Bondels se aflewering.
LikeLike
Hierdie fotos is ook in 2010 geneem toe ons “Down Memory Lane” gegaan het vir oulaas voor ek terug NZ toe is. Ek weet van Brits maar dis ook nie veel nie. Gaan vir my ook n lekker nuwe ding wees.
LikeLiked by 1 person
Jy het sokker afgerig? Nou sê ek niks meer nie…. vrou van vele talente!!! Het jy gesien wat ek gedoen het toe ons by daardie mooi winkeltjie was? Ek het geen rekolleksie daarvan nie….ai 🙄
LikeLike
Jy moenie praat van die winkeltjie nie! Jy wou op stuk van sake al die rokke wat iets roois in gehad het aanpas. Jy’t hul almal (wat amper alles was) bymekaar geraap en aanpaskamer toe gegaan. Die eienaar het mooi verduidelik dat jy net 3 op n slag mag vat om te pas. Daar was nogal n hele onderonsie tussen jou en haar. Ons moes jou op einde met n winkel trollie daar uitstoot so moeg was jy van al die aanpas!
LikeLiked by 1 person
Liewe land Scrapy geen wonder ek onthou niks nie…. ek raak mos oormoeg dan verdwyn ek in my eie wêreld in. In ‘n trollie uitgestoot 😁😁😊 Dankie hoor!!!
LikeLike
Dis waarvoor vrinne daar is!
LikeLiked by 1 person
Ek lief daai winkel.
LikeLike
Ek ook. Die Towerinne was so betower deur die inhoud dat dit mooipraat en soebat gekos het om almal weer op die bus te kry sodat ons die dam kon invaar!
LikeLike