Spesiaal vir Frannie!
‘n Heerlike kuier by Bondels! Ek kon my energiedrankie se inhoud goed aanvul.
Die boeresport was ‘n hoogtepunt. Ek het mos n heilige vrees vir perde, die boeresport het my totaal beangs gehad.
Die agterstevoor donkie ry was ‘n uitdaging wat ek nie kon weerstaan nie. Ek weet nie wat Bondels als in die kos of drinkgoed gesit het nie maar ek was skoon uit my vel van opwinding toe die donkiery aan die beurt gekom het.
Hoe ek agterstevoor op die eseltjie se rug gekom het weet ek nie. Ek het my bene om die dier se pens gevou, die stert vasgegryp en sie daar!
Dit was ‘n gespring en geskop maar wat vasklou was ek, die einste benoude Scrapy. Ek het tot die einde opgebly en n prysie gekry.
44 responses to “Kuier-Safarie: Brits terugflits”
Scrapy is ek en jy nie Fb vriende nie? Wou vir jou iets vra maar jou naam is net weg. Nou vra ek maar hier…hoe gaan dit met jou – gordelroos beter?
LikeLike
Hi Kameel, ek het my FB toegemaak want ek is rweekeer gehack en ek het nou genoeg daarvan gehad. Dit gaan baie beter maar die senuwees in my blad is nog maar pynlik, veral as ek te veel beweeg het. Eks voluit terug by skool, my supervisor is siek so ek werk tot 6 uur saans. (Bly om dit te doen dit gee n paar ekstra dollers wat ek baie nodig het op die stadium na Trompie se operasie)
LikeLike
O, en baie dankie vir die liedjie, al is dit so effe stadig na my en Silver se smaak…
LikeLike
Onthou dis Silver se pa waarvan hul sing. Jou Silver is die jonger uitgawe!
LikeLiked by 1 person
Haai ja, dis waar! 🙂
LikeLike
Dis wat ek mos se, so sy ritme is nog heel goed! Ha ha nou kry ek lag vir wat ek nou gese het!
LikeLiked by 1 person
Weet lankal jy’s ‘n dapper vrou, maar agterstevoor-op-‘n-donkie voer jou na nuwe hoogtes!
LikeLike
Daardie agterop skop het my beslis met die harde werklikheid laat kennis maak.
LikeLiked by 1 person
Ek toets net gou iets. Mooi dàg vir jou!!!
LikeLike
Wat toets jy? Of ek al slaap? Amper slaaptyd na n nat trietsige dag. Gelukkig nie meer so koud nie.
LikeLiked by 1 person
Hester het my gehelp om my Kameel gelink te kry. Wanneer jy voorheen daarop gedruk het, het niks gebeur nie. Hier sing die voëltjies en die son skyn helder. Wasdag vir my… maar ek is amper klaar dan gaan ek bad en aantrek. Ek weet, ek weet dit is al tienuur en ek is nog in my nagklere!!! Jy moet nou lekker slaap en mooi drome droom…. nie van ‘n donkie nie ok!! 😁😁😁😁😁
LikeLike
Jy is ‘n brawe, brawe vrou.
LikeLiked by 1 person
Jong ek weet nie so mooi nie. ek het nou eers n vrees vir groot gediertes.
LikeLiked by 1 person
Ons het werklik donkies gery toe ek ‘n kind was (ek was meer op die grond as op sy rug) maar darem nie agterstevoor nie!
LikeLike
Ons het dit op laerskool met ons sportdag gehad. Agterstevoor de lot.
LikeLiked by 1 person
Sonder valhelms. Deesdae sou dit seker teen die wet wees om so ‘n sport aan te bied.
LikeLike
Nou praat jy. Alles het vandag beskerming nodig. Daardie tyd het jy met jou arms gekeer dat nie jou kop stamp nie! Natuurlike reaksie.
LikeLiked by 1 person
Ek sien jou ook, Scrapy!😂😂
LikeLike
My bene bewe steeds as ek net daaraan dink!
LikeLiked by 2 people
Ag vaderland Scrapy ek sien die prentjie. Dit het presies soos by ‘n rodeo gelyk…. net jy het bo gebly…en nie stof gebyt nie. Geluk man. 😁😁😁😁
LikeLiked by 2 people
EN AGTERSTEVOOR gery ook. Geen bande om vas te hou nie net die stert!
LikeLiked by 2 people
😁😁😊😋😊 Ek het vir Tina gesê sy moet haar vergrootglas vat en kom kyk wat vang ons aan hier op blogland. Met hierdie geskrywery van ons kom ek agter hoe lekker verbeeldingsvlugte is. Niks is onmoontlik nie… nie eers agterstevoorry op ‘n donkie nie 😁😁😁
LikeLiked by 1 person
Ek wil nie die kat uit die sak laat nie maar ek het Tina ingelig dat ons haar gaan besoek.
LikeLiked by 3 people
Oooo dit sal lekker wees!!!
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam. Kameel, jy is mos nou volgende aan die beurt – hierdie Donderdag. Ek wonder al klaar wat aan die broei is daar by jou.
LikeLiked by 1 person
Not to worry… almal is stroopsoet en gedra hulle soos regte dames 😊 Jy moet weet ek het nou koninlike familie, en mag hulle nie in die skande steek nie. 😗
LikeLiked by 1 person
Hulle sal dit regkry op die een of ander manier. Onthou jy nie wat hulle alles aangevang het in die Towerpaleis nie? 😄
LikeLiked by 2 people
Ek hou duimvas dat hulle nie so gaan uithaak dat ons weer moet vlug nie.
LikeLiked by 2 people
😄
LikeLike
Ole! vir die koninklikes.
LikeLiked by 1 person
Ja, ek wonder ook wat ons gaan beleef daar in Pretoria.
LikeLiked by 1 person
Briljant! Scrapy, die liedjie pas uitstekend by ons reis! En Frannie, nou dink ek hy is dalk ń catch. Jong, jy is SO oulik mann Scrapy.🤗
LikeLiked by 3 people
Dankie jong. Ek sien Toorts raak toe ook sommer aan die rympies maak ook. Ek dink ons reis is beslis die moeite werd.
LikeLiked by 1 person
O ja, ek reis net te lekker saam, Scrapy.
LikeLiked by 1 person
Lyk my hierdie toer inspireer almal op een of ander manier….of is dit nou al die geheime bestanddele in al die kosgoed en drinkgoed……
LikeLike
Ha ha, wys jou wat gedoen kan word as elkeen n kansie kry om weg te breek. Telkens iets nuuts.
LikeLike
Scrapy! Ek is sooo trots op jou! Jy het jou vrese behoorlik oorwin. En het ons gelag! 🤪
O, die scrapy
Ja, die scrapy
Die scrapy is ‘n wonderlike ding
Sy spring en sy skop en sy skree en sy hop
Die scrapy is ‘n wonderlike ding!
LikeLiked by 3 people
Ja wat, lag maar! Ek glo nie ek het my vrees oorwin nie. Ek bewe nog steeds van al die angs en opwinding.
LikeLiked by 2 people
Toortsie jy is classic met al die liedjies wat jy maak
LikeLiked by 1 person
Jy was ‘n ster. Ek het jou resies vesonder baie geniet. Dit was skreeusnaaks en ek het net bly hoop die eseltjie los nie n wind in jou gesig nie….😁
LikeLiked by 1 person
Ha ha, ek dink dis dalk my winde wat die donkie so laat weghol het! Mens gee mos n knak of n byt in sy stert om hom so te laat hol?
LikeLiked by 1 person
🤣🤣ek dink in prentjies…
LikeLiked by 1 person
Lekker man. Ek dink saam jou! Moes nou eers weer n lagbui afkoel met n drinkdingetjie.
LikeLike
Lekker man😁
LikeLiked by 1 person