My geliefde Koos DuP.
Wat van die Briels se Trein na Pretoria?
As oud Pretorianer het ek Kameel se bekendstelling baie geniet. Ou herinneringe het verby geflits. Terwyl ek so lekker knus teen my instrukteur se sterk bors vasgegpen was, met die valskermsprong, kon ek rustig my oë toe-knyp en in my gedagte Pretoria sien verby vlieg. Die landing was soos Kameel verduidelik perfek! Perfek omdat die aantreklike man my op my voete neergesit het. Ek moes net hol om staande te bly.
Die Sammy Marks Museum het my ook laat spoke sien en voel.
Dit het my aan die “Spookhuis” op die bult in Erasmuskloof laat dink. My seun het in een van die geboue naby die huis gewerk. Daar is blykbaar goeie stories aan die huis verbonde.
Net n paar flitse:
Ek het in Voortrekkerhoogte skool gegaan. Dis nie maklik om as kind van n fabriekswerker tussen militêre kinders te moet skoolgaan nie. Daar was beslis neergesien op ons plasies. Ek was in die groep wat eerste std agts, neges en tiens was. Ons het die reëls neergelê. Daar was baie van ons verwag.
Hester se beskrywing van Pretoria is beslis soos ek dit ook beleef het in vroeë sestigs Pretoria. Gedurende vakansies kon ons as kinders vir die dag Pretoria toe gaan. Ons het soggens 6 uur saam met my Pa tot in Pretoria-Wes gery waar ons die bus gekry het Kerkplein toe.Ons het CTC winkelplat geloop, ook die OK bazaar.Ons het later die middag weer met bus terug Pretoria-Wes toe gery om my Pa daar te kry. Dit was meestal die beste uiting vir ons drie meisie.
Ons het ook eers Fonteine Inry toe gegaan vir n piekniek. Later is die Zwartkopresiesbaan rondom die (Kannie naam onthou nie) Inry.
Sunnyside en sopkombuise was ook n gewilde plek tydens my studies op Normaal Kollege/NKP
Die volgende fotos is vanaf my seun se woonstel 2004 geneem.
Die Kerk is nie meer n kerk nie dis n mark of skuiling of wat ook al vandag.
Monument en uniegebou in die verte.
Sommer net Pretoria in die aand.
Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928