NaNoWriMo: Skryf in Afrikaans


National Novel Writing Month

Uitnodiging

Op die oomblik voel ek heel opgewonde. Ek het ‘n perd opgesaal wat my hopelik nie gaan afgooi nie. Meeste van julle weet ek is nie ‘n perde mens nie.
Hierdie jaar het ek besluit om deel te neem aan die wêreldwye “skryf ‘n boek in dertig dae” uitdaging. Ek gaan dit in Afrikaans doen omdat dit my moedertaal is. Die Engels kom nie natuurlik genoeg om 1666 woorde te skryf per dag, en dit vir dertig dae, of totdat daar 50 000 woorde geskryf is.
Dit gaan nie oor om die boek klaar te skryf nie. Dit gaan daaroor om in ‘n skryf ritme te kom. Mens mag nie verbeteringe maak nie(edit nie). Jy gaan sit net, en skryf alles wat in jou gedagte kom wat by jou storie pas.
Ek het die afgelope maand my voorbereiding gedoen en wag nou in spanning om Donderdag te begin skryf.
My Titel: Net ek: ‘n Memoir(deel twee)
My onderwerp: My eie skooljare, opleiding en beginjare van my skoolhou loopbaan.

Nadat ek die bekendmaking gemaak het in my vorige skrywe was daar wraggies reaksie op my aankondiging. Lekkervurigeaffêre gaan deelneem en  Cecilia Lombard gaan ook saamskryf. Ons drie het klaar ingeteken om Buddies te wees. Ons gaan mekaar ondersteun totadat die wenpaal bereik is.

As daar nog ouens van julle is wat belangstel; Kom saam en skryf saam. Dit gaan ‘n fees wees.
Hoe lyk dit  HesterLeyNel woordnoot,  Kameel en Lewies Mymer  ? Julle kan mos skryf!

Groetnis tot volgende keer.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

20 thoughts on “NaNoWriMo: Skryf in Afrikaans”

  1. Ek het vandag ‘n paar van die ander mense in Pretoria wat NaNoWriMo doen ontmoet. Hulle lyk na ‘n oulike klomp. So ver ek kan aflei, skryf meeste van hulle in Engels, maar die voordeel daarvan om by ‘n area betrokke te raak is dat jy ander skrywers ontmoet en dat hulle Write Ins reël, waar almal bymekaar kom om te skryf. Die South Africa Elsewhere area, wat tannie Erna by is, reël virtuele Write Ins 🙂

    Like

    1. Dis te lekker om n gemeenskaplike saamskrywery te doen. Dis goed om dieslfde belangstelling te hê. Hul doen hier ook sulke ontmoetings. Ongelukkig is dit bietjie ver van my af. Ek het ook by SA Elsewhere area aangesluit. Dit gaan ook help.

      Like

  2. As ek vroeër geweet het julle gaan inskryf, het ek sowaar ook ingespring, maar nou is my danskaartjie te vol vir nog ‘n wals. Dit gaan my nie verhoed om op die kantlyn te staan en skree vir julle nie. Alle sukses!

    Like

    1. Ek moet dankie vir jou ook sê, nou voel ek sommer gemakliker om hier op my eie te sit en skryf. Ek is ook maar meer n “planner”. Gelukkig het ek voor verlede jaar al my tydlyn en storie idees neergeskryf. Ek het net nie daarby gekom om te gaan sit en skryf nie. Hierdie maand gaan my beslis help. Sal jou ook lekker ondersteun as daar obstakels op die pad kom. Hoe opwindend, kannie wag nie.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s