Kuier-Safarie: Dullstroom nabetragting.


IMG_0469

Dullstroom wat toe nie meer Dullstroom was nadat ons “cow”rinne die Milkshake bar oorgeneem het.

Om meer uit te vind oor die heerlike toer van ons Towerinne en die groen bus, kliek net op die skakel en jy kan al die stories daar lees.

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Terwyl ons rustig kon loop en die natuurskoon en stilte belewe moes ek ook eers op n bankie gaan sit en n bietjie rus.

Rear View of Man Sitting on Water

My gedagtes het ver terug gegaan na 1979 toe ek my jaar in Pretoria was met verder studie. Ek was nooit een wat “boyfriends” gehad het nie. Ek het altyd vir die Opsitkers gekryf. Altyd ouens uitgekies wat so ver as moontlik van my gebly het. Wel, hierdie keer waarvan ek nou praat, het die ou nie te ver gebly en n afspraak gemaak om te kom kuier en my uit te neem vir ete. Die ou was uitgevat in sy beste kerkpak en het vir my n orgidee gegee. Heel romanties bygesê. Ons is toe na daardie hoë bank gebou in Pretoria wat n restaurant op boonste vedieping het. Die arme man het nog nooit in sy lewe so n “grand” plek besoek nie. Hy was n ryk mielieboer uit Wes Transvaal! Hy wis toe nie wat om te bestel nie. en besluit op forel. Soos jul weet is forel n varswatervis en het grate vir Afrika. Arme man het nie geweet mens skraap die vleisies versigtig van die grate af nie. Hy vat sy vismes, breek n stuk af en steek dit in sy mond; grate de lot. Jy kan jou voorstel hoe sleg die ou gevoel het met sy mond vol stekende grate.
Nou terug na die perdry petalje en Broodina geval. Ek, wat Scrapy is, het terwyl julle gedans het en haar besig gehou het gou weggeglip en gaan uitvind waar sy bly. ‘n Lekker “cosy” woonstelletjie aan die koerantkantoor se gebou. Ek het stilletjies n vuurpyl in haar woonstel gestel sodat sodra sy die voordeur oopmaak die vuurpyl vlamvat en haar n vinnige paar draaie om die aarde laat vlieg. So, hoplik, op die oomblik sal sy ons nie pla nie. Daar is egter later dalk weer vir haar geleentheid om ons te volg as sy weer terug op kantoor is. Kom tyd , kom raad.

Image result for free cowgirl clipart
Die intog, op n perd se rug, het my boudbeendere pimpel en pers gestamp.Ek het juis nie vreeslik baie boude nie, meer net vel en been. Baie eina! Aangesien ons so n lang reis het wat voorlê het ek maar een van die hotel se kussings gegaps om op te sit. Die ou groen bus is nie meer so luuks soos wat hy in die begin was nie. Met al ons gesingery, springery en grondpad ryery het die vere van die sitplekke n bietjie van hul veer verloor.
Die kussing storie laat my ook weer aan my en Rondomtaliedraai se besoek aan die Victoriawaterval  laat dink. Suster Tina het nie te lekker gevoel die oggend toe ons Zambië sou besoek nie. Ek het haar gevra of daar iets is wat ek vir haar kan saambring.

”Net n kussing om op te sit, asseblief.” Die sittery in die bus het haar gedaan gemaak. Nou ja, ons is toe in Livingston en ek soek n kussing, wat nie sommer te vinde was nie. Raai waar koop ek toe n kussing? By Pep Store in Zambië.
Dit dan sommer net vir interessantheid.


Ek het ook op n tydstip baie van Potgietersrus, Secunda toe gery. Dullstroom lê nie heeltemaal op die pad nie want ek het in Middelburg afgedraai, Witbank en Bethal toe. Dullstroom was en is steeds bekend daarvoor dat dit n baie koue mistige plek in ie winter is. Die forelle deel is ook beslis waar wat Bytjie van praat, baie gewild en bekend ook. Groblersdal wat ook nie te ver van Dullstroom is het ook forel plase wat ook baie gewild is.
Nou sien ons weer uit na ons volgende stopplek. Dankie Bytjie jou fotos en vertelling het darem gemaak dat ons so n ietsie van Dullstroom kon sien en beleef.

36 responses to “Kuier-Safarie: Dullstroom nabetragting.”

  1. Ons het ‘n oggendtroue gehad op Stellenbosch. Die aand het ons in Paddagang restaurant in Tulbagh geeet en ‘n heerlike forel was op my bord

    Like

    1. Daars niks verkeerd met die smaak nie. Dis die mnier waarop jy hom benader wat tel. Paddagang restaurant is n interessante naam. weet jy dalk hoekom dit so genoem word?

      Like

  2. Mooi geskryf en pragtige plek op die video
    Arme Broodina, hoop haar valskermpie maak oop

    Like

    1. Dankie! Ha ha, gee haar n paar benoude oomblikke maar sy sal okay wees.

      Like

  3. […] het Scrapy haar planne mooi bymekaargekry en vir haar, voor sy haar oë kon uitvee, in ‘n vinnige […]

    Like

  4. Ek hoop regtig Broodina het nou vir eens en altyd geleer dat jy nie met die Towerinne mors nie! Ek is gelukkig baie goed bekend met die Suidernuus hier by ons, se baas, so ek sal hom waarsku om haar nie aan te stel as sy sou aansoek doen by hulle nie.

    Liked by 2 people

    1. Goed vooruit gedink, Toortsie!

      Liked by 2 people

      1. Party mense wil net nie hoor nie!

        Liked by 1 person

        1. As jy nie wil hoor nie moet jy maar voel. Eks seker Broodina se valstande vlieg ook iewers in die ruimte rond!

          Liked by 1 person

          1. Ek wil haar amper jammer kry!

            Like

            1. Ek is nogal geneig om saam met jou te stem. Sy het dit egter oor haarself gebring.

              Liked by 1 person

              1. O ja, sy het, maar ek dink sy weet nie hoe om haarself te help nie! Sues tog

                Like

                1. Siestog maar nog steeds moet sy dit nie op ons uithaal nie!

                  Liked by 1 person

  5. Hehe, Scrapy, nou het jy Broodina goed op haar plek gesit, oftewel weggeskiet! Mooi stuk en pragtige video.

    Like

    1. Dankie Bytjie, dit is n mooi plek maar nie soos die Bosveld nie. Bosveld is maar my gunsteling.

      Liked by 1 person

  6. Dis ‘n mooi plek daar in die video. Ek het nog nooit kans gesien om forel te eet nie, hoewel hulle sê dis ‘n heerlike vis. Vir my klink dit te veel na harde werk om kos in jou maag te kry.

    Liked by 1 person

    1. Beslis harde werk. Na die petalje het ek ook besluit om nie sommer varswatervis te bestel nie, mits dit mooi skoon gemaak is nie.

      Liked by 1 person

  7. Scrapy, ek is baie bly jy het Broodina in ń wentelbaan om die aarde geplaas. My vraag… Kan ek ook ń beurt kry? Jy moet my dan net weer laat terugkom Groenbus toe. So ń rit in die ruimte klink vir my alte lekker.

    Liked by 2 people

    1. Ek dink nie Broodina gaan ooit weer dieselfde wees na ons Dullstroom besoek nie. Jy is voorwaar avontuurlustig Una!!!!

      Liked by 2 people

      1. Kameel, dink net. Daar skiet mens tussen die sterre in, doer waar jy net oor wonder. Solank ek net my truitjie saamvat, want ek hou niks van koudkry nie.

        Liked by 1 person

        1. Ag vaderland Una 😁😁😁 ok, moet net nie jou truitjie vergeet nie!!! Ek het hoogtevrees…dink nie ek gaan die sterre geniet nie.

          Liked by 3 people

        2. Jy berei jou mos voor vir die trip, dis nie soos Broodina wat in haar skamele klere rondswaai nie

          Like

      2. Beslis, hoop haar brein stop sommer ook. Una is altyd reg vir rond rits.

        Liked by 1 person

    2. Dalk kan ons volgende keer ‘n virtuele ruimte-toer onderneem!

      Liked by 4 people

      1. Neeeeeeee Hester….jou visier (spelling) is te hoog gestel….mik laer…soos plat op die aarde. 😊

        Liked by 2 people

        1. Reik na die sterre. En pasop vir die son.

          Liked by 3 people

      2. Ek het nounet my eie een gepost.

        Liked by 1 person

    3. Ja wat ons kan maar n plannetrjie uitwerk. Ek dink ek moet n groter vuurpyl kry om sommer n paar van die ander ook op te laai. Die pyl waarin Broodina is het n rekenaar in wat haar na n hoeveelheid omwenteling terug in Dullstroom gaan afgooi!. Het haar n valskerm gegee om mee uit te spring voordat vurrpyl uitbrand!

      Like

  8. Jy het toe nie die mielieboer vasgetrek nie? Dink net jy kon hom leer forel eet het. Wens jy het vir my ook ‘n kussing vasgelê… ek net so seer na 14 ure op 4×4 se agtersitplek. Dit was so gelaai dat ek in ‘n gaatjie ingedruk gesit het. Hoop Broodina geniet haar “trip.”😉

    Like

    1. Hoop jy het heel in Knysna aangekom, net so jammer van al die vure. Hoop nie die vuur kom na julle kant toe nie.

      Liked by 2 people

      1. Ons het heel hier aangekom dankie 😊 Die Outeniekwa pas is swart verbrand en ‘n hartseer gesig om te sien. Reën al liggies van gister af….en dis koud!!!

        Liked by 1 person

        1. So dankbaar dit reën daar.

          Liked by 2 people

    2. Daars nog n storie aan die mielieboer! So n geryery sit nie in elkeen se sitvlak nie! Broodina se brein is nou geskud tot sy weer kan loop op die aarde.

      Liked by 1 person

      1. Dan sal jy die mielieboerstorie moet vertel 😄

        Like

        1. Eendag op n reëndag! Is nou eers besig om deur my verlede te blaai. Ek is nog nie by die vry-stories nie! Die boer was n rooikop n n regte oujongkêrel. Sy idees was goed gevestig.

          Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: