Ek verlang na my liefste se skouer om net n oomblik gekoester te word.

https://www.flashlyrics.com/lyrics/steve-hofmeyr/pampoen-97

Sing, sing jou woorde teen my vas
Bring, jou hele lewe in ‘n tas
Vat ‘n trein na Bloemfontein
En die 506 na Petrus Steyn
En as jy wil, vat daar ‘n bicycle
Volg, volg die grondpad teen die bult
Hol, oor die velde as jy wil
Hier wag ek die jare om
Vir ‘n stofwolk op die horison
Of iets soortgelyk, wat soos jy lyk

KOOR
Ek’t nog ‘n vrot pampoen en ‘n stukkende skoen
En ‘n trekker wat se tyres lek
Vir alles wat ek aan jou gedoen het
Kom jy by my intrek
Ek’t nog ‘n vrot pampoen en ‘n stukkende skoen
En ‘n plaas wat ek afbetaal
Vir alles wat ek aan jou gedoen het
Kom jy om my te haal
Stuur, stuur my liefde vir jou ma
Maar, as jy kom los haar net daar
Want hier’s net plek vir drie van ons
dis ek en jy en ‘n af-oor hond
Sy naam is Roof, maar hy’s al jare doof
Bring, bring daai goedjies wat jou pla
En ek, maak ‘n ring van ogies draad
Ek spaar nog vir die diamant
En ‘n donkiekar vir die predikant
Ek sal moet blomme leen, tot dit eendag reen….

KOOR

Woorde & Musiek: Steve Hofmeyr


10 responses to “Pampoen – Steve Hofmeyer”

  1. trommeltjies Avatar

    Pragtig en immer gewild

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Was n behoefte in my hart om na ou Steve te luister. HY sing mooi en die woorde is netso mooi.

      Like

  2. Toortsie Avatar

    Ai dis mooi

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Onbeskryflik mooi. (Ek soek bietjie hulp om my Instagram aan die gang te kry. Hoe plak mens fotos daar?)

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Werk jy op jou foon of rekenaar?

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Op my rekenaar. Gebruik nie my foon vir ander goed as net boobskappe nie(nog nie so foon-ingesteld nie)

          Like

          1. Toortsie Avatar

            Op my foon se app is daar onder in die middel ‘n +. Ek kliek net daarop.
            Op my Apple rekenaar sukkel ek nogal, ek is seker daar moet ‘n makliker manier wees, maar só het my skoonseun my geleer:
            Maak jou Instagram oop.
            Dan kyk jy heel bo-aan die skerm staan Develop. Kies dit.
            Dan User Agent
            Dan Safari iOs Iphone
            (Dis hoe dit by my werk. Ek hoop jy kom reg.)
            Dan lyk dit soos die app op die foon en ek kliek net onder op die +

            Liked by 1 person

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Het gaan kyk maar ek kry gladnie die develop nie. Het by hulp gaan kyk en daar sê hul toe dit werk nie van n rekenaar af nie-net van telefoon en tel se gallery kan mens fotos oplaai.

              Like

  3. perdebytjie Avatar

    Ek kan dit glo…sterkte en ‘n drukkie vir jou, Ineke.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, dit help darem om te weet jy gee om.

      Liked by 1 person

Leave a reply to Toortsie Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.