Het jy al die gevoel gehad?

Dis Dinsdag, ek en my vriendin het ons Dinsdag kuiertyd by n koffie shop. Ons doen dit nou al seker vir drie jaar, hierdie gekuier oor n koppie tee/koffie.
Die volgende toneel speel hom af terwyl ons kuier :
Aan ‘n tafeltjie buite ons gehoorveld sit die tweetjies. Met skouerlengte swart hare wat sy gereeld saamvat in haar hand en dan agteroor gooi, dan vat sy dit weer saam en gooi dit oor haar skouer. Sy is ingedagte. Langs haar sit, ek neem aan, haar blonde seuntjie. Hy het gejelde haartjies wat regop staan op sy koppie. Blou ogies kyk rond en dan na die speelgoedjie in sy handjies. Mamma is besig op haar foon. Voor haar is ‘n wortelkoek muffen. Daar is ook ‘n sjokolade melkskommel. Sy eet ‘n hap en probeer vir die kind ook gee. Hy wil nie. Draai sy gesiggie weg. Sy gaan aan met haar foon en dan neem sy nog ‘n hap. Sy skep van die versiersel en hou dit voor die seuntjie. Hy eet dit. Hy wil egter nie die koek self eet nie. Volgende is die melkskommel. Steeds bly Mamma besig op haar foon. Sy skep ‘n lepel vol van die boonste skuim af en gee dit vir haar kind. Hy hou daarvan. Sy gee hom ‘n tweede lepel, die derde lepel wil hy nie hê nie. Sy laat hom afklim van sy stoel en hy gaan in die speelplekkie speel. In die tussentyd bly sy besig met die foon. Voorkop geplooi in konsentrasie. Sy bly die hare saamvat en elke keer na agter gooi. Met die hare aksie kyk sy in die kind se rigting om te sien wat hy doen. Tog glo ek nie sy sien hom regtig raak nie. Hy is heel rustig besig met al die speelgoedjies.

Van die oomblik dat ek die vrou en die kind so sien sit het kom die gevoel by my op dat sy bekend kan wees. Die kindjie lyk baie soos sy pa as dit die persoon is aan wie dit my herinner. Kan dit waar wees? Is die twee regtig bekendes wat ek nog nooit ontmoet het en tog vir my die gevoel gee dat dit hulle kan wees.

Het jy al so n ondervinding gehad?

Faux Hawk with Short Sides

31 responses to “Net ‘n Gevoel”

  1. angelswhisper2011 Avatar

    Mooi geschreven verhaal, Ineke ❤ Het is niet te geloven hoeveel belangrijker de telefoon tegenwoordig is dan je eigen kind. We zien het hier ook steeds, bijna geen tijd meer voor de kinderen en dieren, maar wel voor de telefoon…Aargh🙀Extra Pawkisses for a Wonderful Day to you and Trompie🐾😽💞

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, bly jy het dit geniet om te lees. Ja, dit is erg hierdie foon geselskap. Trompie agrees, these phones are not good company. Extra licks and sniff to you and Binky. Looks as if Trompie is allergic to his special prescribed food! Taking him to the vet tomorrow because its a holiday today. Keep warm, lots of love.

      Liked by 1 person

      1. angelswhisper2011 Avatar

        Oh, Trompie, we hope the vet has some other food for you. Here come some Healing Pawkisses for the occassion💗💗💗

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Going 1.15pm to see dr. Thanks for the healing kisses, they calmed me a bit. Some nervous licks to you and high paws.

          Liked by 1 person

  2. woordnoot Avatar
    woordnoot

    Ai…as die mammas en pappas net weet wat hulle aan hulle kleingoed doen….ek voel dat ouers wat so geheg is aan hulle fone en rekenaars hulle kinders mishandel…verwaarlosing is ‘n vorm van mishandeling. Jy het dit so raak beskryf…ek sien my eie kind met die foon sit…

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis n euwel. As die volwassenes net wil besef hoe belangrik werklike aandag is vir sulke kinders. Die outjie weet al hy moenie eers probeer teewerk nie. Hy was vir my heeltemaal te “soet”.

      Like

      1. woordnoot Avatar
        woordnoot

        Bitter hartseer.

        Liked by 1 person

  3. SJ Botha Avatar

    Ongelukkig ja.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hierdie is nie my eerste keer nie!

      Like

  4. rondomtaliedraai Avatar

    Mens voel ongemaklik …

    Like

  5. HesterLeyNel Avatar

    Mooi skrywe – ek kan die toneeltjie voor my sien afspeel.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, dit was n prentjie om te onthou.

      Liked by 1 person

  6. Bondelsgedagtes Avatar

    Haai Scrapy jy skryf dan so goed jy kan aljimmers nie n beginner wees nie

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jong daardie “inner critics” bly maar knaag! dankie vir jou mooi woorde.

      Like

      1. Bondelsgedagtes Avatar

        Hoe voel jy, is jy al gesond?

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Baie beter dankie. Kry met tye nog hoofpyn maar ek dink dis meer my gekraakte neus wat dit veroorsaak en ook omdat ek mos permanent bril moet ek my tye my bril bietjie afhaal. Dankie vir die omgee waardeer dit baie.

          Like

          1. Bondelsgedagtes Avatar

            Sterkte hoor, dink aan jou

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Baie dankie waardeer jou besorgdheid.

              Like

  7. travel460 Avatar

    Ek het ook al so iets oorgekom, en dae daaroor geloop en wonder.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek was te bang om haar te vra. Sal wonder tot ek haar dalk wel ontmoet eendag.

      Liked by 1 person

  8. perdebytjie Avatar

    Jy het nou hierdie dejavu gevoel so goed beskryf, Ineke. Ek het dit ook al beleef. Ek dink dit het baie te doen met gebeurtenisse en tonele in mens se lewe. Dis iewers in jou brein gestoor en word dan skielik deur so ‘n oomblik geprikkel om uit te kom. Dan voel dit vir jou so bekend.Dis ‘n pragtige foto van die mooiste seuntjie!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Seuntjie is gegoogle! Hy is te mooi. Ja dis vreemd as mens sulke dinge beleef. Sommige dae sien ek skielik – daar loop tannie so en so. Kyk ek weer dan besef ek dis onmoontlik want hul is nie hier nie. Dankie vir die mooi kommentaar. Ek is bly om te hoor dat die beskrywing mooi beskryf het. Wou dit eers as n totaal net n storie vertel maar dit klink of ek die ding reg aangepak het.

      Liked by 1 person

      1. perdebytjie Avatar

        Jy het ‘n slag met woorde!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dankie Bytjie jy maak my dag!

          Like

  9. Anne Avatar

    Strangely enough, I have just come across a blog which begins: “doppelgängers, science states that each one of us has at least 7 people in the world who look exactly like them.” 🙂

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Interesting! 7 is a lot.

      Like

  10. Anne Avatar

    Ek wonder partykeer of ons nie elkeen ‘n ‘dubbel’ iewers in die wêreld het nie. Ek het eenkeer vir my skoonsuster in Aghullas ‘gesien’: dieselfde haarstyl en kleur, dieselfde lyf vorm, dieselfde soort klere wat sy gewoonlik dra tot dieselfde tipe sonbrulle! Ek was bo op in die ligtoring en sien sy stap na ‘n motor toe het haar gebel – sy was in Limpopo!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis goed moontlik maar tog, hoe kan dit wees dat dit met tye so duidelik die persoon is en tog nie is nie.

      Like

  11. Tannie Frannie Avatar

    Hoe goed beskryf jy die toneeltjie! Self het ek nog nooit so ‘n gevoel gehad nie, dit moet ‘n eienaardige ervaring wees. (Ai, daardie ellendige fone wat mense se aandag so steel!)

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie vir jou positiewe kommentaar. Ek het my bes probeer om alles wat ek al geleer het omtrent skrywery te gebruik. Ek is nog maar n groentjie as dit by storie skryf kom. Dat was beslis baie vreemd. Ek stem saam met die alewige fone. Die kind weet al hy moet sy ma uitlos. Baie hartseer eintlik.

      Liked by 2 people

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.