Enge gebeurtenis

Hier sit ek wat Scrapy is,aan die onderkant van die bult.
Ek gly toe onverwags omdat die skuinste nat was na die hewige reëndag.
Met haar moedermooi gesig sit die oerangoetang met haar arms om my gevou. Haar lippe klap-klap van simpatie. Sy vee die oker kleurige grondspatsels van my wange af.
My bril se lense is in duisend skerwe.
“Is dit ‘n komedie wat hier afspeel,” wonder ek so in my selwers.
“ Is ek besig om kens te raak?”
Hier sit ek toegvou in n makabere omhelsing. Dis ‘n resep vir ‘n geveg of ‘n bede. As die oeranoetang vrou agterkom wat sy omhels sal sy ‘n groot stuk van my kan kleim as ‘n ietsie vir haar leë maag.
Ek sou met graagte haar wou omhels om haar gevoel te isoleer.
My gedagtes skakel oor en ‘n engelekoor begin sing. Hopelik kan ek haar instink beinvloed om saam met Soma, die maangod, te vertrek, en my te los dat ek my lewenslus kan herwin.
Die ondervinding was finominaal en ek het my memo geskryf omdat dit my rede gegee het om n opvolg te kan skryf vir die enge avontuur.
oor die #Woorsnoer uitdaging: Het jy ook lus vir saamspeel? Skryf dit op jou blog. Gebruik een of sommige of al die woorde as inspirasie en onthou om die skakel te gaan plak by INLINKZ, waar jy ook sommer al die ander blogs kan lees.