Woordsnoere 1: Enge gebeurtenis


Enge gebeurtenis


Hier sit ek wat Scrapy is,aan die onderkant van die bult.

Ek gly toe onverwags omdat die skuinste nat was na die hewige reëndag.

Met haar moedermooi gesig sit die oerangoetang met haar arms om my gevou. Haar lippe klap-klap van simpatie. Sy vee die oker kleurige grondspatsels van my wange af.

My bril se lense is in duisend skerwe.

“Is dit ‘n komedie wat hier afspeel,” wonder ek so in my selwers.

“ Is ek besig om kens te raak?”

Hier sit ek toegvou in n makabere omhelsing. Dis ‘n resep vir ‘n geveg of ‘n bede. As die oeranoetang vrou agterkom wat sy omhels sal sy ‘n groot stuk van my kan kleim as ‘n ietsie vir haar leë maag.

Ek sou met graagte haar wou omhels om haar gevoel te isoleer.

My gedagtes skakel oor en ‘n engelekoor begin sing. Hopelik kan ek haar instink beinvloed om saam met Soma, die maangod, te vertrek, en my te los dat ek my lewenslus kan herwin.

Die ondervinding was finominaal en ek het my memo geskryf omdat dit my rede gegee het om n opvolg te kan skryf vir die enge avontuur.


oor die #Woorsnoer uitdaging: Het jy ook lus vir saamspeel? Skryf dit op jou blog. Gebruik een of sommige of al die woorde as inspirasie en onthou om die skakel te gaan plak by INLINKZ, waar jy ook sommer al die ander blogs kan lees.


22 responses to “Woordsnoere 1: Enge gebeurtenis”

  1. Kameel Avatar

    Ek sien jou in die oerangoetang omhelsing 😁😁😁 Lekker geskryf Scrapy!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      He he, ek ook en daardie lippe wat so tuit en klap. Dankie , hoop jul ry veilig op die nat paaie!

      Liked by 1 person

  2. trommeltjies Avatar

    Mooi gedoen

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Trommeltjie!

      Like

  3. perdebytjie Avatar

    Dit was omtrent ‘n makabere omhelsing! Kostelik geskryf, Ineke!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, beslis nogal. Sien myself vol modder sonder my bril en hierdie gedierte wat my sus en vashou. Bly jy het dit geniet.

      Liked by 1 person

  4. lekkervurig Avatar

    Haai, oulik Scrapy! Drukke kan ‘n storie afgee né.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie en hoe! Wat van daardie lippe wat so soen-soen ook?

      Like

      1. lekkervurig Avatar

        🙈🙉🙊

        Like

  5. travel460 Avatar

    Man, maar julle klomp skryf goed!!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, sodra mens begin dink daaraan borrel dit op die einde sommer uit.

      Like

  6. Toortsie Avatar

    Uitstekend. Ek dink jy kon haar maar terug omhels het. 😁

    Like

    1. HesterLeyNel Avatar

      Ja, ek dink hulle is planteters as ek reg onthou. Maar dan, jy is ‘n mooi blom, so wees maar versigtig.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Hulle is soogdiere. Liefdevol. Amper mens.

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Hul is beslis BAIE liefdevol en sag ook. Daardie boesem was heel gerusstellend gewees.

          Liked by 1 person

      2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ek weet hul eet hoofsaaklik planteters maar so n bietjie vleisigheidjie smeek ook goed tussenin. Hul knyp nogal seer met daardie vingers van hulle!

        Liked by 1 person

        1. HesterLeyNel Avatar

          Ek sal maar wegstaan uit die knypafstand!

          Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Eerder bang Jan dan dooie Jan. Daardie arms vat n mens deeglik vas.

      Liked by 1 person

  7. seegogga Avatar

    Wel bly jy leef nog na daardie omhelsing!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja jong, daardie oerangoetans het n benoude geur aan hull wat n mens se asem wegslaan.

      Liked by 1 person

Leave a reply to travel460 Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.