Afrikaanse Tokkel: Stokkies draai


Stokkies-draai

Dit het my meer as ‘n week geneem om te besluit om tog die volgende te vertel.

Na aanleiding van my vorige inskrywing oor die Valentyn wat ek wil vergeet gaan ek verder vertel oor die mense wat langs ons gebly het, meer eintlik die mense langs wie ons gebly het.
Ek was baie lief vir die oom en tannie. Die oom was altyd besig om dinge te verduidelik. Ek het alles ingedrink. Omdat hy ‘n oud skoolhoof was kon hy nie anders as om altyd iets te wys of te vertel nie. Ek het meestal in die middag by hom ‘n draaitjie gemaak as ek sien het hy was buite doenig. Hy het onder andere ‘n interessante stoorkamertjie gehad. So nou en dan kon ek saam met hom daar ingaan. Die mure was vol rakke met boeke. Mense, as jy praat van boeke dan moes jy dit sien om te kan glo.Dit was soos n eie biblioteek. Oom Gernie, het vir my van die boeke geleen om te lees. Hy het baie van geskiedenis gehou en boeke oor die ontdekkingsreise gehad. Dit was maklike leesbare boeke vir my as elf-jarige. Columbus se ontdekking van Amerika was my beste boek. Ek kon myself inleef in hoe dit moes gewees het op die skip. Die lang reis en dan die skielike sien van land.


Jare later het ek in Spanje getoer en in Barcelona by die paleis van koning Ferdinant se trappies gestaan en my voorgestel hoe die ontmoeting met Columbus maande later was. Dit het my sommer koue rillings gegee om te dink dat ek op die plek kon staan waar die gebeurtenis plaasgevind het. In die hawe in Barcelona is daar ook n replika van een van die klein skippies waarmee hul gevaar het.
In 1985 het die oom en tannie vir my Verjaardag twee engelse boeke gegee, “Alice in wonderland” en “My First Fairy Tales” wat ek nog steeds het(2019)
Oom Gernie, het my ook baie van tuinwerk en die natuur geleer. Eendag was hy langs die erfdraad besig.
”Wat maak Oom vandag?”
“Ek draai stokkies,” kom die antwoord.
“Jy vat twee verskillende druiwestokkies/lote. Een van ‘n plant wat goed groei en een van ‘n druiwe stok wat baie goeie vrugte dra. Dan neem jy die stokkies en sny V in die goeie groei een wat onder gaan wees. Die een wat goeie druiwe dra kry n omgekeerde V of te wel ‘n punt wat in die onderste een se V pas. Daarna draai jy die stokkies stewig vas, sodat hul aanmekaar kan groei.
Daar is ‘n gesegde:”Die kinders draai Stokkies”, of hul bly eintlik wederegtelik weg van die skool af. Vroeër jare as dit tyd vir stokkies draai was moes almal help om die druiwestokkies te ent en vas te draai sodat ‘n hele boord vol geplant kon word. Daar is toe gepraat van almal moes stokkies draai en kon dus nie skooltoe gaan nie.”
Vandag bly die gesegde steeds as kinders skool “slip” dat hul stokkies draai.
Ek het daardie middag oom Gernie gehelp stokkies draai.
Die oom was ‘n skraal langerige man, terwyl tannie Gernie ‘n ronde kort tantetjie was. Sy was altyd besig met allerhande teepartytjies. Een slag het die tannie ‘n klomp kindertjies uit die omgewing bymekaar gemaak en ons laat oefen vir ‘n opvoering wat ons vir haar deftige dames moes doen. Ons het geoefen dat dit so klap.
Op die einde was ons almal aangetrek in ons sondagrokkies en het ons
“Liefste Tannie ons bring rosies,” gesing en aan een van die belangrike dames ‘n mandjie met rose oorhandig.
Dit was werklik lekker om twee sulke goeie mense te ken. Later na die oom oorlede is het die tannie na ‘n soort van n ouetehuis getrek. Ek het as volwassene nog ‘n paar keer by haar gaan kuier.Die vriendskap het tot op die einde gehou.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

20 thoughts on “Afrikaanse Tokkel: Stokkies draai”

      1. Nee wat ek ken my beperkings … dit het die handboeke my duidelik laat besef. Ek het ‘n goeie oordeel oor dit wat werk en ‘n goeie oog vir prente, ek kan nogal logies soek maar skryf is regtig nie op die lys nie

        Liked by 1 person

  1. Ja, daardie stokkiesdraai-verklaring is baie interessant Ineke. Wat ‘n mooi verhaal. Ek sien dat daar veral in die VK groot gewag gemaak word van intergenerational care. In sommige gevalle word ouer mense in versorgingseenhede en kleuterskole vir kinders saamgesmelt, omdat die tot voordeel van beide oues en kinders is om bymekaar te wees. Daar moet definitief voordele wees daarin om verskillende generasies saam te gooi as die regerings dit so aanmoedig.

    Like

    1. Dankie vir jou mooi woorde. Ek dink ook dit kan goed wees,veral vir ouer mense wat nie juis iemand het en kinders wat nie werklik ouer mense ken nie. Ek het in die ouetehuis in Potties gesien dat die ouens was uitgehonger vir geselskap as ek daar kom. Dit doen hul goed om met jongese te deel. Nou dink ek aan n volgende storie wat ek kan skryf. “Besoek aan n tehuis!”

      Liked by 1 person

  2. Watter wonderlike vrienskap oor die ouderdomsgrense heen! Dis ook die eerste keer dat ek hoor waar die stokkiesdraai idioom vandaan kom. Dankie Ineke!

    Like

Leave a Reply to scrapydo2.wordpress.com Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s