Lê-Jou-Eier: Ons vier Moedertaal : Afrikaans


Hester van https://www.hesterleynel.co.za/2019/02/21/ons-vier-moedertaaldag-afrikaans/

Stel die volgende voor vir hierdie week se Eier-leery

Ek het die volgende varsgebektes geniet:

  • “iemand weet nie waar sy vierkantswortel sit nie” – gesê van ‘n persoon wat deurmekaar is
  • “vinkkoors” – ‘n middeljarige metgesel se behoefte om ‘n huis oor te doen
  • “die lakens uitdeel” – verwys na ‘n persoon wat baas speel in die huis
  • “iemand se donkie draf” – beteken iemand is knorrig

As ek nou hierdie vier uitdrukkings so bekyk, lyk dit vir my na ‘n lekker storie soos wat hy net verwoord kan word in Afrikaans. Dis dan vandag se Lê-Jou-Eier uitdaging: gebruik hierdie vier uitdrukkings en skryf ‘n storie. Gebruik al vier, of enige een, twee of drie van die uitdrukkings, nes jy wil. Kom ons vier Moedertaaldag 2019 in blogger-styl.

Eers het ek gewonder wat ek kon doen om dit te doen toe gee Lekkervurig aan die hand: skryf net en redigeer later. Ek dink toe aan die storie wat Vrydag by die skool afgespeel het.

Middag, 22 Februarie, skooltyd vir my. As ek die klas inkom begin my donkies sommer draf as ek dink aan wat voorle. Eerste wat ek doen is om twee sjokolade koekies te eet. Ons het ‘n spesiale houer met koekies vir die kinders. As hul inkom mag hul twee koekies vat en ‘n koppie met water, as hul wil. Die water was voorheen ‘n aangemaakte, nagemaakte vrugtedrankie; ene suiker. Die skool neem deel aan geen “soft drinks” of gaskoeldrande nie. Dit gaan oor die kinders wat oorgewig is en slegte tande het. Nou het hul dit ‘n “drink water” speelgrond gemaak.
Na die twee koekies kom die vinkkoors in aksie en ek begin die lys van name neerskryf van die die kinders wat die middag daar gaan wees. Eers is dit die outjies wie se ouers skielik besluit het om hul later te kom haal. Daar is ‘n boekie waarin die sekretaresse versoeke skryf van die ouers. Hul kom bo-aan die lys. Dan volg ek die lys van almal wat op ‘n Vrydag daar gaan wees. Ons moet dit doen sodat ons kan gaan kyk waar die kind is as hul nie opdaag nie. Ons het probleme met sommige ouers wat nie die skool laat weet dat hul die kind oplaai nie, dan gaan soek en as dit is bel ons om te hoor waar die kind is. Party ouers kan so lekker sommer vergeet waar hul vierkantswortels is en ons nie inlig nie. Die meeste neem ons darem in ag en kanselleer betyds.
Die kinders kom een-een aan. Die name word afgemerk. Hul hang hul tasse op, kry hul koekies. Nou is dit ‘n geraas en ‘n gehardloop uit ‘n ander wêreld want dit reën buite en hul moet binne bly. Drie seuns is met die intrap slag al in ‘n uitbundige, remoerige toestand.
Terwyl my Bestuurder die name in die register skryf, gaan ek solank die PS4 aan die gang kry sodat twee kleintjies uit die pad kan wees van die drie lawaaimakers.
Jasper en Ethan is eerste. Jasper(5 jaar) is n baie aktiewe klein klits. Ethan is meer besadigd, hy gaan maar so saam met alles wat gebeur.
Jasper begin sommer dadelik die lakens uitdeel om die PS4 aan die gang te kry. Hy pluk die Skyf(CD) uit die kassie. Hy weet nie hoe om dit versigtig te doen nie. Hy vat met sy taai vingers aan die kant waar hy nie moet vat nie.
“Stadig net eers. Laat ek jou wys hoe.”
“ Nee, ek weet hoe!” kom die antwoord en gryp weer die Skyf uit my hand.
Ek laat hom dit insit. In die tussentyd bly hy aan die verkeerde kant vashou. Ons twee is naderhand in n opgewonde en luidrugtige gesprek betrokke. My donkie hol nou met ons altwee weg!
Ek:”Laat my help!”
“Neeeee, ek kan dit doen.”
Skyf is in en die program wil nie oopmaak nie. Dit bly sê dat die CD ingesit moet word. Ek haal dit weer uit.
Jasper skree:”Jy sit hom verkeerd in.” Hy begin kwaad word vir my.
Ek bly nie stil nie(wat eintlik seker die regte ding sou gewees het!)
“Dis reg soos ek dit doen.”
“ Neeee, dis verkeerd om!” hy bly wys hoe dit moet wees.
Steeds werk die program nie.
Ethan het die hele tyd rustig gesit en kyk hoe ek en Jasper mekaar opvryf.
Ewe droog sê hy:”Ek dink Jasper se vingermerke het dit vuil gemaak.”
“Aha, dis waar, Ethan.”
Ek haal die Skyf uit en wys aan Jasper hoe vuil dit gevat is. In die tussentyd is Jasper so opgewen hy krul hom op en wil net begin huil van frustrasie omdat ek nie doen wat hy sê nie. Ek vat die Skyf en vryf hom af aan my denim. My hoof het gesê dit help om hom skoon te kry as jy hom aan jou denimbroek afvee. (Bid jou nou aan, die hoof gebruik sy denim om dit te doen!) Dit het nie baie skoner gelyk nie. Jasper loer in die tussentyd vir my, oë vol trane.
Die Skyf is weer in die gleuf. En sowaar, daar werk hy!
“Baie dankie, Ethan, dat jy onthou het dat ons hom moet skoonmaak. Jasper, volgende keer vat jy nie weer aan die binnekant nie.”

Jasper se ogies blink sommer van lekker kry omdat hy nou kan begin met die speletjie.
In die tussentyd is daar oorlog tussen die ander drie seuns. Gelukkig kon ek verdwyn en om van die ander kinders te laat swem. Ongelukkig moes ek na die swem weer terug gaan. Ek het die drie stouters sommer elkeen in ‘n hoek laat sit tot hul afgekoel was. Hul het besef ek speel nou nie meer nie en was ewe vroom en stil nadat hul uit die hoek gekom het.
Kinders het maar ‘n ferm hand nodig om te kalmeer. Hierdie ge-”Ag liefie, wees ‘n engel en hou nou op met die lawaai asseblief;” werk nie vir die wildewragtags nie.

Hier is die InLinkz skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=816935 wat vandag om 12:00 oopmaak.

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).


23 responses to “Lê-Jou-Eier: Ons vier Moedertaal : Afrikaans”

  1. perdebytjie Avatar

    Baie goed geskryf, Ineke! Ek is bly ek pas nie kinders op nie…hierdie moderne manier van handskoenhantering, gaan nog gruwelik boemerang! Ons maak ‘n geslag respeklose, selfgesentreerde kinders groot, wat dink dat die wêreld hulle iets skuld.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis soos jy se. Nou is ons besig om te probeer om hul te leer van respek en hulpvaardigheid wat vir my eintlik by die huis tuis hoort.

      Liked by 1 person

  2. sonell Avatar

    Ha ha! Hierdie was nou kreatief geskryf.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Sonell, dis presies soos dit gebeur. Ek het nie al die segoed gebruik om die storie te skryf nie. Ons was altwee heel opgewarm met mekaar.

      Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai Avatar

    Die kinders klink na ‘n hand vol!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis nie altemit nie. Jasper is n klein bedryweige outjie. Hy sit sy ma maklik ore aan. Gelukkig is hy heel okay as ek met hom praat. Het hom net bietjie van sy eie medisyne gegee deur hom teen te gaan!

      Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel Avatar

    Inneke, jy moet seker Job se geduld hê. My hande jeuk sommer as ek so lees oor die parmantige klongetjie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek’t beslis nie Job se geduld nie! Met tye moet ek eers n draaitjie gaan loop en tot tien tel. As ek n ou skielik gryp sal hul vir jou gou se: You’re not allowed to touch me! Dan sien ek eers rooi!

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Hip ek sê mos, deesdae word die wêreld regeer deur kinders en hulle eie ouers is bang vir hulle.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ouers in nie rerig bang vir die kinders nie, dis meer die gevolge as hul aangekla word van mishandeling wat n probleem is. Nou draai hul maar die rug op wat die kind doen en se so hul kry nie die regte leiding om dinge te hanteer nie.

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar

            Jammer, maar dis ‘n bietjie slapgattigheid ook. Ek het nooit geglo in lyfstraf nie en tog het ek dit reggekry om my kinders respek aan te leer. Hulle was nie engeltjies nie (ver daarvan), maar hulle weet vandag nog wie is kind en wie is die ma.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Presies soos jy daar noem, daardie slapgatheid maak my ongelooflik kwaad. Kind sal voor hul dinge doen of se en ouers ignoreer dit net en luister na die kind al was volwassenes besig om te praat. Hoe moet hul dan leer as hul maak soos hul wil.

              Liked by 1 person

  5. lekkervurig Avatar

    Bravo Scrapy, bravo! Sien, ons vuur mekaar mooi aan.

    Oor die Jaspers van die lewe. Genade – so karnallie. My esels sal met terpentyn onder die sterte Kameel s’n verbysteek. Ek het nie geduld met stout brokkies nie. Seker hoekom ek op die plaas met die honde en voëls bly. 😉

    Liked by 2 people

    1. HesterLeyNel Avatar

      My broers het altyd my pa se terpentyn gesteel (die garage was eintlik streng verbode vir kinders!) en dit dan met ‘n lappie onder die donkies se sterte aangewend (dit was ook verbode om met die donkies te lol). Dan het ons mekaar uitgedaag om donkie te ry. Dat niemand hulleself ooit desmoers geval het nie, was seker ook net ‘n genade. Donkies was volop in my loopwêreld en het sommer in die dorp rondgeloop.

      Like

      1. lekkervurig Avatar

        O om weer daai waaghalsige kinders te wees…

        Liked by 2 people

        1. HesterLeyNel Avatar

          Praat jy nou wat lippe het.

          Liked by 1 person

      2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ek het gehoor van die terpentyn stories. Moes seker maar lekker gebrand het. Hoe het jul die donkies in die hande gekry? Was hul so mak dat daar sommer terpentyn gesmeer kon word? Hul het sekerlik ekstra laat waai.

        Liked by 1 person

        1. HesterLeyNel Avatar

          Die donkies het doodeenvoudig in die dorp rondgeloop (platteland!). Onder ons huis – aan die voet van ‘n koppie – waS ‘N OOP STUK VELD. Hulle was hondmak en het hulleself gehelp aan die groente in ons tuin wat te naby aan die grensdraad gegroei het. Die donkies het behoort aan die bruin plaasboere / bywoners wat hulle grondjies buite die dorp gehad het.

          Like

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Ek sien. Die donkies het ook by ons plaaskool kom kuier as hul die kans gekry het.

            Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Vurig jy het my beslis aangevuur! Toemaar my geduld is ook baie kort as dit by stout kinders kom. Stout is nog hanteerbaar maar daardie terugpraat en nie wil doen nie maak my briesend.

      Like

  6. Kameel Avatar

    Ek haal my hoed af vir jou Scrapy…ek sien rêgtig nie meer kans vir soveel kinders se geite nie. My donkies sal in resiesperde verander 😂😂😂 Lekker skrywe!!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, Toemaar ek verwurg baie van die outjies as ek so in my enigheid sit en terugdink aan die dae. Hulle is werklik n hand vol en my geduld is ook nie baie lank nie. Ek kan vreeslik raas/tekere gaan as ek hul moet kalmeer! Dan raas hul natuurlik harder.

      Liked by 1 person

Leave a reply to lekkervurig Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.