Vuurvliegies en meer
Hierdie skrywe kom na aanleiding van Lekkervurig se naamsverandering na Vuurvliegie. Lees hier wat sy skryf!
So loop ek Maandagoggend vroeg met Trompie en broei oor die naam van die ander lampdraertjies. Ek kon net nie daarop kom nie.
Ek dink toe ver terug aan ons dae van op ons stoep sit.
Saans so van na agt tot so half tien het ons altyd in die donker op ons stoep gesit. Ons het buite op n plot gebly waar geen elektrisiteit was nie. Daar het net n parrafienlamp in die kombuis gebrand. Verder was alles donker.
Na n harde dag het ons op die stoep gesit en sommer net die heerlikheid van die koelte na n hetige Hoëveldse dag geniet. Net die naggeluide was om ons. Dan as mens so oor die grasperk kyk sien mens die liggies wat skyn. Die kleinste wurmpie met n liggie op sy stertjie wat lustig brand.
Daar val dit my toe by terwyl ek so loop en terugdink; dis n GLOEIWURMPIE!
Die natuur is darem te wonderlik vir woorde.

1961-1972 Terwyl ons so rustig op die stoep sit wag ons party dae ook vir die satteliet wat verby moet kom. Daar is meestal oor die radio aangekondig hoe laat die satteliet gesien kan word en waarvandaan en waarheen hy vlieg. Dit was altyd vir ons n hele opwinding om te sien wie dit die eerste raaksien tussen al die duisende sterre.
Ons het dus ligdraertjies op die grasperk en mensgemaakte ligdraers in die lug gehad.
Lekker goeie ou dae.
In 2016 besoek ek die Waitomo glowworm caves. Dit was n belewenis uit n ander wêreld met al die wurms wat aan slymdrade hang en hul liggies laat skyn om goggas te lok.

Dit was nou ‘n lekker lees! Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n vuurvliegie gesien het nie! Ek vermoed dit was in 2003 naby Warmbad. Ek sal ook graag daai grotte wil besoek-dis baie interessant!
LikeLike
Dankie vir jou kuiertjie hier by my. Daardie grot is n belewenis uit n ander wereld.
LikeLiked by 1 person
Jaaaaa ek onthou … en al die aandstories Die Du Plooys van Soetmelksvlei
LikeLiked by 1 person
Ek is ook mal oor vuurvliegies, die regtes en ons medeblogger. Ek het die wurmpies ook al gesien. Maar beide is baie skaars en ek het in jare dit jie gesien nie. Daai slymstorietjie is erg grillerig, eeeuw
LikeLike
Hul is baie skaars. Die gloeiewurms in die grot is duisende fan hulle. Dis maar hul spindrade wat so taai is om die muskiete of motjies te vang
LikeLike
Haai, dis nou interessant. Die hangende gloeiwurms. Dankie vir die aanhaak Scrapy!
LikeLike
Groot plesier. Wys jou hoe een vetelling n mens se brein sappe heerlik versoet met nuwe inligting of gedagtes.
LikeLike
Dis nou interessant.
LikeLike
Iets anders!
LikeLiked by 1 person
Lekker stoepsit dae. Ek ken nie ‘n gloeiwurm nie. Dink hoe mooi sal dit lyk as ons hulle oor die kersgety voor ons huise kan hang as versiering!!! Daar hardloop my verbeelding alweer.
LikeLike
Nee man, dis nogal n idee. Dink aan hul op die kersboom. Probleem gaan wees dan moet hul nou weer gevang word en natuurlik verkoop word want geld is mos belangriker as die beskerming van die vliegies of wurmpies.
LikeLiked by 1 person
😂😂😂 Ons sal ‘n goeie span uitmaak!!!
LikeLike
Beslis! Ons doen dit vir kindertjies wat nie kersbome het nie. Ek sien al die liggies in daardie kinderogies wat ook lig gaan maak.
LikeLiked by 1 person
Ons was ook buite tot laataand, want nêrens anders het ek nog so ‘n skoon, helder hemelruim gesien as daar in die Namakwaland van my jongdae nie. Ons het wel elektrisiese beligting gehad, maar selfs met die enkele straatligte aan, kon jy nog steeds jou hand uitsteek om aan ‘n ster te raak. Sò het dit gelyk! Ons het ook gepraat van gloeiwurms en ‘n vuurvliegie het ek heelwat later eers teëgekom.
LikeLike
die helder sterre lug was so groots. Ek self het nog nie n vuurvliegie gesien nie. Wonder of hier wel vuurvliegies is.
LikeLiked by 1 person
Dis nou interessant, veral daardie wurms wat so aan slymdrade hang! Ons het ook saans so in die donker op die stoep sit en gesels. Waar is die dae? Vandag sit almal en tik met hul vingertjies en praat nie meer met mekaaar nie.
LikeLiked by 2 people
Ek het altyd uitgesien na daardie rustige sit en geselsies oor dinge wat gebeur het. Daardie Glow worm Cave is n belewenis. Mens klim op n skuit en moet doodstil wees. Die water stoot die boot saggies stroomaf.
LikeLiked by 1 person
Klink na ‘n belewenis!
LikeLike
Dit was heerlik en mis dit nogal.
LikeLiked by 1 person