Wat n poppie.


n Pragtige gedig.

Digterlike vryheid- met n tikkie gemmer.

(Vir Eileen.)
” ‘n Poppie-blom,
die middag son val sag op haar gelaat
en streel en verf die rooiste rooi in die gesiggie van my maat.
‘n Poppie-blom,
die mooiste mooi.
Kiertsregop staan sy sterk,
eintlik broos,
tog min verleë: dra sy plakkies in die kerk. “
poppies-wallpaper-6

View original post


8 responses to “Wat n poppie.”

  1. Kameel Avatar

    Jy is stil Scrapy….jy ok?
    Ek wens ek kon so mooi dig….maar helaas. Mooi dag vir jou ❤

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek is OK op n manier! Net geen behoefte aan geselskap nie. Ook nie regtig tyd om te sit en skryf nie. Maak my sommer half ongelukkig maar wat kan ek maak. My moegheid aan einde van dag is meer as om te sit en skryf.

      Like

      1. Kameel Avatar

        Ai Scrapy jammer. Wens jy kon nou aftree.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek ook. Ek het in my agterkop om maar vir staatsbehuising aansoek te doen. Ek is egter bevrees dat dit nie eintlik hoostaande blyplek is nie. Sal maar nog sien en die regte oomblik sal hom wel voordoen een of ander tyd.

          Liked by 1 person

  2. HesterLeyNel Avatar

    Baie oulike gediggie Ineke. En ‘n pragtige foto.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die vrou skryf die mooiste gedigte. Eenvoudig maar uit die boonste rakke.

      Liked by 1 person

  3. Bondelsgedagtes Avatar

    Oooeeeee dis mooi. Eendag is eendag dan gaan ek so ene skilder. Eendag…

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Toe ek die foto by die gedig sien kon ek myself net nie help nie. Ek moes dit net aan my Towervriendinne wys. Die papawers maak die mooiste fotos.

      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.