Hester sê:

Vertel ons van jou goeie eienskappe. En van daardie eienskappe waaraan jy werk. En van daardie eienskappe wat jy probeer doodsmoor. Vertel ons wat ander mense van jou sê – watter mooi kompliment het jy onlangs gekry?

Gaan vandeesweek se uitdaging gaan weer kreune ontlok? Ek wil dit nie hoor nie. Ons mag soms oor onsself gesels. Ons mag lief wees vir onsself. Indien nie, gaan sit voor die spieël en werk aan daai beeld. Oukei. Speech verby.


Hier is die Inlinkz-skakel vir die uitdaging wat vandag om 12:00 pm open: https://fresh.inlinkz.com/p/6061e1ded6fa403bb328f7fe5decfe6d

My eienskappe:

Ek gaan nie sê goeie of slegte eienskappe nie want ek het so n gevoel my eienskappe is so tussen die boom en die bas.
Ek kannie nee sê nie, baie kere ten koste van my eie ekke! Wil altyd help waar ek kan.
Eienskappe waarop ek trots is:
Handvaardigheid of handigheid kan ek met n oop gemoed sê.
Die laaste paar jare kon ek my kreatiwiteit uitleef omdat ek mense gehad het wat vir my omgegee het en my gehelp het om my vaardighede uit te leef.
Eers was daar n vriendin (wie nou die dag oorlede is) wat haar oor my ontverm het.
Sy het my voorsien met genoeg idees en papier om “Scrap book” bladsye te maak vir n vale.
Terwyl ons nie ge-”scrap” het of kaartjies gemaak het nie het sy my aan die gang gesit om haar onvoltooide kwilte met die hand te kwilt. Sy het ook aanhoudend nuwe materiaal gekoop sodat ek nooit sonder kwiltwerk gesit het nie. Ek het met reg gesê honderde kot-kwilte gemaak om te verkoop.


Na n paar jaar met die vriendin en haar papierkuns en kwiltwerk het suster Tina my ingeskryf om n fotografiekursus te doen waarin ek nogal heel goed gevaar het. Sy het ook die gevorderde kursus vir my betaal. Dit het my ook goed besig gehou en ek kon my kunstigheid goed uitleef.


Toe byt die skryfwerk my en ek is trots om te sê dat ek drie e-boeke gepubliseer het.
Die eerste een was “Flash fiction”, tweede een my “Toeka-Tokkel” stories.My laaste een was “My Eie lewe” tot op ses jaar wat ek in boekvorm en n e-boek uitgegee het.
Voordat ek New Zealand toe getrek het het ek ook heelwat gedoen waarop ek trots is.
Ek is baie lief vir diere en het in 2003 ingeskryf vir n kursus in dieregedrag. Ek het dit geniet om meer kennis te bekom i v m diere, en spesifiek hondegedrag.Na die eerste jaar het ek n tweede deel gedoen waar diere gebruik word om as terapie te gebruik. Dit was n toppunt in my liefde vir diere. Ek het dit Cum Laude geslaag.
Dit bring my by n goeie eienskap wat ek het en dit is geduld.Ek het ontsaglik baie geduld maar as dit op is het ek die slegte eienskap om baie kort van draad te raak. Ek werk daagliks aan daardie kort van draad gevoellens want dit lyk of as mens ouer word raak mens se geduld ook makliker op.
Ek is n baie ingekeerde/eenkennige persoon. Dis vir my moeilik om oop te maak omdat ek baie wantrouig is.Dis harde werk om die duiwel van jou skouer af te weer. Tog as ek eenmaal op my gemak is hou mense baie van my. Ek kry gereeld terugvoer van ouers dat hul dankbaar is vir die omgee en liefde wat ek aan hul kinders gee. Dit laat my selfbeeld sommer ophelder as hul so praat. Tot my hoof vertel my gereeld hoe hy my waardeer.
My eienskappe is van een uiterste na die ander.Ek moet gedurig hard werk om n goeie balans te handhaaf.


28 responses to “Lê-jou-Eier: Eienskappe!”

  1. Toortsie Avatar

    Ek hou baie daarvan dat jy jou kreatiwiteit soveel ontwikkel het en steeds doen. Daardie kwilts is pragtig, dus iets wat ek graag nog eendag wil doen.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek sal nie oorleef as ek nie iets het om te doen nie. My brein bly met my weghol na volgende uitdaging!

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Ek verstaan dit baie goed.

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ons het nogal dieselfde kreatiewe gevoelens!

          Liked by 1 person

          1. Toortsie Avatar

            Ja, ons het. Dis vir my so lekker al die ooreenkomste of raakpunte wat mens met die verskillende blogmaats het.

            Liked by 1 person

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Daar is altyd iets wat ooreenkom en dit maak dit heerlik om so te kuier.

              Liked by 1 person

  2. Aletta - nowathome Avatar

    Ineke jou kwiltwerk is so pragtig! Geduld is ‘n baie goeie eienskap! Ek het ook baie!

    Like

  3. Tannie Frannie Avatar

    Sjoe, jou handvaardigheid – en fluksheid, want dis harde werk! – is verstommend, Scrapy. Ek hoop tog so ons kan nog eendag saam uit jou fyn porseleinbekertjies tee drink ❤ maar intussen kan ons darem hier in Blogland kuier.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jip, daardie denkbeeldige teetjies werk ook soos n bom! Dankie daarvoor.

      Liked by 1 person

  4. trommeltjies Avatar

    Jy is voorwaar n vlytige kunstige vrou, ontginner van talente. Daardie kwiltwerk is fantasties. Een van my stille drome.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die lewe loop maar vreemde draaie. AS ek nie die vriendinne ontmoet het nie sou dit seker my ondergang gewees het. Die kwiltwerk gee my ure se plesier om dit te maak.

      Like

  5. perdebytjie Avatar

    Ai Scrapy, ek het nog altyd ‘n baie sagte plekkie vir jou gehad. Nou weet ek hoekom…jy is ‘n besondere mens met vele talente en jou omgee vir mens en dier, spreek van jou diep innerlike waarde. Ek is so bly ek het jou hier op die blogs ontmoet!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie ek is ook bly ek het jou hhier ontmoet. Jy is ook baie spesiaal. As ek down is, kan ek maar by jou kuier en my rustigheid kom terug.

      Liked by 1 person

  6. Bondelsgedagtes Avatar

    Wowweeeeee my bek val oop, dis sooooo mooi. Ure en jare se werk lyk dit my en daarvoor het jy Jop en al sy familie se geduld nodig. Sjoe jy is amasing!!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ag baie dankie jong. Ek is mos maar n alleen mens en dit maak my die gelukkigste as ek so kan sit en skep!

      Like

  7. woordnoot Avatar
    woordnoot

    Daai kwiltwerk!!! Ek dink nogal ek sal dit ook wil done. Die handwerk een, want ek en masjiene is nie maats nie. So inspireer jy my nou en dit met ‘n blog oor jou eienskappe! Jou werk is pragtig en jou fotos super mooi!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie. Dis heerlik om so met die hand te sit en werk. Mens kan die dele opbreek in kleiner blokke wat jy sommer in jou tas saamvat. Later werk jy alle net aanmekaar en sie daar dis gedoen. Ek het in SA kerspit blokke gemaak wat nog nooit in n kwilt gemaak is nie. Ek wonder nou wat van dit geword het. Nog nooit hier uitgepak nie. Ek het beslis langverlof nodig!

      Like

      1. woordnoot Avatar
        woordnoot

        Ek is nou begeesterd…het 10 kleinkindets teen einde sept…wil vir elkeen een maak

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dis heerlik om te doen, veral omdat hul nie dieselfde hoef te lyk nie. Mens raak nie verveeld om hul te maak nie.

          Like

  8. ddupl3ss1s Avatar

    Allawêreld !! Jy maak die pragtigse kwiltwerk… en ek hoop jy plaas eendag voorbeelde van jou ‘scrapbooking’ en ek kan onthou jy hekel en brei .. veral kabelbrei… ek dink jy is ‘n voorbeeld van iemand wat van sy talente gebruik maak en beoefen. Pragtig.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie. Ek mis die tye toe ek so heerlik kon sit en handwerk doen. Op oomblik is daar net nie tyd nie.

      Liked by 1 person

  9. HesterLeyNel Avatar

    Vir my klink dit asof jy ‘n gebalanseerde uitkyk op die lewe het. En sjoe! jy is voorwaar baie besig – is daar al ‘n goeie Afrikaanse woord vir multitasking? – jy is sekerlik goed daarmee. Ons is trots op alles wat jy al vermag het.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie Hester vir my is dit n eer om sulke pragtige vriende hier op die blogs te hê. Jul gee my gereeld moed vir die dag.

      Liked by 1 person

    2. Tannie Frannie Avatar

      Sy is sommer net ‘n voorslag!

      Liked by 1 person

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ai dankie Frannie!

        Like

  10. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

    Scrapy, ons ewige student en fluksste towerin. Sjoe, jou hande staan vir niks verkeerd nie! So, so bly ons het mekaar leer ken en ook saam ‘n uitdaging of twee aangepak. Groetnis en mwah!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir die mooi woorde. Ek is self dankbaar dat ek jou leer ken het, jy is beslis n juweel.

      Like

Leave a reply to Tannie Frannie Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.