Hester sê:
Vertel ‘n bietjie van die mediese boererate wat jy volg en of hulle wel werk. Wat is die eienaardigste van hierdie rate wat jy ooit van gehoor of self probeer het? Dink jy die “oumense” was slim op mediese gebied met hulle kruie en salfies of was dit alles net ouvroustories?
Boererate? Moontlik!
Hoe ouer mens word hoe meer is mens geneig om maar ‘n raat of ‘n pilletjie te neem vir alles wat moontlik nie meer so glad loop nie.
Verkoue:
Dis wat almal maar kry. Hier moet jy maar self jou boererate uithaal om gesond te word.
Bakkie met warm water en kamilleblommetjies in en ‘n handdoek om die kop. Dan stoom jy jou goed sodat al daardie gorras kan los kom. As kind het ek niks daarvan gehou om dit te moes doen nie. Ek het altyd benouder daaruit gekom as wat ek onder die handdoek in gegaan het. Tog het dit wel verligting gebring.
Daar kan ook n tikkie vicks in die water gesit word(daarvan hou ek nog minder as die kamilleblommetjies) Later weet die dokter te vertel dat vicks gladnie goed is vir n asmatiese bors nie. Nou daar het jy dit nou. Een sê gebruik vicks ander een keur dit weer af!
Ek het terwyl ek gestudeer het gereeld by ‘n ou oom en tannie gekuier wat amper soos my grootouers was. Die ou oom het geglo dat ‘n mens ‘n huisie knoffel om jou nek moes dra vir griep en verkoue. Hy het glo selfs daarmee gebad ook. Nou sien ek al die prentjie van die ou verrimpelde oompie met sy beentjies opgetrek in die bad met die knoffeltjie aan n wolletjie om sy nek. Ai, dis te kosbaar.
Omdat ek nie Suid-Afrikaans opgegroei het nie het ek nie veel kennis van boererate nie.
Ons het wel ‘n asyn lap op ‘n gekneusde of gestampte plek moes sit om te voorkom dat dit swel. Vandag word ysblokkies op alles gesit.
Omdat ek maklik depressief raak probeer ek, afgesien van my daaglikse medikasie, met tye, om meer natuurlike goed te gebruik. Ek weet nie of jul “Bach” se “Rescue Remedy” ken nie. Dit is ‘n jellie agtige suig pilletjie. Elderflower,orange en ‘n hele boel wilde blomme as bestanddele.
Nou die dag vertel een oue dame dat mens “baking soda” of te wel bakpoeier op vel strooi wat ‘n uitslag het. Meestal ‘n allergie uitslag.
Dan het ek ‘n goeie raat wat werk soos ‘n bom. Dit is ‘n goeie teelepel vol”corn flower” Mielieblom/Maizena, in ‘n bietjie water opgelos. Sluk dit in een teug weg. Geen geur of smaak nie. Dit is vir as jy ‘n maag het wat met jou weghol. Sodra myne begin, drink ek sommer ‘n lepeltjie en dit bind alles soos wat mens jou sous sou verdik.
Dit is dan die bietjie wat ek van boererate af weet.
Ons InLinkz-skakel vir hierdie week se uitdaging: https://fresh.inlinkz.com/p/a15eea70c3c04529ac417a1a919ae994Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.