Liewe Dagboek: Dag 1 Mei


Hester het my geinspireer om ook vir Mei dagboek te hou. Of ek gaan deurdruk weet ek nie want dis reeds 9 pm. en my slaaptyd.

Ongelukkig of gelukkig gebeur daar daagliks baie dinge hier in my ou wereldjie. Maandag het skool weer begin. Ek het my oggendsessie gehad wat met n helse lawaai afgeskop het. Dinsdagoggend kom twee seuntjies(boeties) in met groot oe vertel hul vir my dat die een seun n ander outjie met n skêr in sy nek wou knip. Ek wou vir die juffrou gaan vra wat gebeur het maar nie by haar uitgekom nie.

Vandag die 1e Mei het ek besluit om met die hoof daarooroor te praat. Hy was nie bewus daarvan nie en wou gaan ondersoek instel. Hy kom toe die onderwyseres teen en hul het dit bespreek.

Die hoof het vir my kom sê dat die juffrou die saak opgelos het. Hoof het my bedank dat ek dit aangemeld het. Die seuntjie is nogal n bedreiging vir ander kinders. Hy het bv vanmiddage met n stok en vlasstingels ander kinders geslaan en hul gekoggel met sy “lelike” aanmerkings. Kind is nog maar 8 jaar en n hand vol.

Daar is darem ook lekker en oulike dinge wat ook gebeur het. Daar is feetjiepaddastoele op die kerk hier naby se gras. Vanoggend was alles nat gedou en die son het op die druppeltjies en paddastoele geskyn. Dit was vanoggend werklik n “Winter wonder land” gewees met mis wat oor die rivier gehang het en tussen die berge. Ai, die lewe is wonderlik.

11 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 1 Mei

  1. En toe doen jy dit. Mooi so! Ek sal nooit 9 pm kan sit en skryf nie. Daardie tyd van die aand is ek al poegaai. Ek skryf sommer so deur die dag en sien dit gou die volgende oggend na. Maar hoor hier, met sulke klein boelies in die skool sal ek nogal ligloop. Geweld hier in ons skole is natuurlik deesdae alledaags. Ek weet ook nie of die kinders berading kry en, indien wel, of dit enigsins help nie. Die wêreld is siek. Maar soos jy ook sê, daar is nog vele mooi dinge wat die lewe wonderlik maak.

    Like

      1. Ek sal altyd bang wees dat die geweld sal eskaleer. Menms lees deesdae van soveel skietvoorvalle in die skole en dan wonder jy hom kinders op geen plek meer veilig is nie.

        Like

        1. In 2004-2009 het ek in n privaatskool met net swart kinders skoolgehou en dit was vir my n riller. Die kinders word so maklik aangevuur deur omstandighede en dit versprei soos n veldbrand van klas na klas. Dit was die hoerskool kinders gewees. Daar was van jaar een(graad 1 tot graad 12) jaar twaalf in selfde skool.

          Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.