Liewe Dagboek: Dag 2 Mei



Dit was ysig koud vanoggend, soos in die motor se venster wat ysblompatrone op gehad het.
Die voorskool was oorbevolk met 18 kinders.
Daar was n kabaal van n ander wereld. Ek noem my probleemkind E. Hom moes ek terug hek toe stuur om ordentlik in te kom en nie met n gegil en vol spoed nie. Sal pa om verskoning vra omdat ek hul terug gestuur het.
Dit was n rowwe oggend wat amper weer in oorlog ontaard het.
By die huis gekom word ek met blydskap deur Trompie ontvang.
Ons stap hierdie keer deur die gegoede buurt. Dexter n swart Labrador woon daar. Hy is n ruk terug amper deur n wolfhond verskeur. Nou lei hy aan angs+vrees as ander honde verby kom. Trompie, ook nie links nie, is toe sommer heel parmantig teenoor Dexter wat rerig lelik vir hom tande wys en hom net wil gryp. Ek praat mooi met Dexter. Die lekker daarvan was dat die arme hond sy stert vir my waai en die agressie uit sy oe verdwyn het toe hy vir my kyk. Ongelukkig as hy Trompie sien dan verander hy in die kwaai hond.
Halfpad terug huistoe spring daar n kattertjie met sy rug hoog en krom, sy stert half in n sirkel regop, ore platgetrek al blasende. Ek en Trompie skrik ons koud. Die kat het Trompie bespring nie vir my nie. Trompie het besef hier kom moeilikheid en spring uit die pad. Ek vertel die kat mooi wat ek van hom dink en dat hy rerig ongeskik is om sommer so op Trompie af te storm. Ek kon die kat darem n bietjie streel al was sy lyf nog kromgetrek en sy oog op Trompie.
Never a dull moment.
Ek is mal daaroor om diere se maniere gade te slaan. Hul is baie op mekaar ingestel en weet hoe om mekaar te hanteer. Mense kan beslis n paar lesse by hul leer.

Dit was net vanoggend se stukkie.

Dit was n heerlike warm namiddag met baie kinders en gebeurtenisse gedurende die naskool sessie.

Nou gaan ek weer slaap na n baie vrugbare dag.

, , ,

7 responses to “Liewe Dagboek: Dag 2 Mei”

  1. Daar is darem niks wat jou so hartlik welkom kan heet wanneer jy by die huis kom soos jou hond nie. Trompie wag seker ongeduldig vir jou koms, elke dag. Ons het ook nou ‘n hele spul diere wat saamwoon in hierdie kompleks, maar ek dink hulle beskou die hele werf as “huis”, want ek hoor nie juis dat hulle met mekaar stry en baklei nie. Die honde is veronderstel om almal op ‘n leiband te wees, maar hulle mense luister nie juis nie. Die katte is baas van die plaas.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: