Liewe Dagboek: Dag 3 Mei


Dag drie was heel rustig.

5.50 vm gaan die wekker af. Ek skakel hom af. Kyk gou watter e-posse daar is(nie dat ek lekker sonder my bril kan sien nie.)Skakel bedliggie aan.
Badkamer besoek. Kombuis toe, skakel ketel en radio aan. Maak gordyne oop en my eerste koppie tee. Stort. Drink my tee.
6.25 vm stap ek en Trompie om blok.
Eet my pap. Borsel tande en
7.15 vm in my moter en weg is ek vir n uurtjie.
7.25 vm – sluit skool oop en skakel alarm af. Sluit my klas oop en eerste kinders begin kom
7.30 vm
8.30 vm Kinders is weg na hul klasse. Ek maak klas toe, handig register in en weg is ek.
8.45 vm Tuis by Trompie. Ons loop meestal vir so dertig minute elke oggend.
9.30 vm sit voor rekenaar en kontroleer die bestellings en pak pakkies. Na tien gaan pos ek die bestellings en dan het ek so n uurtjie vir myself om iets te doen.
12.00 vm toebroodjie en cup of soup. Dan my Nannienap.
2.30 nm spring in my kar, land 2.40 nm weer by skool. Twee ure toesig tot 5 uur.
5.15 nm loop om blok met Trompie, dan is dit aandete maak.
Sjoe ek is skoon uitasem van alles.
Dit in kort waar my tyd daagliks heen vlieg.
Vandag se gebeure.
Ek het vanoggend eers my stuk vir my skryfsessie geskryf. Dit neem my maklik twee ure om n bladsy voorleesbaar te skryf.
Vanmiddag se skryfsessie was baie lekker. Ons was net drie gewees en het die geleentheid gehad om gedagtes oor ons lewens uit te ruil. Ek geniet die sessies baie. Dit gee my die geleentheid om meer oor Nieu Zeeland te leer en hul gewoontes. Ook help dit my engelse taalgebruik. Met tye sukkel ek maar om my uit te druk en alles reg te skryf .
My mede skrywers is altyd baie geinteresseerd in my Suid-Afrikaanse vertellings. Ek het hierdie week oor die vloede in Mosambiek geskryf en oor vloede en siklone in die verled in SA.
Nou sit ek en gaan nou gou die skrywe pos want dis die Graham Norton Show wat ek baie geniet. Tot more my liewe dagboek.

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

6 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 3 Mei”

  1. Dis nogal ‘n besige dag as jy dit so in sessies moet opdeel. Jou skryfgroepie klink baie interessant. Dis ‘n lekker manier om sosiaal te verkeer en jou omgewing ook te leer ken. Ons meeste sosiale verkeer gebeur deesdae deur middel van die rolbalmense (en ons speel nie eens nie), omdat ons hulle webtuiste en sosiale mediabladsye bestuur.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s