Liewe Dagboek: Dag 4 Mei


Jippy dis naweek.
Bertus(my seun) stuur ‘n boodskap net voor sewe: Ek’s oppad.
Dit beteken hy gaan begin werk in die garage waar sy masjien is waarmee hy sy elektroniese “bordjies” vervaardig. Ek is nog in die bed. Dis mos Saterdag. Half agt kan ek nie langer le nie.
Opgestaan. Met Trompie geloop terwyl my tweede bondel wasgoed was.
Ek het vanoggend drie bondels gewas omdat hul beweer het dit gaan droog wees vandag. Moenie glo nie. Dit word al meer en meer bewolk. Dit het darem ergste nattigheid gedroog. More moet dit hopelik nog n bietjie son kry. Meestal moet ek wasgoed binne hang omdat dit buite te klam is om werklik droog te word.
Net so voor elf besluit ek om ‘n bietjie te sit voordat ek my middag toebroodjie eet omdat ek 12.20nm my vriendin moet kry om Petone toe te gaan vir haar boek bekendstelling.
Ek het ‘n bietjie vroeër gegaan om te kyk of ek met iets kan help. My vriendin is al 83 en het ‘n boek oor haar laerskool waar sy skool gegaan het geskryf. Die eintlike doel van haar boek was die storie van die “Peace Tree” wat in 1919 geplant is en hierdie jaar honderd jaar oud sou wees. Dit was n “Golden oak” gewees. Dis geplant om die ooreenkoms van vrede in 1919 te herdenk.https://en.wikipedia.org/wiki/Paris_Peace_Conference,_1919
Die boom is nou onlangs afgesaag om plek te maak vir n “super market”.
Al die ou ooms en tannies wat in 1919 daar skool gegaan het het ‘n heerlike, gesellige middag gehad. Ek het by ‘n tafel gesit en die boek verkoop. Daar is 21 boeke verkoop. Die “book launch” was volgens my ‘n groot sukses. Tot die burgemeester van Petone het die middag geopen met ‘n mooi inleiding. Daarna het my vriendin haar bekendstelling gedoen. Die funksie is afgesluit met n koppie tee/koffie, wortelkoek en reënboog toebroodjies.
Ek was net na vier weer terug by die huis.
Beslis ‘n vrugbare middag gewees. Ek het heelwat te wete gekom oor die eerste wereldoorlog se vredesooreenkoms en die skooldae daardie tyd. Wie onthou nog hierdie boeke? Ek het uit hul leer lees!

16 responses to “Liewe Dagboek: Dag 4 Mei”

  1. Ek hang deesdae hier in Kosmos ook die wasgoed oor die boonste stoep se traliehening. Kan nie verstaan wat is hierdie jaar anders as die vorige twee winters nie! Ons klere word net glad nie deur die dag droog nie. Sou die water dalk natter wees…☺

    Like

    1. Kan wees dat die water natter is maar ek dink die son het dalk minder krag om dit op te droog.

      Like

  2. My vriendin praat ook van die klamigheid wat alles daar affekteer. Sterkte

    Like

    1. Dis natuurlik nie ideaal vir asma nie. Alhoewel ek nogal sterk staan teen die aanvalle. Ek weet al om dit dadelik stop te sit. Hul het hier ook n spesiale drying cupboard waar jy die klere in ophang voordat dit na die kas kan gaan.

      Like

  3. Nat wasgoed is die storie van ons lewe. Selfs wanneer die son skyn, is die humiditeit nog so hoog dat die wasgoed klam bly.En my man hou nie daarvan dat ek sy wasgoed tuimeldroog nie – die handdoeke is te glad en droog nie behoorlik af nie 🙄 83 en sy skryf ‘n boek oor geskiedenis? Welgedaan. Dis jammer dat die boom nie maar toegelaat is om sy 100ste verjaardag te vier nie.

    Like

    1. Is beslis n hartseer storie van die boom. Hul het darem n gedenkplaat daar opgesit. Die wasgoed wat so klam bly gee my n pyn, veal in die winter. Ek het nie n tuimeldroer nie so dit moet maar in die sitkamer by die verwarmingstelsel hang.

      Liked by 1 person

      1. Ek het alewig ‘n klomp wasgoed wat van die boonste vloer se balkonreling af hang. Ek hoop maar4 die bure dink dis deel van my huisdekorasie.

        Like

        1. Ha ha, vir die dekorasie! Doen hul nie dieselfde nie? Hier kan dit nie buite hang nie wante die mis en reen wissel af in siklusse met net n bietjie son tussendeur.

          Liked by 1 person

          1. Die meeste van die bure het wasgoedlyne in hulle garage ook, vir daardie onweersdae. Ek laat nie graag my kar buite staan om wasgoed te laat droogword nie. Ek het ook twee wasgoedrakke wat ek heen en weer kan skuif in die kamers, maar met al die handdoeke wat ons gebruik vir swem, raak ons spasie soms op.

            Like

            1. Ek het nie n garage nie. Meeste mense gebruik hul garage vir pakplek omdat die huise maar klein is. Die hande bly maar n probleem. Ek het n handoek by voordeur en een by agterdeur om Trompie se nat pote mee af te vee.

              Liked by 1 person

              1. Ja, ek het ook altyd handdoeke gereed gehad vir Genis. Vir die huismense is daar sagte matjies om hulle skoene skoon te vee. Ek dink die Japanese het eintlik ‘n goeie idee – almal moet hulle skoene uittrek by die voordeur. Dis net dat ons teëlvloere nogal koud word, want ons watervlakke is baie hoog, naby die oppervlakte.

                Like

                1. Hier trek mense ook hul skoene by deur uit. Almal het gelukkig altyd kouse aan want dis maar koud hier.

                  Liked by 1 person

                  1. Deur die somer ook, Scrapy? Hier loop ons in die somer kaalvoet, of andersins is die standaard strandplakkies. Maar dit hoef ek jou nie te vertel nie.

                    Like

                    1. Hul is baie geneig om hardloopskoene/tekies te dra. Ons dra darem sandale en baie van die ouens gaan selfs kaalvoet dorp toe. Bygese hul gaan tot in hul nagklere inkopies doen.

                      Liked by 1 person

                      1. Haha, ek dog dis net Towerinne wat alles in jammies doen.

                        Like

                        1. Mmm NZ is net n eiland onthou!

                          Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: