Liewe Dagboek: Dag 4 Mei



Jippy dis naweek.
Bertus(my seun) stuur ‘n boodskap net voor sewe: Ek’s oppad.
Dit beteken hy gaan begin werk in die garage waar sy masjien is waarmee hy sy elektroniese “bordjies” vervaardig. Ek is nog in die bed. Dis mos Saterdag. Half agt kan ek nie langer le nie.
Opgestaan. Met Trompie geloop terwyl my tweede bondel wasgoed was.
Ek het vanoggend drie bondels gewas omdat hul beweer het dit gaan droog wees vandag. Moenie glo nie. Dit word al meer en meer bewolk. Dit het darem ergste nattigheid gedroog. More moet dit hopelik nog n bietjie son kry. Meestal moet ek wasgoed binne hang omdat dit buite te klam is om werklik droog te word.
Net so voor elf besluit ek om ‘n bietjie te sit voordat ek my middag toebroodjie eet omdat ek 12.20nm my vriendin moet kry om Petone toe te gaan vir haar boek bekendstelling.
Ek het ‘n bietjie vroeër gegaan om te kyk of ek met iets kan help. My vriendin is al 83 en het ‘n boek oor haar laerskool waar sy skool gegaan het geskryf. Die eintlike doel van haar boek was die storie van die “Peace Tree” wat in 1919 geplant is en hierdie jaar honderd jaar oud sou wees. Dit was n “Golden oak” gewees. Dis geplant om die ooreenkoms van vrede in 1919 te herdenk.https://en.wikipedia.org/wiki/Paris_Peace_Conference,_1919
Die boom is nou onlangs afgesaag om plek te maak vir n “super market”.
Al die ou ooms en tannies wat in 1919 daar skool gegaan het het ‘n heerlike, gesellige middag gehad. Ek het by ‘n tafel gesit en die boek verkoop. Daar is 21 boeke verkoop. Die “book launch” was volgens my ‘n groot sukses. Tot die burgemeester van Petone het die middag geopen met ‘n mooi inleiding. Daarna het my vriendin haar bekendstelling gedoen. Die funksie is afgesluit met n koppie tee/koffie, wortelkoek en reënboog toebroodjies.
Ek was net na vier weer terug by die huis.
Beslis ‘n vrugbare middag gewees. Ek het heelwat te wete gekom oor die eerste wereldoorlog se vredesooreenkoms en die skooldae daardie tyd. Wie onthou nog hierdie boeke? Ek het uit hul leer lees!

, ,

16 responses to “Liewe Dagboek: Dag 4 Mei”

  1. Ek hang deesdae hier in Kosmos ook die wasgoed oor die boonste stoep se traliehening. Kan nie verstaan wat is hierdie jaar anders as die vorige twee winters nie! Ons klere word net glad nie deur die dag droog nie. Sou die water dalk natter wees…☺

    Like

    • Dis natuurlik nie ideaal vir asma nie. Alhoewel ek nogal sterk staan teen die aanvalle. Ek weet al om dit dadelik stop te sit. Hul het hier ook n spesiale drying cupboard waar jy die klere in ophang voordat dit na die kas kan gaan.

      Like

  2. Nat wasgoed is die storie van ons lewe. Selfs wanneer die son skyn, is die humiditeit nog so hoog dat die wasgoed klam bly.En my man hou nie daarvan dat ek sy wasgoed tuimeldroog nie – die handdoeke is te glad en droog nie behoorlik af nie 🙄 83 en sy skryf ‘n boek oor geskiedenis? Welgedaan. Dis jammer dat die boom nie maar toegelaat is om sy 100ste verjaardag te vier nie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: