
Nooit sou ek in my wildste gedagtes kon dink dat ek n afgeleë plekkie van my eie sou kry tussen al my geliefde en bekende vriende.Vuurvliegie, die briljante gedagtevanger van weleer het die bal weer aan die rol gesit deur die plekkies te skep in Rebusfontein. Daar is ‘n ossewa gereël om almal op te laai. Ongelukkig kon ek nie betyds opdaag nie weens die internetonderbreking in Australië wat vier en twintig uur geduur het. Dit het die hele wereld geraak omdat alles per hand gedoen moes word. Mense is vertraag en het geen aansluitings gehad nie. Gelukkig kon ek darem verder reis nadat ek ons plaaslike Rocket Lab kon kontak en hul het ‘n vuurpyl vir my reggekry en my opgepik.
Ek land toe, ‘n dagreis weg, na die tyd in Suid Afrika. Gelukkig het iemand in die verbygaan aan my ‘n perd en treppie geleen om die ossewa in te jaag. Ek het my Voortrekkerkappie opgesit, my stewels en leer langbroek aangetrek. Die sweep het geklap en die wiele het gedraai vir n hele twee dae. Gelukkig het ek kop gehou en die ossewa ingehaal.Dit was n heerlike weersiens.Die klomp Towerinne is n klomp babbelkouse. Hul het nooit opgehou met klets en vrae vra nie. Man en muis was opgewonde om die nuwe geheime bly-vallei in te ry.
Al die huisies was te pragtig. Toortsie se rooi deur, Kameel se pergola en Bytjie se rotshuis. Natuurlik was die beste dat elke huis se Balie-eend gestaan en wag het om elkeen innig dag te sê.
My sigeuners lewe gaan nou eers vir n rukkie op ys gesit word.Ons het Towerinstraat af geskommel. Eerste was Hester se huis, cheer-leader van vormaat. Dan kom Balie Drome in twee en die uwe in NOMMER DRIE.
Kameel langs my in nommer vier! Ek is so dankbaar dat ek no 3 gekry het want fotograwe, skilders en kunstenaars glo aan drië. Uitstekend Vuurvliegie jy is ‘n doring!
My huisie lyk so binne:
Ek is maar gewoond aan tweedehandse meubels en goete dat ek sommer tuis gevoel het toe my ou “luie-seun” voor die TV staan. Nadat ek my plek deurgekyk het het ek eers gou ‘n draai by Vuurvliegie in no 14 gaan maak want sy het koffie/tee en banting muffens reg as verwelkoming.
Wil jy saam woordsnoer en Towerinavontuur op Rebusfontein? So maak mens :
Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
https://fresh.inlinkz.com/p/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5
Lekker snoer.
Ek is mal oor jou sigeunerhuis. Ek skater ny uitasem oor jou kappie en leerbroek. Whoohoo Scrapy! Kostelik. Welkom. Het jy vir ons laslappie dekens gebring?
LikeLike
A eks bly jy sien die sigeuner in my huisie. Die perd is daar om my huisie rond te sleep as ek iewers anders wil gaan kuier. Die dekens is alles oppad. Die skip moet dit bring want die vuurpyl het nie plek gehad nie met my en Trompie daarin nie.
LikeLike
Rebusfontein is schnauzer wéreld…Trompie en Ringo en Perdeby se bende.
LikeLike
En Una se Kieterkat eenkant met Kameel sie katjie aan die anderkant van my. Dit gaan n storie afgee. Ek sal maar n goeie omheining moet oprig.(Ek is nie mal oor die katte wat my tuin as hul toilet gebruik nie. Sal maar muishond korrels rondstrooi om hul weg te hou.)
LikeLike
O jinne, Katte en honde.🙈🏘😂😂
LikeLike
Sal hul uitsorteer en hul vrinne laat word.
LikeLike
Jou huisie us pragtig en oulik. Ek weet sommer jy gaan lekker daar bly. Ewe met ‘n perd en treppie, né. 😊
LikeLike
Ja jong, die perd is daar om my Gypsy Caravan te trek as ek my huis wil sonkant toe draai.
LikeLiked by 1 person
‘An Vrou met ‘n plan! 😊
LikeLike
Ja man, mens moet bedag wees op allerhande dinge.
LikeLiked by 1 person
‘n Voortrekkerkappie en ‘n leerbroek. Oh my word! Het jy nie ‘n sisrok nie, suster? Ek hou van jou huisie – daardie venster wat so uitleun oor die tuin. Lekker om in die son te sit en braai. Welkom tuis.
LikeLike
Dankie vir verwelkoming. My sisrok is vir spesiale geleenthede nie vir rondrits in waens nie.
LikeLiked by 1 person
O, jy is een van daardie dames wat opdress vir die geleentheid.
LikeLike
Ja jong, as ek uithang gaan ek oorboord en mense ken my nie.
LikeLiked by 1 person
Ag vaderland Scrapy of moet ek sê Margaretha (pas beter by die sis rok) jy laat my lag. Miskien kan ons ‘n volkspeleaand hou. Dink jy die bikers sal volkspele kan doen 😂😂😃😃😃😂 O vrek, ek lag my slap!!! Ek soek na my Dina, my Dina, my Dina….
LikeLike
Dis n goeie idee om een aand volkspele te doen en die volgende week n ruk en rol dans, ook n ballroom dans!
LikeLiked by 1 person
Jy is vol idees 😄
LikeLike
Gebeur ook net as die brein geprikkel word soos bv Ek soek na my Dina…
LikeLiked by 1 person
My buurvrou het ge-arriveer. Ek en sy, Trompie en Kieter gaan net eers ń sit-down moet hê…
LikeLike
Ons sal dit beslis net eers stadig moet vat sodat die tweetjies mekaar kan leer ken.
LikeLike
Jou huisie is so knus…is so bly jy is nou ook hier…Om te dink jy het in een reis n vuurpyl en n ossewa beleef!! Wow!!!
LikeLike
Die lewe is een belewenis aanmekaar. Dit hou net nie op nie. Was nogal moeilik om na die vuurpyl spoed af te kom na die osse wat so slof slof stap! My liggaamsritme was skoon uit.
LikeLiked by 1 person
Scrapy ek sien jou met jou voortrekkerkappie aan op die treppie jaag 😂😂😂😂 kostelik!!! Kon ek teken sou ek die prentjie graag wou teken. Jou huisie is cozy buurvrou, ons gaan lekker bly.
LikeLike
Ons gaan beslis n hond uit n bos kuier. Ek het ook n duidelike prentjie van die hele gedoente.
LikeLiked by 1 person
Ai scrapy, so bly jy is ook nou met ons. Sjoe ek is mal oor jou huisie dis so cozy
LikeLike
Dankie jong. Eks netso bly om daar te wees.
LikeLike
Dis nou so oulik geskryf! Ek is mal oor jou huisie…lyk so knus binnekant!Was daar regtig 24 uur internet onderbreking?Dit was seker chaos.
LikeLike
Dankie dis n sigeunerwa huisie. Ja die hele Australie se lughawens se rekenaars was uit. Dit was ongelooflik! Ouens moes tot drie ure in ry wag voordat hul paspoorte gestempel kon word. Dan moet jy net weet hoe vertraag die vlugte was. Geen aansluitings wat betyds kon wegkom nie.
LikeLiked by 1 person
Wys net hoe die wêreld vasgeknoop is in die internettegnologie! Waar is die dae toe jy sommer oor ‘n toonbank jou kaartjie gekoop het met die sitpleknommer op…😄😄😄
LikeLike
Beslis heltemaal te gevorderd. Ek is self half onseker as ek my plek so sommer aanlyn moet invul en aanteken. Het gesien toe my een student terug China toe is dat sy skoon die kluts kwyt geraak het met die tegnologie. n Lughawedame moes kom help om alles weer in die regte spasie te vul. Dit maak my senuweeagtig. Jongmense is egter gewoond daaraan, dis vir hul alledaags. Geniet jou wegbreek.
LikeLiked by 1 person