Liewe Dagboek: Dag 6 Mei


Gister het toe nie so rustig verloop soos ek wou nie.
Ek het Woordsnoere, Vrydag byskrifte en my dagboek aantekening gedoen maar nie by die “Book Launch” se terugvoer gekom nie.
Bertus het ‘n uur gewerk. Ryan, ‘n vriend het net na tien gekom om die 3D printer te gebruik. Hy is net na een hier weg. Ek het toe besluit om bietjie te brei en n “nanny nap” te vang. Nie beskore nie. Bertus laat weet hy kom nog weer werk. Toe hy ingegrawe is in die garage het ek my slapie ingekry.
Ek was veronderstel om by Bertus-hulle te gaan tee drink. Dit het nie gebeur want Bertus sou nog vir 2 ure besig wees. Geen teetjie by hulle nie. Ek het maar vir ons iets gemaak om te drink hier.
Bertus is huis toe net na vyf. Vinnig ‘n kits pakkie “Mac & cheese” gemaak. Geëet en voor TV gaan sit(het darem eers die skottelgoed gewas) om nuus te kyk en dan 7 uur die toppunt van my naweek: ‘Dancing with the stars’.
Die eerste paartje het hul dansie gedoen wat heel goed was.’n Boodskap kom deur:
“Kan Ma asb vir my enkel pennetjies en dertig sakkies bring?”
Spring in die kar en gaan gou(dis so 7 minute van my af).
“Dit moes ‘n vol sakkie van 200 pennetjies gewees het! Nie ‘n halwe een nie”
Ai toggie, as dit net duideliker gestel was sou ek dit gedoen het.
“Sal gou gaan haal. Ek is net besig om ‘Dancing with the stars’te kyk, dan bring ek dit.”
Haastig huistoe. Ek het twee danse gemis! Oppad huistoe kom ek Stella(skoondogter) en Bea tee. Gou hallo gese en gery.
Net na half nege is ek weer terug by Bertus-hulle. Bea is so wakker soos kan kom. Sy het die middag van 1 tot 5 geslaap!
Nou moet ouma eers sit en saam met haar klei speel.In die tussentyd maak Bertus vir ons elkeen ‘n horinkie roomys. Yummy, lekker. Ek en Bea lek-lek te lekker, ek myne en dan bietjie hare en sy hare en dan myne. Op die einde was myne klaar en hare het begin lek. Sy haat dit dat haar vingers vuil is of dat daar gemors moet word. Sy vee net skoon waar sy kan.
Toe kom dit:”Sticky fingers, wash, wash.”
Badkamer toe, komandeer sy haar ma op om die trappie te gaan haal sodat sy in die wasbak haar hande self kan was. En sy vat nie nonsies nie, sy was die handjies dat die skuimbolle waai.


Nou wou ek huistoe gaan. Bea hol gou weer terug om verder klei te speel:
“Bye bye Ouma” kom dit uit die eetkamer. Geen totsiens by die deur nie.
Sjoe wat n bedrywige tydjie was dit nie.
Vandag 6e het rustig begin.
Wildewragtags was nie in voorskool nie.Almal het hulself besig gehou.
My tuinman het laat weet hy gaan gras kom sny. Tien uur was hy nog nie hier nie en ek het gou gaan inkopies doen. Ook maar goed ek het nie gewag nie want hy kom to net by die huis aan toe ek terugkom. Die “omie” is n interessante mens. Hy is n Maori en ek gesels te lekker met hom oor al sy idees en dinge wat hy doen. Hy gaan bv snorkel as hy so voel. Eintlik gaan duik hy pauo skulpe uit(dis eintlik mossel soort wat hier is en beskermd is. Jy mag net ‘n sekere grootte en hoeveelheid uithaal)Hy is netso oud soos ek en doen die grassnyery omdat hy wil besig bly en daarvan hou om dit te doen.Hy bring sy eie grassnyer en weed-eater saam. Hy is veronderstel om die snysels weg te ry maar ek laat hom dit in die beddings gooi as bedekking en beskerming teen wind en weer.
Nou gaan ek my middagete maak en gou n uiltjie knip voor ek terug skooltoe gaan.
Ek sal more verder vertel as daar iets ekstra vanmiddag gebeur het.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

2 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 6 Mei”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s