Vandag was weer ‘n anderse dag.
Vroeg oggend (net na 2vm) was Trompie vreemd rusteloos of ongemaklik.
Met ons vroeë loop wou hy net grassies eet. Halfpad het hy darem al sy besigheid gedoen maar toe begin hy stilstaan; kyk vir my asof hy vra -Moet ek rerig loop? Ek moedig hom maar aan om deur te druk huis toe.
Ek gaan skooltoe en wag tot 8 uur om die veearts te bel vir ‘n afspraak. Ontvangsdame se as ek hom dadelik bring kan ek gou kom. Ek kan nie afspraak vir later maak nie want my dr opereer Dinsdae. Vinnig kantoor toe, en gelukkig is die hoof reeds by die skool. Ek vertel hom ek het ‘n noodgeval en moet gou ry. Ek het hom gevra om gou toesig te hou. Hy sou dit doen en het dit ook gedoen. Daar was 14 kinders en eks bly hy kon dit sien.
Trompie het nie lekker gelyk nie. Het om vinnig ingelaai en dr gesien. Sy kon nie sien of agterkom dat daar weer stene is nie. Daar was nog steeds n mate van bloed in sy urine. Sy het hom goed bevoel en beluister. Sy wou voel of sy prostaatklier okay is. Met die ingaan verduidelik sy dat sy”anal gland” vol is en dat sy dit gaan uitdruk. Ek vermoed dat dit ook deel van sy probleem is/was. Hy het antibiotika gekry vir tien dae en ons hoop dat dit die ontsteking wat daar moontlik is sal oplos. Trompie slaap nog hele dag. Dit lyk of hy klaar beter voel.
Verder het ek lekker tee gedrink met my Dinsdag vriendin.
Die hele oggend het n helikopter gif gestrooi vir possums en ander roofdier. Dan het Saterdag amptelik die eende-skiet-seisoen begin.(duck shooting season) Elke jaar word eende uitgedun deur “jagters”.
Die middag se oppas was heel rustig omdat die moeilike outjies nie daar was nie.
Ek het sommer vir my fish & chips gekoop vir aandete en gaan vroeg probeer om in die bed te kom. More hoef ek net oggendsessie te doen. Die onderwysers hou vergadering more middag en al die kinders moet 12 uur huistoe gaan.
Dit dan wat my Dinsdag betref.
Liewe Dagboek: Dag 7 Mei
17 responses to “Liewe Dagboek: Dag 7 Mei”
-
Beterskap vir Trompie!
LikeLike
-
Hoop ou Trompie voel sommer baie beter!
LikeLike
-
Hy voel vandag sommer tonne beter. Ek is bly vir die antibiotika ook omdat hy n krappery op sy rug het wat wou ontsteek.
LikeLike
-
-
Ek hoop Trompie is gou beter. Mens se hart is nie lekker as jou kind siek is nie. Vis en tjips is een van die lekkerste maaltye wat daar is. Karen gaan volgende week JHB toe vir 2 weke en ek en my man beplan al klaar ons wegneem-etes, haha.
LikeLike
-
-
Hier by ons is natuurlik ‘n restaurant / take-away letterlik op elke straathoek. Ek kan baie “uit”-eet voordat iemand my sal uitvang.
LikeLike
-
-
Ons wegneemetes is nogal van baie goeie gehalte, maar ek eet slim – ek straf myself deur te loop en dit te gaan haal. Ek loop tenminste drie kilometer, of verder, om my wegneemete by die huis te kry. Werk eers die kilojoules af en eet dan!
LikeLike
-
-
-
-
-
Sterkte Trompie en Scrapy. My manne kry rou wortel happies so een keer per week. Dit help om daai klier skoon te hou.
LikeLike
-
Om die waarheid te se hy kry sy wortel amper elke dag een. Hy kom vra selfs as ek die yskas oopmaak wat wys hy het n behoefte aan sy wortel. Dr het ook gese hy mag maar wortels kou.
LikeLike
-
-
Ek glo Trompie sal vinnig weer homself wees.
LikeLike
-
Hy is vandag sommer baie beter. Dankie vir meevoel.
LikeLike
-
-
Ai, beterskap vir Trompie hoor!
LikeLike