Liewe Dagboek: Dag 8 Mei


Rustige voorskool gehad. Daar was net 8 kinders.
Vandag het die skool vroeg gesluit omdat die onderwysers vergadering gehou het om te besluit of hul gaan staak en of hul die voorstelle gaan aanvaar.Ek het dus nie naskool toesig gehad omdat almal vroeg opgelaai is.
Tuis gekom was Trompie weer sy ou self en ons het gaan stap. Na stap het ek gou die drie bestellings uitgesorteer; dit gaan pos en na die Mayfair Cafe gegaan waar die Time Bank dames Woensdae tee/koffie drink. Daar word meestal lekker gekuier en idees uitgeruil. Daar is n dame wat ‘n groep bymekaar wil maak om na tehuise te gaan om ouer mense se stories te help skryf. Sterkte vir haar,sal maar sien of dit gaan uitwerk. Hul wou my ook betrek maar ek het dit van die hand gewys omdat ek nie dieselfde agtergrond as die Kiwis het nie. Dis moeilik, nie net vir my nie maar ook vir die verteller, om te praat oor dinge wat beide nie veel van weet nie. Ek vind dit met tye moeilik om te aanvaar dat seker dinge op hul manier bespreek word. Dis n geheel ander wereld waarin hul leef en waarin ek opgegroei het.
Na die teedrink, het ek na die ‘Civil Advice Bureau’ gegaan om uit te vind oor my burgerskap en wat van my pensioen gaan word en of ek dubbel burgerskap kan he en steeds SA pensioen kan kry. Hul kon nie veel se nie omdat hul ook nie veel weet nie. Hul het aanbeveel dat ek na die SA ambassade gaan en daar hoor wat my te doen staan. Ongelukkig weet ek al wat die antwoord gaan wees want ek het heelwat met hul te doen gekry met die emigrasie na NZ, permitte en paspoorte. Eintlik is dit n onbegonne taak om die ding uit te sorteer. Ek wil egter verhoed dat my pensioen sommer wegval want dan sit ek met niks.

Ek is huistoe en het heerlik rustig die middag gesit en rus. Die rus het my rug baie goed gedoen. Bertus het na werk gou ‘n koppie koffie kom drink. Net voor vyf het ek met Trompie geloop.
Lekker aandete gemaak. Eie gebakte vis en aartappels met ‘n lekker mengelslaaitjie van gekerfde slaaiblare, gerasperde wortels en uitloopsels.
Na ek nuus gekyk het kyk ek nou ‘Planet Earth’ voordat ek gaan slaap. Dit is die migrasie van wildebeeste en flaminke in Afrika en die vernietiging van die ys van die noordpool!

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

6 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 8 Mei”

    1. Ja jong ek wil ook eintlik nie daaraan dink nie want jy staan kompleet voor n toe deur. Ek dink hul weet self ook nie hoe om te antwoord nie. As dit egter by geldmaak kom weet hul alles. Trompie was vanoggend weer nie te lekker nie maar nou later in die oggend lyk hy weer beter. Is maar moeilik as hul nie praat nie.

      Liked by 1 person

  1. Dit klink asof jy ‘n heerlike dag gehad het. Ek is bly ou Trompie voel weer beter. My man geniet die Planet Earth episodes wat my seun vir hom stream. Ek is te rusteloos om lank voor ‘n TV te sit – ek mis seker vele goeie programme.

    Liked by 1 person

      1. Ek dink ook ‘n mens moet dit kalmer vat, maar dan dink ek ook dat my subconscious nog nie regtig gesnap het dat ek afgetree is en niks hoef te doen as ek nie wil nie.

        Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s