Liewe Dagboek: Dag 11 Mei


Lekker Saterdag.
Bertus het weer net na sewe ingboek om sy masjien aan te sit vir die oggend se werk. Mike, sy helper kom 8 uur. Ek is bly Bertus het nou iemnd wat hom kan help met sy besigheid. Hy is sommer baie meer ontspanne.
Ek het nog bly le tot net na agt. Opgestaan en gewone roetine van stort, ontbyt en Trompie loop. My foon het ‘n boodskap gestuur terwyl ek besig was om te loop. Ek was nie te ver van die huis nie en het dit geignoreer. Met wat ek die huis kan sien, sien ek Stella inry. Sy het Bea uitgehaal en vir my gewaai. Toe ons naby kom kon Trompie dit nie hou nie. Hy trek en wil net huistoe gaan.
Aangekom by die huis het Bertus net die deur oopgesluit, en Stella en Bea ingelaat. Trompie wag mooi buite die deur sodat ek sy voete kan droogmaak. Hy hol in. Ek trek my skoene uit en hoor hoe vra Bea waar ek is.
Ek moes na Bea kyk terwyl Bertus en Stella huisinspeksie doen by my eenheid wat uitgehuur word. Bertus was veronderstel om vir my te gevra het. Hy het nie daaraan gedink nie – ek was mos nog in die bed toe hy gekom het!
Dit was ‘n lekker kuiertjie met Bea. Sy wou eers half ongelukkig wees maar ons het gou haar klei uitgehaal en ouma het vir haar ‘n hondjie uitgerol. Toe ons weer sien was ‘n uur verby en was Mamma en Pappa weer terug.
Bertus het toe eers nog so ‘n halfuur gewerk voordat sy 100 bordjies klaar was. Hul moet nog net getoets word of hul werk.
Bertus-hulle het my uitgeneem vir ‘n hamburger en melkskommel by McDonalds. Bea het haar eie skyfies gekry met 4 hoender-stukkies en ‘n melkskommel. Dit was ‘n heerlike middagete so saam met my kinders en klein Bea.
Vanmiddag het ek eers bietjie gerus en verder net mooi niks gedoen nie, behalwe om die skottelgoed te was wat al die hele week opgehoop het. Ek dink ek moet tog maar daaraan dink om ‘n skottelgoedwasser te kry. As ek dit gekry het moet ek net nog vir my ‘n kok kry om my etes voor te berei. Ek is baie lui om te kook. Kannie verstaan wat my probleem is nie, maar as ek na 5 by die huis kom is ek net nooit lus vir n kokery nie.
Nou sit ek rustig en kyk n stuk van David Attanborough, oor die Barrier Reef. Ek wil nou net gou hierdie pos en dan sit en kyk, en bietjie brei. Ek’s besig met ‘n pull-over vir myself. Nog die twee sykante van voorpant brei dans dit ook gedoen.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

10 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 11 Mei”

  1. Dit klink na ‘n heerlike dag – die soort wat ek nodig het om my kop uit te sorteer. Skottelgoed. Toggie. Karen gaan Maandag weg vir twee weke en ek weet wat gaan gebeur: as ek en Jac alleen is, gaan haal ons (voedsame) wegneemetes en eet sommer so uit die bakkies. Andersins pak ons die kos uit op ‘n grrot boord en eet so saam-saam. Hy was en laat die skottelgoed drip dry terwyl ek so ‘n skynheilige woerts-warts vee oor die kombuisoppervlaktes doen.

    Like

  2. Scrapy ek weet nie hoe ek jou dagboekinskrywings gemis het nie. Seker omdat ek lanklaas in die reader gekyk het….en basies net Rebus en Towerinne opsoek. Hierdie hoes en moegheid gaan nou vir die derde week. Sorry buurvrou….weet nie eers wat langs my aangaan nie.

    Like

Leave a Reply to scrapydo2.wordpress.com Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s