Sondag, Moedersdag.
Elke dag is tog maar moeder se dag. Ek het darem ‘n:”Happy Mother’s Day,” boodskap gekry.
Vanoggend was die garage se sleutel weg. Ek het al my sakke deursoek. Geloop waar ek moontlik hom kon neersit. Niks. Bel vir Bertus om dit aan te meld. Telefoon lui en geen antwoord. Ek gee ‘n boodskap. Vanoggend sou Ryan so 10:30vm kom om die laser cutter te gebruik. Die sleutel word dus benodig om hom in te laat. Ek stuur ‘n boodskap vir Bertus om te vra of hy net asb kan kom oopsluit. In die tussentyd soek ek verder. Ek het gister in garage gegaan en bordjies uitgehaal waarop ek plakkertjies moet plak. Al wat ek kon dink was dat ek die sleutel binne neergesit het om die bordjies, wat nogal swaar is, op te tel.
Bertus kom gou aan voordat hy en sy gesin erens heen oppad was.Ryan kom toe ook net hier aan. Bertus sluit oop en is met ‘n spoed hier uit. Ek gaan se gou hallo vir twee girls in die motor. Bea se mondjie is heel vuil. Ek vra hoekom haar mond so lyk. “Koekie Ouma!” -te lekker aan n sjokolade koekie geëet. Ma sit op haar foontjie. “Nog koekie.” Bertus:”Het jy alles geëet?” “Ja,” mond word wa-wyd oopgemaak. Pappa gee ‘n ander stukkie droë koekie:”Nee,” kom antwoord. Mamma breek nog n stuk van haar sjokolade koekie af en gee dit vir haar. Weg is hulle.
Ek bly steeds dink aan waar die sleutel kan wees. Gaan weer kas toe en soek my baadjies se sakke deur. Toe kry ek ‘n “brain wave”. Ek het my uitgaan baadjie aangehad toe ek die bordjies in die garage gaan haal het. Voel in my regterkantste sak waar ek altyd die sleutel in bere as ek ‘n baadjie aan het. Daar is hy toe mooitjies waar ek hom ingesit het gister.
Die hele oggend het ek verder vir my seun pakkies gepak, plakkers opgeplak, parte gepak en saam gesit in die sakkies waarby dit hoort. Dit het my tot net na een besig gehou.
Middagbroodjie geëet. Nanny nap tot so halfdrie. Tik nou my dagboek. Gaan nog my foto op FB verander en ook Silent Sunday op my blog sit. Amper vergeet ek dat ek seker die Towerinne storie moet skryf. Moet nog besluit watter held en watter vyand saam aan tafel gaan sit.

Dit het nou begin reen en is heel trietsig op die oomblik(4nm)


16 responses to “Liewe Dagboek: Dag 12 Mei”

  1. Kameel Avatar

    Jy is ‘n goeie ma…jy weet dit nê? Weet net nie of jy waaragtig waardeer word nie. Gelukkig het jy vir Bea as opkikker.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ag dankie vir jou mooi woorde ek voel party dae so magteloos as dinge so gaan. Bea gee my baie plesier, daar is niks so wonderlik as die spontane reaksie van kinders nie. Selfs die stoute outjies kan so spontaan aan jou hul liefde gee. Ek en Bea se kleibou was heerlik- sommer so net in ons verbeelding. Sy kom nou met meer dingetjies uit.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar

        Dit is so lekker om naby genoeg te wees sodat jy hulle ontwikkeling kan beleef. Jy gaan nog lekker lag vir al die sêgoed.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Beslis. Sy is klaar baie bekkig en gee sommer dadelik a piece of her mind as sy nie saamstem nie.

          Liked by 1 person

  2. travel460 Avatar

    Die sleutel-soekery, ai, ek en manlief kom dit self kort-kort oor. Drukkie vir jou.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir die drukkie, waardeer dit. Ek sit sleutels altyd op hul plek maar ek dink my onthou is besig om half af te water.

      Like

  3. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

    Groetnis, hier by my nog hoeserig en stil.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hoeveel dae van die honderd is al verby? n Seuntjie het dit gehad en het volgens my mening meer as 100 dae gevat. Was aandagsoekend op einde. As hy ma of pa sien moes hy hoes! Sterkte nog vir jou. Jou maar nog stil en rustig dat longe kan gesond word.

      Like

      1. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

        Ek het opgelees, dis kinkhoes se familie. Gaan more aandring op antibiotika ipv al die tydelike kortisoon behandeling. Rate met heuning en Lennon se borsdruppels en turlington help bietjie. Ek is nou seker al amper ses weke oes. Hier is net honde, so tantrum help nie.🤣🤗

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dis goed, Antibiotika behoort dit besls n goeie knou te gee. Geen wonder dis so erg nie. Hier word daar teen kinkhoes gewaarsku by jonger kinders. Kinkhoes is beslis hier nog in die rondte. Ergste op oomblik is dat hier masels is wat net meer en meer voor kom. Baie glo mos nie om hul babatjies teen kindersiektes te immuniseer nie.

          Like

  4. HesterLeyNel Avatar

    Laat dit nou ‘n les wees – jy moet meer dikwels sleutels verlê sodat jou kinders noodgedwonge meer dikwels moet kom kuier. Haha. Siestog ouma, vuil mondjie en al bly hulle dierbaar.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Was nie n kuier nie . Ma het my eintlik weer haar ou self gewys van ignoreer my. Gelukkig kon ek darem gou vir Bea hallo se.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Maak maar of jy dit nie raaksien nie, jong. Vloek net so onder jou asem.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek doen so die laaste twee jaar want dit help niks om dit teen te werk nie.

          Liked by 1 person

  5. Tannie Frannie Avatar

    Ai – partykeer voel ek lus en gryp so ‘n foontjie en gooi hom dat hy doerrr trek! Dis so ‘n verslawing – ek maak my self skuldig daaraan.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja jong, dis regtig onaangenaam maar wat maak n mens. Party oordoen dit regtig.

      Liked by 1 person

Leave a reply to scrapydo2.wordpress.com Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.