Liewe Dagboek: Dag 13 Mei


Dertien – my gelukkige nommer! Darem toe nie Vrydag nie

Dit het gereën. Hele nag en groot deel van die oggend. Toe ek 2:30nm skooltoe ry was daar nie ‘n wolk te sien nie.
Vanoggend het ek met die wildewragtag E se pa gepraat. Dis ‘n hartseer storie wat net nie ‘n einde het nie. Die ouers gaan nou uitmekaar. Huis sal verkoop moet word en wat kan erger wees as ‘n geskeurde gesin.
Die kinders was vanmiddag weer baie bakleierig. Van die 5 jariges is regte rammetjies uitnek met die ouer seuns. Die ouer seuns terg(boelie) natuurlik ook die kleintjies sodat hul kwaad word vir mekaar. Toevallig het een groot seun se ma en ‘n kleintjie se pa gesien wat gebeur tussen die twee. Ongelukkig is die ouer seun een van die uitdagers en hy het die kleintjie mooi afgebreek voor sy ma deur nie te verduidelik hoe die storie begin het nie. Ai toggie, dis ook maar ‘n gedurige vure doodslaan en vrede maak.
Toe ek vanmiddag net na vyf tuiskom hoor ek die alarm, wat in ‘n huis oorkant die straat, loei. Die huis is n versorgings huis vir minder gegoede mense met “gebreke”. Beroerte, Altzheimers,verlammig.
Ek het maar Trompie gevat vir sy lopie. Toe ek terugkom het die brandweerwa net aangekom. Al die inwoners het buite op die sypaadjie gesit en gestaan. Meeste is in rolstoele. Daar was gelukkig nie ‘n werklike brand nie(dis wat ek dink) Die brandweer ouens het alles veilig gemaak en inwoners kon weer ingaan.

Hier is die bordjies waarop ek gister plakkertjies geplak het. Dis honderd bordjies vir die elektroniese muisvalle wat my seun ontwerp het en wat ons vervaardig in die garage. Daar is 4 bordjies in n panneel wat aan die einde opgebreek word, en in die muisval ingebou word.

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

7 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 13 Mei”

  1. Ek weet nie waar jy die energie vandaan haal om met die kleingoed se streke te deel nie. Kinders maak my bang. Dis baie interessant wat jy vertel van die muisvalle. Dis nie iets waarmee ons juis ‘n probleem het hier nie – te veel slange, soos wat Rambo vertel. Ons het natuurlik baie katte ook in die kompleks.

    Like

    1. Jong ek begin nou regtig moeg raak vir die kinders se bombastiese maniere. Ongelukkig moet ek werk. Die muisvalle word nie in die dorpe of bewoonde gebiede gebruik nie. Dit word in die bewaringsgebiede geplaas om rotte, ferrets en possums te vang. Alles word deur volenteers gedoen. Nou dat dit elektronies beheer word weet hul waar die valle is en of hul iets gevang het.

      Liked by 1 person

  2. Ek en ma hou baie van die reën maar dit moet darem so nou en dan ophou sodat die son ook kan skyn né? Ma sê dit is maar hartseer as ‘n ma en pa skei en sy glo nie aan dit nie. Sy glo net aan moord. Ek weet nog nie wat dit beteken nie, maar sy sal seker eendag verduidelik. 🙂

    Siestog, ek wonder wat het gebeur dat die brandweer daar was. Gelukkig is julle veilig. Hier by ons is die straat ook besig maar net met motors wat op en af ry so nou en dan. Partykeer is daar vakansiegangers wat hul maniere by hul huise vergeet het, maar ons verskoon hul maar, want party van hulle is maar seker niks gewoond nie. 😛

    Die muisvalle lyk na ‘n slim en ingewikkelde storie. Hier sal ek en Russel, my JR boetie die muise vang, maar ons het nog niks gesien nie. Hulle weet seker van ons en bly maar weg. Ons het slange ook hier. Hul word Spotted Bush Snakes genoem en hulle is glad nie giftig nie. Ma is baie lief vir hulle en sy sê hulle hou ook die muise weg.

    Ek hoop als gaan gou beter en dat julle ‘n lekker dag vandag sal hê. xxx
    R

    Like

Leave a Reply to Rambo Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s