Vandag is ek nie lus vir skryf nie. Die kinders maak my heel morbied en ek het nie meer lus vir hul klomp twak nie.
Ek wil my langtafel storie skryf. Ek het al vir my twee persone gekies om saam mee te deel. Ek moet ander ouens se stukke gaan lees om te kan kommentaar lewer. Ek het nog net Frannie se lekker stuk gelees. Ek het ook Rambo se blog besoek. Hy en Trompie gaan nog groot maters word.
Sjoe, ek het nie besef dat Doris Day al so oud was nie of dat sy nog gelewe het nie. Sy was darem altyd n opgewekte en geliefde ster gewees toe ek nog n dogtertjie was. Ons het altyd na die dans en sing films gaan kyk.
Ek was ook eintlik verbaas om te hoor dat sy nog in die lewe was. Sjoe, sy was ons almal se droom-rolmodel in ons grootwordjare. Of was ons dalk net erg oor die mans wat teenoor haar gespeel het? Rock Hudson. Ai … ja toe maar, los maar.
LikeLike
Ja nee, toe … dreams are good friends. Rock Hudson en al daardie hunks!
LikeLiked by 1 person
Sjoe, hoe nostalgies maak jy my nou…
LikeLike
Lekker man. Ek kon ook nie ophou luister en kyk nie.
LikeLiked by 1 person
Ma sê moenie alleen voel nie. Sy voel baie dae ook so. Ek is ook een van haar kinders maar ek maak haar altyd vrolik, so ek is nie een van daai kinders nie. 🙂
Ek en ma luister nou baie lekker na die musiek. Sy hou ook baie van Doris Day en Fred Astaire is haar gunsteling danser ook. Dankie vir die lekker deel. 😀 xxx
LikeLike
My ma is ook baie lief vir my en ek vir haar. Ek probeer haar altyd opbeur wanneer sy so down in the dumps is oor daardie onmoontlike stouters. Klink of jou ma en my ma nogal selfde tye groot geword het as sy so van Doris Day hou! n Paar lekker lekke vir jou en high paws.
LikeLiked by 1 person
Lyk my ons is baie gelukkige kinders en nie van daardie ontmoontlike stouters nie. Ma sal dit beslis nie kan hanteer nie. Sy hou nie van stouters nie, so ek bly maar altyd soet. 🙂
Ma sê dit klink ook so. Sy is mal oor die ou films en musiek.
Baie dankie vir die lekker wense en lekke vir jou ook. xxx
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLike
🌻🤗
LikeLike