Die lug was vanoggend te pragtig vir woorde gewees. Die opkomende son het aan die onderkant van die wolke sulke goue, horisontale gegolfde strepe gemaak. Dit was ook nie regtig koud nie.
Na die skoolsessie het ek my motor gevat om getoets te word vir sy WOF(Warrant of fitness)wat hy toe gelukkig geslaag het. Dis nou ook vir die jaar gedoen. Volgende maand is die motorlisensie se beurt.Elke maand het sy eie uitgawes.
My loop met Trompie was heerlik. Die lug was skoon en fris. Die reën wat ons gehad het, het die gras en onkruid goed gedoen. Alles lyk groen en vol lewe, behalwe natuurlik die kaal bome. Ons het nie veel ouens teë gekom omdat ons bietjie later as gewoonlik was.
My tuinier het net na tien ‘n draai kom maak om te kyk of die gras gesny moet word. Ons het maar besluit om dit nog ‘n paar dae te gee om te groei. Hy sal volgende week kom sny.
Nou gaan ek eers vir my ‘n broodjie maak(dis amper 12 uur) en dan ‘n bietjie rus voordat ek weer die strydvelde betree.
As jy nie die volgende paragraaf wil lees nie is jy welkom om oor te slaan. Ek gaan n bietjie sleg praat!
J die klein helsum het vanoggend nou weer ‘n vloermoer gegooi omdat hy nie sy sin kon kry nie. Ten eerste was hy heel uit sy kassie en het gehol en gegil toe hy inkom. Boetie van hom stel toe voor hy sal met hom op die PS4 speel en dis waar J besluit het hy wil ‘n ander program speel wat ouboet nie wil speel nie. Hy wil sommer die bank skop en van die speelgoed stukkend slaan. Hy gaan op einde buite toe, toe ek se ek gaan die hoof bel om met hom te kom praat. ‘n Dogtertjie uit sy klas kom toe in en vra hom wat aangaan. Ek stel toe voor dat hy en sy saam sy speletjie kan speel na sy boetie se beurt. Afgekoel en happy het hy gaan sit en lag vir Funny cat movies! Sjoe, dit was nou vir ‘n rukkie heel opwindend gewees.
Het die kind nie dalk ‘n bietjie counselling nodig nie? Dit klink regtig asof hy probleme het. Jy het nou ‘n interessante ding genoem – die WOF wat jy jaarliks moet laat doen vir jou motor. Is dit verpligtend in NZ?
LikeLike
Jong dis eintlik waaroor die onderwysstaking gaan. Ons is nie opgeleide beraders nie en tog word dit meer en meer verwag van die arme onnies. Die WOF is verpligtend. Dit was eers elke ses maande maar dis nou net die ouer modelle wat ses maandeliks moet toets . Ek dink motors jonger as 2005 hoef net jaarliks te toets
LikeLiked by 1 person
Hel, as hulle dit in Suid-Afrika toepas, gaan daar minder as die helfte van die karre op die pad oorbly.
LikeLike
Ha ha,selfde met karlisensies, daar is te veel wat nie betaal nie. Ons moet elke jaar lesensie ook hernu
LikeLiked by 1 person
Ons ook en jy kry stywe boetes as jy nalaat om dit te doen.
LikeLike
Probleem is dat die pligsgetroues meestal daadelik in moeilikheid kom terwyl die werklike skuldigis nie gevang word nie.
LikeLiked by 1 person
En dis die absolute waarheid.
LikeLiked by 1 person
Vir dit Scrapy sien ek nie meer kans op my ouderdom nie. Die jonger ek sou hom vinnig in die bek geruk het. Dankie….nou weet ek hoe is die weer by julle. Mooi dag vir jou ❤
LikeLiked by 1 person
Ek voel ook maar om n paar warm klappe uit te deel want dis sommer net moedswilligheid!
LikeLiked by 1 person
Ek is so lief vir dogtertjies, hulle maak die lewe makliker, ne Scrapy. En vroue soos jy ook! “Salig is die vredemakers…”
LikeLike
Ek stem vir daardie een. Dogtertjies is tog maar fyner van gevoel. Hul kan egter baie katterig en lelik met mekaar wees. Moet ook byse, die vredemakery gee my baie grys hare want ek kan ook maar opgewen raak en my nogal vererg vir al die nonsies.
LikeLiked by 1 person
Jy is beter as ekke, daar sal voorblad berigte wees as ek sulke woelige stouterds moet oppas.
LikeLiked by 1 person
Toemaar, ek dink ek pleeg sonde elke keer deur te dink ek kan hul sommer verwurg as hul so is.
LikeLike