Liewe Dagboek: Dag 15 Mei


Die lug was vanoggend te pragtig vir woorde gewees. Die opkomende son het aan die onderkant van die wolke sulke goue, horisontale gegolfde strepe gemaak. Dit was ook nie regtig koud nie.
Na die skoolsessie het ek my motor gevat om getoets te word vir sy WOF(Warrant of fitness)wat hy toe gelukkig geslaag het. Dis nou ook vir die jaar gedoen. Volgende maand is die motorlisensie se beurt.Elke maand het sy eie uitgawes.
My loop met Trompie was heerlik. Die lug was skoon en fris. Die reën wat ons gehad het, het die gras en onkruid goed gedoen. Alles lyk groen en vol lewe, behalwe natuurlik die kaal bome. Ons het nie veel ouens teë gekom omdat ons bietjie later as gewoonlik was.
My tuinier het net na tien ‘n draai kom maak om te kyk of die gras gesny moet word. Ons het maar besluit om dit nog ‘n paar dae te gee om te groei. Hy sal volgende week kom sny.

Nou gaan ek eers vir my ‘n broodjie maak(dis amper 12 uur) en dan ‘n bietjie rus voordat ek weer die strydvelde betree.


As jy nie die volgende paragraaf wil lees nie is jy welkom om oor te slaan. Ek gaan n bietjie sleg praat!
J die klein helsum het vanoggend nou weer ‘n vloermoer gegooi omdat hy nie sy sin kon kry nie. Ten eerste was hy heel uit sy kassie en het gehol en gegil toe hy inkom. Boetie van hom stel toe voor hy sal met hom op die PS4 speel en dis waar J besluit het hy wil ‘n ander program speel wat ouboet nie wil speel nie. Hy wil sommer die bank skop en van die speelgoed stukkend slaan. Hy gaan op einde buite toe, toe ek se ek gaan die hoof bel om met hom te kom praat. ‘n Dogtertjie uit sy klas kom toe in en vra hom wat aangaan. Ek stel toe voor dat hy en sy saam sy speletjie kan speel na sy boetie se beurt. Afgekoel en happy het hy gaan sit en lag vir Funny cat movies! Sjoe, dit was nou vir ‘n rukkie heel opwindend gewees.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

13 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 15 Mei”

  1. Het die kind nie dalk ‘n bietjie counselling nodig nie? Dit klink regtig asof hy probleme het. Jy het nou ‘n interessante ding genoem – die WOF wat jy jaarliks moet laat doen vir jou motor. Is dit verpligtend in NZ?

    Like

    1. Jong dis eintlik waaroor die onderwysstaking gaan. Ons is nie opgeleide beraders nie en tog word dit meer en meer verwag van die arme onnies. Die WOF is verpligtend. Dit was eers elke ses maande maar dis nou net die ouer modelle wat ses maandeliks moet toets . Ek dink motors jonger as 2005 hoef net jaarliks te toets

      Liked by 1 person

  2. Vir dit Scrapy sien ek nie meer kans op my ouderdom nie. Die jonger ek sou hom vinnig in die bek geruk het. Dankie….nou weet ek hoe is die weer by julle. Mooi dag vir jou ❤

    Liked by 1 person

    1. Ek stem vir daardie een. Dogtertjies is tog maar fyner van gevoel. Hul kan egter baie katterig en lelik met mekaar wees. Moet ook byse, die vredemakery gee my baie grys hare want ek kan ook maar opgewen raak en my nogal vererg vir al die nonsies.

      Liked by 1 person

Leave a Reply to HesterLeyNel Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s