Liewe Dagboek: Dag 16 Mei


Liewe dagboek, vandag wil ek net huil. Ek is nie ‘n huilerige of baie emosioneel van aard mens nie maar, vanoggend kon ek net nie ophuil, huil toe ek huistoe ry na my oggend sessie by die skool, nie. Ek het selfs aan die grens gegaan terwyl ek met Trompie geloop het.
Dit voel darem of ek nou weer bietjie meer in beheer is.
Ek is hartseer omdat ek nie uitgenooi is na die ontbyt vir die hulp-personeel nie.Eintlik sou ek nie eers daarvan geweet het as die “caretaker” nie Maandagoggend vir my gese het sy sal my Donderdagoggend by die teetuin sien 7:30vm nie. Eers het ek gedink ek gaan dit ignoreer. Dinsdagmiddag vra ek vir my Supervisor of sy ‘n uitnodiging gekry het. Sy het ‘n email gekry. Die ander oppasser het ook gekry. Ek nie! Daar is niks vir my gese nie. Ek het probeer om dit van my af te skuif. Tog het dit my nogal gepla. Verlede jaar was dit dieselfde maar die hoof het vir my ‘n geskenkbewys gegee om op my eie iets te gaan eet/drink. Wat my die meeste ontstel eintlik is dat hy net mooi niks vir my gese of verduidelik het nie.
Gistermiddag het die sekretaresse vir my gese dat dit onaanvaarbaar van hom is om my nie in te lig nie. Ek het aan haar verduidelik dat ek regtig voel dat ek nie deel van die span is nie.
Vanoggend het dit my vol in die gesig getref toe een van die hulppersoneel haar drie kinders by voorskool aflaai. Dit was eintlik die laaste strooi. Toe ek klaar was kom die hoof uit en ewe verleë vra hy verskoning dat hy nie vooraf met my gepraat het nie, maar hy het darem ietsie vir my. Weer ‘n geskenkbewys om te gebruik. “Jammer vir die “nie onthou nie”. Jou naam is darem genoem. Baie dankie jy doen regtig goeie werk.” En hy gaan aan met sy volgende persoon. Dit alles sommer in die vebygaan.
Ek het in my kar geklim en die trane het geloop van teleurstelling. Ek mis my Ma, my man en my ou vriende hier in die vreemde.My eie ou besittings en my susters. My liewe honde en sommer alles. Ek weet dis nie so erg nie maar ek kan dit op oomblik nie hanteer nie.
Nou werk die vervloekste printer ook nie en Bertus bly verduidelik en ek kry dit nie reg nie!
Nou ja, dis nou eers genoeg. Ek moet nou eers my Langtafel storie gaan skryf.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

24 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 16 Mei”

    1. Ek het vir hom gese ek praat nie weer met hom nie en my gesig weggedraai. Dis toe dat hy se hy het iets spesiaal vir my en gee my toe n verskrompelde stukkie papier waarop staan $15 gift voucher. Nie eers n datum wanneer dit verval of niks! Nou braak ek van vooraf weer gal as ek daaraan dink.

      Liked by 1 person

  1. EK ken ‘n paar woorde om daai hoof toe te snou, maar ter wille van die ander bloggers sal ek dit nie sê nie…ek is jammer… daar is niks so sleg as om geignoreer te word nie. ek hoop dat daar ‘n spesiale lekkerte vandag op jou pad kom om op te maak vir daai eina….

    Like

  2. Ma is nou sommer heel vies oor die simpel man en omdat hy jou laat huil! Sies vir hom! Kan ek hom maar kom byt asseblief? Ek hou nie van sulke mense nie! As iemand Trompie se ma seermaak, sal hulle beslis met my te doen kry!

    Weet net jy en Trompie kan enige dag by ons kom ontbyt eet, en dan sommer middagete en aandete ook. Julle twee is so pragtig en dierbaar. xxx

    Like

    1. Dankie vir die uitnodiging, sal my ma bietjie inlig. Ek het ook lus gevoel om die man te gaan hap en nie net in sy been nie sommer in sy boud. Ek hou my ma gedurig dop en kan haar lees soos n boek. Jy en jou ma is ook te pragtig. Ek hou van honde-mense.

      Liked by 1 person

      1. O, ek dink ek en jy sal sommer gou daai man regsien Trompie. Sulke mense maak my ma ook gou kwaad en sy was sommer hartseer vir jou ma se part want sy weet hoe dit voel.

        Baie dankie Trompie. Ons ook. 😀

        Jy en jou ma moet julle daggie geniet hoor. xxx

        Liked by 1 person

    1. Ai Bondels jy kannie dink hoe ek gister gevoel het nie. Ek het al baie teleurstellings gehad maar hierdie een was die cherrie op die koek gister. Ek is baie dankbaar omsulke geliefde ouens soos julle te ken wat my weer ophelp. Baie dankie hoor, lief vir jou.

      Like

      1. Ai ou Scrapy, ek is n mercy maar as mense iemand seermaak wat ek liefhet wil ek daai mens gaan aanrand. So jammer vir jou seer. Baie lief vir jou, gaan vir jou jou gunsteling koekies bak dan bring ek oor hoor? Sê net eers wat jou gunsteling is hoor…

        Like

  3. Liewe ek is lus en gaan vertel die man sy fortuin!!! Drukkie Scrapy…en jy weet ons is lief vir jou, en wag dat jy by die langtafel opdaag. Al is daar volgens my droom net ‘n potjie krummelpap. Daar was ‘n pakkie popcorn ook, maar dié het Hester klaar gegaps. ❤

    Like

    1. Nee man ons sal Hester oor haar vingers tik oor die popcorn gapsery! Ja jong wat kan ek se van n “opgevoede” skoolhoof wat verwag dat ons almal met respek en liefde moet hanteer. Nou wen ek myself sommer weer op. Hy kort n paar warm klappe. Die middag het ons toe nog meer dinge gehad. Sal dit in my dagboek skryf vanaand. Eks bly ons het nog n ekstra week omdie tafel te dek

      Like

  4. Vir my is uitsluiting die allerergste vorm van verwerping en ek huil saam met jou! Dit lyk asof party jonger mense dink as mens se hare grys is, is jou gevoelens ook daarmee heen. Nee wag, ek is nou so boos dat ek nie eers meer virtueel kan saamhuil nie! Kom dadelik Rebusfontein toe – die Towerinne is van ‘n heel ander kaliber as die Nieu-Seelandse spulletjie by daai skool. Kan nie wag om jou vertelling te lees nie ❤

    Like

    1. Nou het jy my sommer laat lag vir jou uiting van jou gevoel oor die praat hieroor. Jy het dit wraggies mooi verwoord. Dit gaan nie om die idee dat ek moet werk en nie daar kan wees nie maar oor die manier waarop die hoof niks gese het nie. Moes dit down the grape vine hoor. Sou nie eers geweet het daarvan nie wat dalk beter kon gewees het. Ek geniet die Towerinne baie meer as hierdie spul.

      Liked by 1 person

  5. Ag, my hart sou ook so seer gewees het. Ons het almal erkenning nodig, en wat hier gebeur het is nie reg nie, Ineke. Ons wag vir jou met harte vol omgee hier om die langtafel.

    Like

    1. As dit nie vir al jul ondersteuning was nie sou ek nooit dit sommer kon wegvee nie. Dis eintlik die hoof wat so onsensitief is. Gelukkig het almal my ondersteun . Dankie vir jou liefde ook ek waardeer dit baie.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s