Liewe Daboek: Dag 17 Mei


Sjoe wat n dag was dit nie gister nie!
Net eers ‘n groot DANKIE aan al my liewe vriendinne wat saam met my geween en tande gekners het gister. Jul weet nie hoe goed dit my gedoen het om al jul liefde en ondersteuning te ondervind nie. Gelukkig het die ander hulp-personeel saam met my gevoel en kon ek my in hul simpatie en meegevoel koester. NOG WEER BAIE DANKIE en lief jul almal.

Na my ongelukkige ervaring gister het daar nog dramas die middag gebeur.Die stoute E is uit naskool en voorskool verban vir twee weke wat Maandag begin. Dit gaan ‘n heerlike twee weke wees so sonder hom. Die beste van alles is sy maatjie is toe ook uitgesluit vir twee weke want die het Woensdagaand homself so wangedra toe hy moes huistoe gaan dat hy sy derde skriftelike waarskuwing gekry het.
Toe ek gistermiddag by die skool kom het ek gevoel om sommer ‘n uur af te vat en net te gaan shop. Ek het dit toe gereël maar dit toe nie gedoen nie want ek het nie geweet van die ander kind se wegwysing nie. Toe ek oppad uit was om te reël vir uur se afgaan het die kind se pa aangekom om die kinders op te laai. Terwyl ek met sekretaresse reël in die kantoor het die pa blykbaar my Supervisor aangeval en haar sleg gese dat die see haar nie kan afwas nie. Hy is toe weg. Toe ek terugkom om te se van uur af, vertel die supervisor my wat gebeur het en dat die kind so onhebbelik was die vorige dag. Ai, toe gaan my hart uit na my Super en se toe dis “okay” ek sal bly. Sy moenie worry nie. In die tussentyd is die ander hulp daar uit met haar hande in die lug en se sy het genoeg gehad van alles.
Sug… Wow, wat n middag. Gelukkig kon ek weer sterk staan en aangaan.

Vanoggend het ek heel verlig opgestaan. Dit was asof ‘n las van my skouers af was. Ek dink al die Toewerinne se ondersteuning het my weer laat opstaan en aangaan.Selfs my seun het ook meegevoel gehad wat ek ook waardeer.
Die kinders was maar hul woelige self. Daar is egter ‘n verskil tussen woelig en die manier van gewelddadig op te tree teenoor ander.
My oggendlopie was heel lekker. Ek het met die eende vrou gepraat en ‘n paar gedagtes uitgeruil. Ek gaan nog, sodra ek niks het om te skryf nie, vertel van al die mense en diere wat ek elke oggend langs die pad kry. Ons weet presies waar wie bly en wanneer watter honde vir ons gaan blaf.
Vanmiddag gaan ek ‘n uur langer werk omdat my Supervisor na n vakbond-uiteet-vergadering moet gaan.
Tot dan toe, soos my Ma altyd gese het: Hou de moed der maar in!

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

9 thoughts on “Liewe Daboek: Dag 17 Mei”

  1. Ma sê sy stem saam met Hester. Sy weet nie hoe hou jy dit uit nie maar gelukkig het jy vir Trompie daar om jou te kalmeer. Ma sê ek werk vir haar as sy ongelukkig of hartseer is. Dan hou sy my net styf vas en dan voel sy weer okay. Sy sê jy het seker baie geduld want sy sou lankal iemand vermoor het. haha

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s