Liewe Dagboek: Dag 18 Mei, Trompie vertel.


Liewe dagboek: Trompie gaan vandag vertel van wat hy alles beleef op ons omswerwinge in die omgewing. Einde Maart 2018 het ek en Trompie in ons nuwe blyplek ingetrek. Dis ongelooflik hoe die tyd vlieg. Ons moes weer van vooraf aanpas en nuwe vriende maak. Trompie is so uitreikend dat mense hom net nie kan ignoreer nie. Hy weet presies wat hy met wie en wat om te doen. Vriendelik wees, ignoreer of storm en gryp.
Trompie skryf:
Dankie, my liewe ma, vir die geleentheid om ‘n bietjie te verduidelik hoe die daaglikse lopies hier verloop. Ek dra die stuk spesiaal op aan ‘n nuwe vriend met die naam van Rambo. Hy is ‘n ToyPom wat ook sy lewe saam met sy liewe Mamma beleef.

Ook vir al die Towerinne wat my Ma so opgebeur het gedurende die paar dae wat sy in ‘n krisis was. Ek het haar met valkoë dopgehou en gesien sy was baie ontsteld. Gelukkig lyk dit of ons weer in kalmer waters vaar.
Hier gaan ons dan nou!
Vroeg oggend loop ons net ‘n vinnige blok om. Ons ontmoet al die vriendelike tannies by die busstop wat wag vir die bus om Wellington toe te gaan (6:40 vm) Hul vra altyd hoe dit gaan en gee my so ‘n krappie of twee. Entjie verder is daar n groot fris jonger tannie wat vir haar geleentheid wag. Sy gee my ook altyd ‘n vinnige krappie. Sy werk by ‘n mindergegoede kinder-versorgsentrum. Dan is dit met ‘n vinnige stap huistoe.
So teen 8:45vm kom Ma by die huis en gaan ons vir ‘n lekker langer loop. Die roete wat ons meestal neem gaan ek beskryf! Eers my leiband om die nek, poo-sakkies in Ma se sak en weg is ons. Ooo, moenie die sleutel vergeet nie want dan sit ons buite!
Ons draai meestal regs uit die hek; ek wil baie kere links draai maar Ma laat ons eerder regs draai omdat as ons links draai ons verby die skool moet loop waar kinders aankom vir die begin van die dag. Ek hou nie van hul lawaai en gestorm nie.


Die pad is twee bane met ‘n middelman in. Dis so gebou omdat dit op die sogenaamde Wellington fault-line gebou is. Die middelman gee geleentheid vir beweging sodat die pad nie maklik verbrokkel gedurende ‘n aardbewing nie. Elke geval, ek wys meestal vir Ma of ons reguit moet loop, en of ons moet oorgaan na die anderkant van die dubbel straat. Hier is n foto van hierdie kant van die straat.

Oorkant is die plasie waar daar skape wei wat ek met tye groet. Vandag het ons oorkant toe gegaan.
Volgende kom ons by die eende Tannie. Sy kom gereeld om die nuutste stories te vertel oor wie wat doen. Die eende was nog bietjie slaperig vanoggend. Ek sou nogal ‘n jaagie wou inkry maar Ma hou my altyd in.


Twee huise verder is daar ook ‘n huis waar eende hul tuis gemaak het. Hulle het afgeskei van die hoofgroep. As ek die kans kry bestorm ek hul net gou-gou om hul te wys hul moenie so naby die sypaadjie kom nie.
‘n Paar huise verder woon daar ‘n issigrimmige wolfhond. Hy sal my sommer doodbyt as hy die kans kry. Gelukkig is hy meeste van die tyd in die huis. Op die hoek kom ons ‘n ou Oomie met n knorrige klein brakkie teë. Sy wil sommer met my baklei die klein pes. Ek draai net my rug op haar en loop weg.
In die volgende blok is daar ‘n Staffie wat meestal vir my staan en wag. Hy wil altyd net gou hallo se en ek het meestal nie lus daarvoor nie. Ma roep my altyd terug om hom te gaan groet. Meeste van die tyd as ons by die staffie verby is loop Mark, met twee vet ou logge bulhond tipes. Mark is altyd baie vriendelik maar die twee honde hou nie van my nie. Hul wil my net gryp as ons aan dieselfde kant van die straat loop. Hul is netso oud soos ek maar hul loop en lyk soos twee stokou honde. Daar is ook ‘n Omie wat ‘n hartaanpasser het wat altyd baie vriendelik is. Ma en hy ruil altyd ‘n paar nuwe gedagtes uit. Hy loop elke dag die drie km dorp toe en weer terug om fiks te bly.
Die volgende straat het net in die begin twee wolfhondtipes wat altyd blaf. Ek wil egter nie rerig nader gaan nie want hul is nie te vriendelik nie. Sodra die twee begin blaf gaan ‘n hond wat binne opgeluit is mal te kere aan die anderkant van die straat. Dis net te erg.
Daar is dan ‘n stuk met geen ekstra opwinding nie. Net hier en daar ‘n kat wat buite sit en vir my weghol. Die volgende straat het ‘n Omie wat, in sy Campervan, voor ‘n huis parkeer. Hy het ‘n Australiese Silky wat gereeld vir my blaf in die van. Party dae loop sy buite dan kan ek behoorlik met haar kuier. Soms kom ons ook Ma se Supervisor en haar man met Jimmy teë. Hy is n Griffen en baie outgoing en wil net spring en klim.
‘n Tannie met net nog ‘n paar tande in haar mond met twee swart groterige brakke kom ook gereeld verby. Die twee is netso issigrimmig en Ma hou my maar weg van hulle af terwyl sy my die Tannie praat.
Vanoggend het ons ook weer ‘n ou Omie teegekom wat twee tipe toy-poms het. Hul is heel geleerd. Hul is nie aan ‘n leiband nie maar luister baie mooi na hul baas. Ek se hul hallo en ons loop verder.
Terug in my straat is daar ‘n huis met ‘n bullmastif. Hy storm altyd die hek en as ek nader staan hol hy weg! Sy Ma se hy is vreeslik bang van aard. Langs die boel woon daar twee amper wit vegboel-tipe honde. Ek is maar skrikkerig vir hulle. Een storm meestal die draad terwyl die andereen net soetjies nader sluip. Hul kom gereeld uit en Ma is baie bang vir hulle want die eerste keer wat hul uitgekom het wou hul my aanval. Gelukkig was daar ‘n andr hondetannie wat hul aandag afgelei het en kon ons veilig wegkom.
Die laaste is die bure se kat wat ‘n regte boelie is. Sy wil he Ma moet haar streel en as ek naderkom bestorm en klap sy my. Eks maar skrikkerig vir haar. Dis onder andere ook sy wat my tuin as haar toilet gebruik. Die bure het wraggies vier katte en ‘n hondjie wat altyd blaf om terug in die huis te kom na hy geëet het.
Maggies dit was darem ‘n lekker lang gesels gewees. Hoop nie jul het aan die slaap geraak nie!
Groete aan al Ma se geliefdes. ‘n Klomp lekker lekke en High Paws aan julle.

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

20 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 18 Mei, Trompie vertel.”

  1. Nou toe daar het ek nou jou buurt beter leer ken. Soos dit in die lewe gaan is daar maar die goeies, en die slegtes in jou dierewêreld ook. Mooi loop!!!

    Like

    1. Aangename kennis Ringo en Milo. Dis mos waarvoor ons hondekinders daar is. Ons lief ons Ma’s .Bly jul kon bietjie saamstap. Ek hoor jul bly op n plaas. Sal wat wil gee om bietjie te kan rondhol en nie net altyd aan die leiband te wees nie.

      Like

  2. More liewe Trompie en baie dankie vir die spesiale opdra. Jy laat my nou ekstra spesiaal voel. Baie dankie aan jou en jou mamma. Julle is so dierbaar. 😀

    Ek kan sien jy geniet jou lopies baie! Ek en mams het omtrent lekker gelag oor hoe jy almal verduidelik. Hier by ons gaan dit net so en ek is ook lief om die ganse by die rivier te jaag. Dis nog lekkerder om die Hadedahs te jaag maar ma hou my maar ook in.

    Ek is bly om te hoor dit gaan beter met jou mamma. Ek is nog steeds lus om my tande in daai man in te sink en ma sê sy wil hom net ‘n lekker taai klap teen die oor gee.

    Jy en jou mamma moet jul naweek geniet. Ek en ma is nog lui vandag. xxx

    Like

    1. Ja jong daardie man sal ook met my tande te doen kry as ek hom eendag ontmoet wat ek hoop nooit sal wees nie. Jong ons tyd is twaalf ure voor julle. Dis nou amper half tien in die aand en slapenstyd vir ons. Geniet die res van die dag.

      Liked by 1 person

  3. Liewe aarde, Trompie, jy het omtrént baie geselskap wanneer jy jou draaie gaan loop. Nie altyd goeie geselskap nie, maar darem. Ek kon nie help om te lag vir die Bull Mastiff wat so bang is nie – hulle is mos groot honde. Bly maar weg van alle katte af, hulle is meesal ongeskik en probeer altyd wys dat hulle beter is as honde.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s