Uiteindelik gun ek myself om gou ‘n bietjie te kou aan alles wat ons moet doen vir ons gedekte tafel op die dorpsplein. Dit gaan ‘n fees afgee. Ek het by almal ingeloer wat al iets voorberei het en susters, ons gaan eet vir weke. Alles lyk lekker en ek sal nou my gaste moet aanjaag om plan te maak om reg te maak om te gaan.
Toortsie het goedgunstelik my gehelp met die beplanning van my geregte. Sy gaan vir my ‘n heerlike broccoli-sop maak en ‘n groenterige slaaitjie daarby. Die sop ruik heerlik en die bak slaai lyk ook aanloklik.
Ek het my hand gewaag aan ‘n varkpens(pork belly) gereg. Dis vir my interessant dat daar so baie vark op die tafel is.
Hier volg die resep:
Bestanddele:
1 kg varkpens ontbeen
Marinade
2 eetlepels Manuka heuning
2 eetleepels donker soja sauce
1 eetlepel balsamic asyn
1 eetlepel olie
4 heel steranys
2 knoffelhuisies gekneus
Metode

  1. Maak snytjies omtrent 1 cm uit mekaar en diep in die vel en vet.
  2. Verwarm heuning,soja sous,asyn, olie, heel anys en knoffel.
  3. Plaas die vleiskant in die marinade vir tot 2 ure, moenie dat die marinade op velkant kom nie.
  4. Verwarm oond 180 grade. Sit vleis op n druprak en vryf sout in die vel. Plaas in bakskottel.Gooi oorgeblewe marinade in pan en vul op met water tot so 1cm op die bodem van pan. Bak die vleis vir tot 4 ure. As die vloeistof te min word vul dit aan met bietjie water.
  5. Bedruip die vel met van die souse en braai verder vir 15 minute. Sit die vleis onder die grill en braai, hou net dop dat dit nie brand nie.
  6. Haal uit die oond en laat rus vir ‘n rukkie voordat dit in skywe gesny word.
  7. Dien op met rys en gooi sous oor.
batjpg2

Dit het nogal tyd gevat om voor te berei. Dit is gelukkig ‘n sukses en ruik en lyk heerlk.
My vriende is gereed om aan te stap na die plein.

https://www.nzherald.co.nz/nz/news/article.cfm?c_id=1&objectid=3049184


Aan my regtekant gaan Don Clark sit. Hy is die wonderlikste persoon.Nie net ‘n goeie rugbyspeler van vormaat nie maar ook ‘n mens, mens. Sag van aard en baie rustig.
Terwyl ek nog n jong meisie was, en daar nie TV en al hierdie moderne dinge om wedstryde te kan kyk nie het ons as familie Saterdag na Saterdag voor die transistortjie gesit en luister hoe Gerhard Viviers die wedstryd beskryf. Ons was alger Springbok onderseuners en het gejuig as hul goed doen en ge-booo as All Blacks so hard met Springbokke werk. Ek het Don Clark se fotos uit die koerant geknip en teen my muur geplak. Hy was vir my die verpersoonliking van hoe ‘n man moet wees, min wetende dat ek later jare met ‘n lang en groot man sou trou!

https://en.wikipedia.org/wiki/Naas_Botha


Dan links van my plaas ek ‘n mannetjie wat ek eintlik nie voor my oë kan verdra nie. Hy is vir my arrogant en baie soos ‘n vlooi wat jy nie gevang kry nie en jou kom byt dat jy jeuk. Hy dink heeltemaal te veel van homself. As mens, is hy ook nie juis my “cup of tea” nie.
Onthou net dis hoe ek voel. Daar kan van julle wees wat hom bewonder. Hy het baie goed met rugby gevaar, wat uitstekend is ek kan dit nie wegpraat nie.
Daar het jul dit nou. Ek sal beslis lekker met Don kan praat omdat hy eintlik ‘n boer was.

WIL JY KOM SAAM KUIER? MAAK SO:

Ons langtafel is sosiaal en gemeensaam van aard. Ons kinkel is dat elke Towerin en Blogmaat plek vir haar of homself en twee gaste aan die tafel het. Dit moet ‘n beroemde of bekende persoon wees – een wat jy bewonder en een wat jy verpes. Dis nou lewendes en die wat ons reeds vooruit is. (Broodina het ons mos geleer om selfs die van wie ons nie so baie hou nie, te aanvaar.)

Ook moet jy asseblief iets lekker bring om aan jou gaste en ons ander voor te sit. Vertel hoekom, en deel die resep as jy wil.

Kom ons kuier, begrawe strydbyle, bou brûe, smee vriendskapppe en smul lekker saam soos net Rebusfonteiners kan.

Voorbeeld Vonk

Towerin 17 Onbekend bring vir John McEnroe van tennis faam omdat hy so vreeslik kon vloermoer en dis nie sportmanskaplik nie en sy bring vir Dolly Parton omdat niks haar onderkry nie, nie eens spottery nie!

Smulgoed wat sy bring is Makataankonfyt en varsgebakte brood.

Mik om so 500 woorde te skryf dat ons lekker kan lag en lees en mense leer ken.

Onthou om jou bloginskrywing op Inlinkz te gaan haak:

https://fresh.inlinkz.com/p/f3a95533873d4e39950509a1af369d8a


22 responses to “Rebusfontein Langtafel”

  1. Kameel Avatar

    Uiteindelik weet ek wat op daardie skinkbord was wat jy langtafel toe gedra het. Ag hoe jammer ek het nie saam met my pa na daardie luiddrugtige rugbyuitsendings geluister nie…dan het ek ook geweet wie is John Clark. Jou probleem met die ander mannetjie is uitsorteer…Una sal met hom gesels…of Broodjie 🤔

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Tall dark and handsome die Don Clark en dan speel hy nog goed rugby ook. Ander outjie steur ek my nie aan nie.

      Liked by 1 person

  2. Tannie Frannie Avatar

    Oe, sal jy my groot asseblief aan Don Clark voorstel? Toe ek in st 8 was het my pa my saamgevat na ‘n wedstryd teen die All Blacks op Ellispark en ek kon my held Don Clark sien heelagter speel. Vir die okkasie het ek ‘n nuwe driekwartjassie van vaalgroen suede gekry. Dit was ‘n heerlike uitstappie saam met my liewe pa. Ai, Ineke, ek onthou ook daardie Saterdagmiddae rondom die radio.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sal jou beslis voorstel. Hy is so n rustige mens. Daardie dae kan mens nie sommer vergeet nie.

      Liked by 1 person

  3. Una Avatar

    Oooeee, twee rugbymanne! Ek sal met Naas gesels, Scrapy, los hom vir my. Ja, en kan jy glo, nog ń heerlike varkgereg. Hierdie een gaan ek vir my Bertus maak!

    Liked by 1 person

    1. Kameel Avatar

      Bedoel jy hiermee Bertus is ‘n vark Una? 🤔

      Liked by 1 person

      1. Una Avatar

        Kameeltjie, sies, my man se favorite is alle vark geregte!

        Liked by 3 people

        1. Kameel Avatar

          Dis in my om te terg Unatjie 🤗 Hoop jou Bertus smul heerlik aan al die varkgeregte wat jy vir hom gaan maak!!!

          Liked by 1 person

          1. Una Avatar

            🤗Dis een van die redes hoekom ek vir jou lief is, ek verstaan jou terg.🙄🤔🥰

            Liked by 2 people

            1. Kameel Avatar

              ❤ Dankie!!!

              Like

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir die geselskap vir Naas. Die varkpens is beslis die moeite werd om te maak.

      Like

  4. HesterLeyNel Avatar

    Ek het jou skakel op InLinkz geplaas.

    Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel Avatar

    My man sal baie jaloers wees as hy verneem van die gereg wat jy tafel toe gebring het. Ek koop so nou en dan pork belly vir die rooster. Jou marinade klink heerlik. Ja, ek is heel ingenome met die baie varkvleis op die tafel. Dis een vleissoort wat goed met my akkordeer – lig en maklik om te verteer. Ek kan dit egter nie te veel voorsit in my huis nie, want my mense is mos allergies vir jodium, wat volop in varkvleis voorkom. Dit verhoed hulle nie om saam te smul as ek dit wel gaarmaak nie. Die gejeuk en onderstebo mae word net eenvoudig behandel met phenergan. Horie, en ek kan nou nie vir Don Clark onthou nie, maar ek onthou vir Spiekeries (Gerhard Viviers). Hy het ons ure se genot verskaf – beide rugby- en boksuitsendings. Ons moes hom eintlik genooi en hom seremoniemeester gemaak het.

    Liked by 2 people

    1. Tannie Frannie Avatar

      😀 Kan jy dink hoe sou Spiekeries ons Langtafel uitgesaai het?!

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Dit hang af aan wie se kant hy was. Hy was altyd maar goed bevooroordeeld as hy sport uitgesaai het – sy gunstelingspan is altyd luidkeels aangemoedig.

        Liked by 1 person

        1. Tannie Frannie Avatar

          Nouja, Towerinne is mos lief vir die kalklig en aanhitsing…

          Liked by 3 people

        2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dis mos hoe dit hoort. Jy skree mos vir jou span! (tong in die kies hoor)

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar

            Haha, ons het hom so geniet.

            Liked by 1 person

      2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Dit sal die cherry op die koek of al die varkvleis wees.

        Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Varkvleis is ook altyd een van my keuses. Ag ou Spiekeries was ook maar enig van sy soort. Ek hoor nou nog sy stem as ek mooi dink.

      Liked by 1 person

Leave a reply to Una Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.