Liewe Dagboek: Dag 21 & 22 Mei


Toe skip ek weer ‘n dag. Gister was egter heel rustig en sonder verdere voorvalle. Ek het ‘n teetjie met my Dinsdagvriendin gaan drink. Ons kuier altyd heerlik vir ‘n uurtjie. My vriendin is nogal vol fiemies as dit by haar koffie smaak kom. Meeste van die tyd hou sy nie van die koffie wat in die verskillende plekke aangebied word nie. Met dit in gedagte kuier ons van een kafee/koffieshop na die volgende. Die laaste paar Dinsdae het ons by MaC Donalds gaan drink omdat ons die drinkgoed gratis kry met ons “Gold cards”. Jy moet net iets anders koop soos bv ‘n broodjie of n muffen wat ons dan ook doen. Die probleem was hul het nie juis ‘n keuse van eetgoed nie. Ons het maar telkens die wortel en neute muffen gevat omdat dit al was wat darem nie te soet was nie. Gister het ons egter na ‘n ander koffie plek gegaan. Dit is deel van ‘n mans haarkapper. Die tee/koffie en savoury muffen was nie juis iets om liries oor te raak nie. Ek glo nie ons sal weer soontoe gaan nie.
Vandag 22 Mei was weer nie te sleg nie!
Dit het vroeg oggend gevoel of ek by die see is. Dit was nie koud nie. Bewolk en so ‘n regte see-klammigheid in die lug.
Woensdae is dit tyd vir “Time Bank” se teedrink by die Mayfair kafee. Ek doen dit nou al vir die afgelope sewe jaar om so saam met ‘n klompie mense te gesels en te kuier. Baie het al gekom en gegaan. Ek is maar een van die weinige gereelde kuier ouens. Buite die kafee, op die stoep, is daar ook ‘n groep vroue wat soggens ‘n koffietjie drink en ‘n sigaretjie rook. Ek gesels ook eers met hulle voordat ek ingaan na my groep toe.Dis ‘n groepie uiteenlopende persoonlikhede. Een is n oud honde-afrigter wat wolfonde gehad het. Ander een is in ‘n rystoel wat Multiple scleroses het en sy het ‘n oppasser wat haar rondry. Nog een is ‘n deftig gekleede dame wat ‘n hart van goud het. Baie innemend en simpatiek. Ook ‘n jonger vrou wat nuut is wat n “ongeskikte” hond het wat net teen my wil opspring en probeer om my te domineer.
Ons naskool is Woensdae meestal baie besig en vanmiddag was nie anders as voriges nie. Kinders krioel en hardloop, ry met hul scooters en gil en skree. Dis egter goed. Hul raak ontslae van hul energie.
Wat egter die lekkerste vandag was, was dat Bertus vir die derde aand met Bea ‘n draaitjie hier kom maak het. Hy het net van sy parte kom kry. Terwyl hy garage toe is het ek en Bea bietjie gekuier. Ons het vanaand ‘n storieboek gekyk. Een van die stories was”There’s a hole in the bucket” Liza is ‘n vet eend en Henry ‘n bokkapater.
Toe die twee wou ry het hul Bea se poppie vergeet. Ek het hom gou vir haar gaan haal. Gemaak of hy vreeslik huil en na sy Mamma verlang(amper het ek Bea toe ook aan die huil gehad)
Die lekkerste lekker was toe Bea se: “Bye-bye, I love you!”
Dit doen my ou moeder hart goed om sulke liefdetjies te beleef.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

24 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 21 & 22 Mei”

  1. Ek het nou sommer so van bo ingehaal op jou dagboek skrywes. Jy is ‘n besige vrou Scrapy….maar ek is bly om te hoor jy maak lekker vriendintyd by die coffee shops ook.

    Like

    1. Ek is baie dankbaar dat hy so dierbaar is. Hy het my bv nooit regtig weggeskuif nie al gee heer die aandag aan sy gesin. As hy nie klein Bea bring nie sal sy nooit by my uitkom nie. My Sondag kuiertjies by hulle realiseer die laaste tyd gladnie weens ander reëlings elke keer.

      Liked by 1 person

  2. Die liewe kindertjies se liefde loop so oorvloediglik oor as mens net so ‘n ou bietjie met hulle speel – dis so kosbaar! Ek onthou hoe klein Gabby haar armpies om my bene geslaan het – “Ek is lief vir jou, ouma!” – nadat ek “Ou Oom Klasie het ‘n plaas” gesing het dat my tong uithang 🙂

    Like

    1. Ai dis te dierbaar. Bea sal my met die inkom net skrams n soentjie gee maar dan n rukkie later gooi sy sommer die armpies om my nek en druk my styf vas. Die ogies hou my ook die hele tyd dop om te sien of sy maar goedjies mag vat om mee te speel.

      Liked by 1 person

  3. Ek is bly as jou daggies sonder voorvalle verloop. Dis lekker as dit so is. Klink asof jy te lekker kuier en ja, dit is ongeskik om so teen mense op te spring. Gelukkig het ma my maniere geleer. 🙂

    Die stories klink te oulik en gelukkig het jy Bea se poppie onthou. Mens raak alleen sonder jou speelgoed. Sy klink asof sy te dierbaar is vir woorde. 😀

    Like

      1. Ma sê sy verstaan presies wat jy bedoel want hier gaan dit ook so. Haar vriende bly in haar rekenaar en hier het sy net vir my en ons gesin. Sy wil nie vriende meer hier maak want die mense skinder te veel en sy hou nie daarvan nie.

        Ek kan dink hoe lekker kuier jy en Bea. Ek hoop sy kom kuier meer vir julle. 😀

        Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s