Liewe Dagboek: Dag 23 Mei


Vandag het heerlik uitgedraai. Dit was eers maar goed koud. Die son het die hele dag heerlik geskyn.
Donderdae, is my by die huis bly oggend van die week. Ek het die pakkies gepak en Bertus het dit die namiddag kom haal om te pos.
Ek het verder die hele oggend gesit en Trompie se dagboek inskrywing in Engels vertaal sodat ek dit more vir die skryfgroep kan lees. Dit het my twee en ‘n half uur geneem om te vertaal en te herskryf sodat dit ten minste leesbaar is.Party dae wonder ek of ek so stadig is en of dit regtig so baie tyd vat om ‘n stuk in afrikaans na Engels oor te sit. Die stuk het 1145 woorde of twee A4 bladsye.
Die naskool was goed besig. Die een helper was weer siek terwyl my supervisor gekla het dat sy ‘n slegte maag het en net gaan hol as sy moet.Alles het darem nie te sleg afgeloop vir vandag nie.
Nou gaan ek rustig nog n uurtjie sit en Grand Design UK kyk en hopelik my voorpant se nek klaar brei. Kannie wag om my oortrek truitjie aan te pas nie.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

4 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 23 Mei”

  1. Daar is twee wêrelde tussen Afrikaans en Engels. Die hele taalstruktuur verskil en ek probeer gewoonlik nie eens om ‘n stuk woord vir woord te vertaal nie. Die taal waarmee jy besig is moet dieselfde storie vertel in sy eie woorde. Sterkte hiermee.

    Liked by 1 person

    1. Dankie, ek verstaan en voel ook so. Ek het op n stadium vir een van die tutors gevra wat hy dink daarvan om in Afr of in Eng te skryf. HY beveel toe aan om te begin om in taal waarin jy die gemaklikste voel te skryf. Daarna as jy al die inligting neergeskryf het begin jy dit oor te sit in bv Engels.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s