Liewe Dagboek: Dag 27 Mei


Die lug was redelik bewolk vanoggend. Die temperatuur was 16 grade wat beslis ongewoon warm is vir amper einde Mei. Dit voel half lente! Die voëltjies het sommer vroeg heerlik gesels wat ook ongewoon is. As iemand nou nog nie glo in “Global Warming” nie dan moet hy sy kop laat lees. Hierdie weer is beslis nie normaal as mens dit so kan noem nie.


Donderdag het ek ‘n fiets langs die pad gekry wat verniet weggegee word. Ek het gedink dit sou ‘n lekker fietsie vir Bea wees. Bertus sê toe dat dit minstens nog drie jaar sal neem voordat sy dit sal kan ry. Ek het die fiets toe vanoggend saamgevat vir gebruik deur die voor- en naskool kinders. Dit was nogal ‘n hele opwinding. Twee ouer seuns het gehelp om die fiets uit te laai. Hul het sommer dadelik opgeklim en beurte gemaak om te ry. Ons het reeds twee fietse wat aan ons geskenk is in die begin van die jaar. Nou is daar drie wat gelyk kan ry.
Na my oggend sessie het ek gaan kyk vir n lekker jas vir die winter. My klere is regtig verby hul dra tyd. Die jas moet ook lank genoeg wees om my bobene toe te maak in die koue. Dis waar ek die koudste kry. Nadat ek na ‘n winkel gegaan het wat redelik goedkoper jasse ingekry het, het hul nie my grootte nie. Toe gaan ek maar na ‘n duurder winkel en sien toe alles is ten minste 25% afgemerk. Daar was gelukkig iets waarvan ek gehou het. Ek besluit toe om maar oë toe te knyp en dit te koop. By die betaalpunt besluit my bankkaart om nie die transaksie te doen nie want… raai wat? My geld van die skool was nog nie inbetaal nie. Dit het nog nooit gebeur dat my kaart nie aanvaar is nie. Ek was half ongemaklik. Gelukkig kon ek reël om die jas more te kry. Die betaling het toe eers na een deurgekom. Ek het maar nie brood en melk gaan koop nie vir ingeval dit steeds nie deurgaan nie. Noudat ek daaraan dink, ek het nie melk om vir my warm sjokolande te maak voordat ek gaan slaap nie. Gladnie goed nie!


Vanmiddag was heel bedrywig gewees. Kinders was baie lawaaierig. Vroeg in die middag voordat die skoolbus nog gery het, het ek sirenes gehoor. Dis egter niks ongewoon nie.
Later die middag kom ‘n ma daar aan en vra of ons weet wat aangaan ‘n entjie af in die straat. Daar is seker vyf polisiemotors en twee ambulanse. My supervisor het gaan hoor of iemand iets weet. Die radio het blykbaar gese dat ‘n “mongrel mob” lid papgeslaan is en langs die pad afgegooi is. Wat ‘n opwinding, voel soos die wilde weste.
Ek het vir my “fish and chips” gekoop vir aandete en beplan om betyds in die bed te klim.

NS: Liewe Rambo, ek voel van de naweek af weer baie beter. Wil nou nie te gou bly raak nie maar ek dink die klippertjies het hopelik uitgekom.Daar is nie meer so ‘n erge irriterend gevoel nie.
Dankie vir al die ondersteuning van jou en jou Ma se kant. Lekker soppie lekke vir julle.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

19 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 27 Mei”

  1. Dit klink daar by julle so warm soos hier by ons. Ek weet nie van die global stories nie, maar ek dink die ysbere kry ook warm. 🙂

    Dis nou gaaf van die mense om die fiets weg te gee. Jammer dat Bea dit nog nie kan ry nie, maar dis goed as die kinders by die skool dit kan gebruik.

    Ma sê die klere hier is ook net so duur. Sy sê as dit nog so aangaan sal ons almal een van die dae soos Adam en Eva moet rondloop. Dis nou regtig nie lekker dat die skool die geld so laat inbetaal het. Skaam hulle!

    Dit klink omtrent soos die wilde weste daar. Gelukkig het jy vir Trompie om jou te bekerm. 🙂

    Hallo Trompie! Ek is baie bly om te hoor jy voel beter. Jy moet nou net so gesond bly hoor. Dis nie lekker om siek te wees nie. Ek en ma dink altyd aan jou en jou ma. Dankie vir die lekke en hier is vir jou en jou ma ook baie nat soene en drukkies. xxx

    Like

      1. Dankie Trompie en dieselfde vir jou hoor. Stuur groete vir jou Ma ook. Sy moet die afdag geniet. Ek hoop die onderwysers strike in vrede. 😀

        Like

          1. Dit is goed. Ma sê sy stem saam. Onderwysers het moeilike werk en moet baie geduld hê. Ek kan net dink hoe swaar dit moet wees om kinders te leer wat nie maniere by die huis kry.

            Liked by 1 person

  2. Nou moes ek eers vir jou en die wilde weste lag. Hoop jou jas dra lekker. Is die warm sjokolade jou winter bederf? Gewonder hoe gaan dit met Trompie.

    Like

  3. O, lus ek nou onmiddellik jou vis-n-tjips. Ek is bly oor jou lekker warm jas. Ek het twee sulke warm jassies saamgebring van my werksdae af en hulle hang al vier jaar in my kas. Dis te warm hier vir daardie jasse, maar ek wil hulle nie wegmaak nie, want ek beland so nou en dan in daardie koue Gauteng. Ek sit nou (vyfuur in die middag) met ‘n ligte sweetpakbroek en kortmou t-hemp. Tog is dit nou reeds baie koeler as vroeër in die jaar.

    Like

    1. Die jas is n ligte jas wat sommer shoerproof ook is. Ek hou nie van die swaar jasse nie dit maak my benoud. Ek kry ook maklik te warm. Hier loop ek ook nog met n kortmou t-hemp rond. Sodra die sonnetjie begin water trek kan mens egter voel dis nie meer somer nie.

      Liked by 1 person

          1. Ek het al gehoor dat die boere kla as hulle nie ‘n “ordentlike” winter kry nie. Ek weet die wynboere, byvoorbeeld, maak staat op koue winters om te help met die uitroei van plae en insekte en ook om die wingerd kans te gee om behoorlik te rus. So ‘n verandering in die weerpatrone is dus nie altyd welkom nie.

            Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s