Le-Jou-Eier: Probleme met Rebusfontein gaste


Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Las jou storie aan by hierdie InLinkz skakel: https://fresh.inlinkz.com/p/f68a9fa9110148b1ab92181b21eb7d51

Ons gaan twee weke kans gee vir hierdie skrywe (tot 30 Mei), ingeval jy moet terugverwys na die vorige blogs. Kyk heel bo aan hierdie blog – ek ek het die skakel vir die vorige blogs sommer daar in die eerste sin gegee.

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om aankondigings van die nuwe onderwerpe te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Genade Kameel nou het ek alles gehoor en gesien. Trompie, die rakker, het wraggies my aan die eenkant teleurgestel maar aan die anderkant is ek heel trots op hom dat hy die moed bymekaar geskraap het om Blondi te beindruk met sy goeie maniere!
Die klomp katte op die reëling het hom natuurlik eers ontstel maar hy het toe net oë vir die aanloklike Blondi gehad dat hy hul sommer net geignoreer het. Hy is gladnie lief vir Wolfhonde nie want hul geaardheid is presies soos Hitler sn. Gelukkig is beide honde Duitsers en dit het dit maklik gemaak vir Mr T om sy Duitse sjarme op haar uit te haal. Tot vir haar ‘n ekstra GROOT sappige varkboud aangebied. Ek het al gewonder wat van die boud geword het.
Na die petalje met Trompie en Blondi op my voorstoep moes ek eers vir Porkie kalmeer. Hy wou sommer Hitler se oë uitkrap toe hy die twee honde wou skei.
Ons het die spulletjie toe maar hul eenkantgeit gegun en terug na die etenstafel gegaan.

Image result for Silhouette two dogs in love


Zuma het lekker met die Kardasians gesels. Dit lyk of hy ‘n oog op almal het. Hy is mos ‘n man van vele vroue. Sy mansion is groot genoeg om hul almal te huisves. Ek vermoed hy soek ook bietjie van hul “rykdom” om in sy eie sakke te pak.
Met tye het ek maar my kop weggedraai om nie te hoor wat die 20jarige Vuurvliegie alles kwytraak nie. Sy’s darem maar ‘n regte vuurvreter. Sy het Naas mooi vertel wat sy van hom dink. Naas het rooi en tot half blou in sy gesig geword van ongemaklikheid. Ongelukkig is hy nie ‘n patch teen Vuurvliegie se tierade nie. Hy het maar later stil gebly en haar om verskoning gevra dat hy so eiegeregtig opgetree het in sy jeugjare.
Ek is maar stil van geaardheid en hierdie etery en geselsery het my asem weggeslaan. Ek het nie woorde om alles te beskryf nie. Gelukkig het ek my gehoorapparaat tuis gelos en kon meeste nie hoor nie.

Die kos was egter uit die boonste rakke. Dankie maters vir die puik eetgoed wat almal voorgesit het.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

22 thoughts on “Le-Jou-Eier: Probleme met Rebusfontein gaste”

  1. Mr T en sy Duitse sjarme 😍 Ai, ai en dan het hy nogal die grote varkboud gegaps. Miskien word jy en Hitler aangetroude familie 😂😂😂😂 Scrapy jy het my nou lekker laat glimlag oor die gehoorstuk by die huis vergeet. Ook maar beter so!!! Liewe ek is bly ek was nie Naas nie…pssst moenie dat Vuurvliegie hoor nie “Is ons nie veronderstel om ons Naaste lief te hê nie?”

    Like

  2. Jinne Scrapy….ek het gesien Naas staan by Erna en praat…dis nou nadat hy en Don Clark ‘n paar skoppe geoefen het. Ek skat mens kan ook net SO lank oor rugby praat maar ek het nie als gehoor wat Erna vir hom gesê het nie…ek het hom net hoor prewel. Iets van…..”dis mos nou alo soveel jare later, was ek regtig so krater?”

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s