Gister is verby sonder dat ek by skryf kon uitkom.
Die naskool was heel rustig. Daar was net so 25 kinders wat dit lekker beheerbaar gemaak het. Dit was nat en die kinders moes binne bly. Klein Jesse, 5 jaar, was natuurlik uit sy kassie. Dit hol en spring en raas. Skielik besluit hy om die bank te skop. Sommer net omdat hy dink dis cool.
Ek vang hom met die volgende skop: “Wat dink jy doen jy?”
Ek het nogal hard en half kwaai gepraat. Arme kind het dit nie verwag nie. Hy staan met groot oë wat begin waterig raak en kyk vir my. Ek kon nie help om te lag nie. Gelukkig het ek my pose gehou en mooi verduidelik dat dit nie gedoen word nie. Jesse kry sulke bevliegings. Hy kan met tye sy tas vat en dit met geweld neersmyt en dan daarop spring. Ek vermoed daar is baie opgehoopte frustrasies in die klein lyfie.

Image result for child with broken arm drawing


Gister oggend, met middagete’ het die woelige ander 5 jarige seuntjie sy arm gebreek. Die ambulans moes hom kom haal. Die arm is blykbaar sleg gebreek. Die been het eenkant uigebult. Die ou was eergister al baie rof met sy spelery op die glyplank/baan. Hule vat hul truie of baadjies en dan gly hul daarop by die glyplank af. Dan is dit meestal nog drie of vier seuntjies gelyk ook. Geen wonder daar het toe nou uiteindelik iets ernstigs gebeur. Ek is net bly dit het nie die middag in ons sessie gebeur nie.


Vandag 29 Mei het die onderwysers gestaak.
Daar was nie voor en na-skool nie. Die laerskole en ‘intermediate’skole was almal gesluit. Sowat 50 000 onderwysers het in strate betoog. Alles gaan oor meer onderwysers en onderwysers hulp; asook hulp met die onderrig van spesiale hulp leerlinge. Verhogings is ook ‘n klein deeltjie daarvan. Dit gaan egter werklik oor die oorlading van onderwysers.

Vanoggend het ek bietjie later opgestaan. Gisternag het die wind baie gewaai en daar was ook baie harde reënbuie gewees. Toe ek die gordyne oopmaak was die lug so blou en skoon as kan kom. Dit was beslis amper ‘n somerse dag. Ek het ‘n kortmou bloes aangehad vir die hele dag. Nou is dit weer kouer, so 8 pm vanaand. Verder het ek nie veel gedoen nie. Ek het darem my Rebusfontein storie geskryf voordat inlinks sluit.


More is die tweede laaste dag van die maand se dagboek inskrywings. Ek gaan beslis ‘n glasie klink as dit verby is.


9 responses to “Liewe Dagboek: Dag 28 & 29 Mei”

  1. Rambo Avatar
    Rambo

    Ma sê dit vat baie moed en geduld om seuns groot te maak. Om nie te praat van senuwees nie. Gelukkig is ek haar soetste seuntjie. Jy werk baie mooi met hulle. Ek hoop hul waardeer jou baie. 🙂

    Ek hoop die onderwysers kry wat hulle verdien. Hulle werk regtig hard en dit kan nie maklik wees met so baie kinders in een klas nie.

    Hier by ons kan mens nou voel dis winter. Ek gaan nou weer lê en verder snork.

    Heerlike dag vir jou en Trompie en baie, baie soentjies van my en ma af vir julle. 😘💕

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Mens segeduld raak soms ook maar min. Die onderwysers beplan n verdere staking volgende week. Lekker rustig wees vandag hoor. Geniet die sonnetjie. Ek en Ma gaan nou inkruip.

      Liked by 1 person

      1. Rambo Avatar
        Rambo

        Dankie, ons sal. Julle moet lekker slapies. 😀

        Liked by 1 person

  2. perdebytjie Avatar

    Klink woes daar met die kindertjies. Seuntjies is darem baie rof. Ek sien dit met my twee kleinseuns…alewig een wat seerkry! Klink koud en nat daar by jou.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Party is ook maar rowwer as ander ook. Koue is nog nie hier nie maar dit was baie nat vandag.

      Liked by 1 person

  3. Bondelsgedagtes Avatar

    Sjoe ek kan skaars glo die maand is verby. En ek het my nogal voorgeneem om die maamd meer te skryf…en ek het nie… ook nie die langtafel blapse geskryf nie….well done vir jou hoor

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sug, baie dankie, dit het BAIE krag gevat om deur te druk.

      Like

  4. HesterLeyNel Avatar

    So ‘n klein bogghertjie – hy het seker geskrik vir ‘n bietjie dissipline. Ek weet nie hou jy jou geduld behou nie. Kry julle meesal winterreëns, Scrapy. Dis nou droog hier by ons. Natuurlik – my dak lek mos nie meer nie (hoop ek). Tog kry ons so nou en dan ‘n paar harde reënbuie in Julie / Augustus. Die winterwinde het begin waai …

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die outjie is n klein rakker. Baie vindingryk en slim. Hy’t ook die mooiste blou ogies en baie mooi maniere. Altyd dankie en asseblief.
      Ons het winterreen hier. Dis baie nodig om ons damme vol te hou want die afgelope paar jare was die somers baie droog gewees.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.