Liewe Dagboek: Dag 30 Mei


Image result for rain cloud

Die weer is heel omgekrap vandag.
Wind wat waai teen 100km per uur. Ek moes heeltyd my motortjie se stuur aanpas om nie van die pad af te waai nie.
Reën wat met emmers uitgegiet word; dan weer minder dat dit net motter. Nat is dit beslis.
Vanoggend se uitgaan was onplesierig. Soos dit ook maar is wil Trompie nie dadelik iets doen nie. Ons moet eers goed nat word voordat hy besluit – nou of nooit.
Die kinders moes baie vinnig loop en inkom om nie te nat te word nie. Skoene word aan die matjie afgevee en dan uitgetrek en hul kan hul boektasse ophang. Die buie wissel af van erg tot weer bietjie ligter. Die laaste twee dogtertjies wat op die PS4 gespeel het is nie haastig om uit te gaan nie. Die enetjie het nie ‘n reënjas nie(sy was vir ‘n week by haar pa gewees en ek vermoed haar reënjas was seker by haar ma)Sy staan en twyfel of sy moet loop en of sy gaan wag vir die ander dogtertjie. Ek jaag haar toe vinnig aan want die bui was bietjie minder. In die tussentyd is die ander dogtertjie besig om haar reënjas aan te trek. Sy sit haar boeksak op haar rug en toe moes sy eers sit om haar skoenveters vas te maak. Sy is een van die kinders wat vreeslik traag is om haastig te maak. Terwyl sy haar skoen vasmaak staan ek in die deur en se:
” Aaa reën, jy kan maar nog bietjie hard reën want Ella het nog nie haar skoen klaar vasgemaak nie.” Sy kyk my vreemd aan en bly met haar veter vroetel.
Die reën is bietjie minder en sy se:
”Ek het ‘n reënjas so dit maak nie saak as dit reën nie.” Nou ja, daar het ons dit nou. Gladnie gepla om vinnig te maak nie. Nou moet ek byse, hierdie Ella gee my party dae ‘n kramp waar ek dit nie wil he nie. Sy hoor maar maak of sy nie hoor of verstaan nie. Sy brom altyd oor ek haar so aanjaag.
Sy sal ook vinnig se:”Ek kannie!” of “Ek weet!” maar in die tussentyd doen sy niks. Ek ken haar van sy 5 jaar was(sy’s nou 8)en sy is steeds die steeks donkie as dit by dinge doen kom.

Image result for Simon Says


Vanmiddag se naskool was ‘n riller. Ons was oorbevolk in ‘n te klein klaskamer. Dis seuns en meisies van 5 tot 9 jaar. Daar was skaars plek om te beweeg(ek oordryf darem nou lekker.) Ons het 45 kinders gehad. Almal binne weens die slegte nat weer. Dit gil en skree, probeer hardloop en spring. Dit gryp mekaar. Gooi mekaar op die grond en val op mekaar. Dan is die ouer meisies besig om die seuns te tampteer met hul gegiggel en afloerdery. Dit was ‘n malhuis.
Ek was bly toe dit tyd was om huistoe te gaan. Dit reën katte en honde of eintlik meide met knopkieries(dis nie lelik bedoel nie)
Terwyl ek sit en skryf voel dit of die wind die huis wil omwaai of wegwaai. Daar is nou ‘n mal ou wat sy opgewarmde kar hier in die straat toets. Dit brul vir ‘n vale.

Ek sien die weervoorspelling voorspel nou koue vir die naweek. Sneeu in suide tot op hoogte van 500 meter. Ek dink die draai van die seisoen is nou baie naby.

Daars hy, my tweedlaaste skryfsel is geskryf vir die maand van Mei.
Bedtyd vir my en Mr T.

NS: Die motortoetser gaan nog probleme optel as hy so brul en jaag in die nat weer. Hy dink seker die polisie gaan hom nie vang nie.

18 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 30 Mei

  1. Ek haal my hoed af vir jou, dat jy dit uithou met die kinders. Die reënweer laat my sommer koudkry! Dankie dat jy die afgelope tyd jou lewe met ons gedeel het, Ineke. Dit was erg interessant.

    Like

  2. Ek raak ook baie lui as die weer so koud en nat is, dan lê en slaap ek amper heeldag. Dis tog te lekker.

    Daai Ella klink baie parmantig. Dis nie mooi dat sy jou krampe gee nie. Ek hoop ook die polisie het daai ou met sy kar gevang. Ma sê dit gee haar ook krampe want hulle raas. Ons het ook so ou hier op die hoek wat so maak. Pa noem hom rev-right, want hy sê dis hoe die backyard mechanics karre regmaak. Hulle rev dit tot dit reg is of breek. 😂

    Julle moet ‘n baie lekker daggie hê en baie soentjies vir Trompie en jou. 😘

    Like

  3. Ek ril nou sommer vir die winterreën-gedagtes wat by my opkom. Nat skoene, nat boeksak, loopneus – ten spyte van al jou voorsorgmaatreëls. My een seun was ook so traag om klaar te maak vir skool – ek moes hom by meer as een geleentheid uit die motor uitboender, terug in die huis in om sy tande te gaan borsel, hare te kam of gesig te was. Hy het my amper klaar gehad. Deesdae is hy flink uit die vere en ‘n harde werker. Daar is dus hoop vir Ella 🤣

    Like

    1. Probleem is ook die stadige ouens steek die ander aan om dieselfde te doen. Jy moet bv Ella sien netbal speel. Sy verwonder haar daaraan dat die bal nooit by haar uitkom nie. Eks ook nie mal om so nat te reen nie. Hou ook nie baie daarvan om in die wind en reen te moet ry nie.

      Liked by 1 person

  4. Ek bly nou al 16 jaar langs ‘n kartoetser….soms toets hy tot middernag. Hy glo hoe harder hy rev, hoe meer kan hy hoor of die kar reg is. En my slaapkmaer grens aan die kant waar hy werk….so ons is nie die kuier bymekaar bure nie. Ek verstom my aan mense wat ander mense se kinders elke dag probeer leer. Julle het werklik n gawe ontvang. Ek het nie daai ry raakgeloop toe dit uitgedeel is nie….

    Like

    1. Hier maak hul doughnuts in die hoofstraat om 1 uur in die oggend. Ek hou niks van die lawaai nie. Maak my eintlik bang. Ek het nie n gawe gekry om kinders op te voed nie. Dis aangeleer want dit was my brood en botter. Ek is baie streng en party dae oordryf ek dit maar dis my geaardheid. Kan woedend raak as hul so ongeskik is en dan het ek geen geduld nie.

      Like

  5. Ek verpes kartoetsers, gelukkig op die plaas hoor en sien ek niks. Scrapy, jy dagboek het my ‘n besondere kyk in jou lewe so ver van wat vir ons huis is. Jy is braaf en moedeig. Ek bewonder jou! Groete vir jou en Trompie van myen die Waterval brakbende!

    Like

    1. Daardie ouens kan in die middel van die nag ook tekere gaan. Gelukkig is die polisie nogal vinnig op hul spoor hier. Soms net soms wonder ek of dit alles die moeite werd is. Ek is regtig moeg gewerk maar kan nie anders nie. Tog is ek dankbaar dat ek dit nog kan doen. Weet jy as jy Waterval noem kom daar mooi herinnering by my op. Dit was n tyd van my lewe wat vir my heel anders uitgedraai het as wat ek ooit sou kon dink. Groetins en n lekker dag vir jou en jou brakbende.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.