Liewe Dagboek: Dag 31 Mei


Ek het gister vergeet om te vertel van wat gebeur het toe ek aanmeld vir my namiddag naskool sessie. Ek moet altyd by die kantoor aangaan om die register te kry en ook ‘n boekie waarin die name aangeteken word van ekstra kinders wat die middag daar gaan wees. Ons het die gewone daaglikse groep en dan die klomp aanhangsels. Hul is die kinders wat net so nou en dan na skool moet bly. Die ouers bel en boek die kinders dan in. Daar is natuurlik die ouers wat nie die moeite doen om te laat weet nie en dan het ons ‘n hele onderonsie met kinders, ouers en die kantoor dames. As ons nie weet dat die kind ingeskryf is nie kan hul nie verwag dat ons hul moet oppas nie. Dis waar die probleem dan inkom; kinders word die oggend aangese om naskool toe te kom en ons is nie regtig veronderstel om na hul te kyk as dit nie ingeboek is nie. Die kinders kan dit nie help nie maar ons voel party dae baie ongelukkig as ouers sulke dinge doen. Dis meestal ook dieselfde ouers wat dit doen, en die egste is nog dat dit ook die beheerliggaam ouers is.
Nou het ek afgedwaal van wat ek eintlik wou vertel oor toe ek by die kantoor kom. Die sekretaresse, die kleintjies se onderwyseres en ‘n klein seuntjie is besig om met mekaar te praat. Die seuntjie is totaal deurmekaar. Elke vraag wat die twee dames vra antwoord hy met ‘n:”No, no”. Hy hou sy een handjie vas en wil nie he dat die tannies na die armpie kyk nie. Hy bly vir alles: “No, noooo!” Ek hoor toe dat die kind in die klas geval het. Hy was totaal die kluts kwyn van onststeltenis en ek vermoed pyn ook. Hy wou nie op die bed sit nie, nie by die sekretresse bly nie, hy wil nie beweeg nie. Nes hy roer roep hy aanhoudend: “No, no.” Sekretaresse het die ma gebel en die sou kom om hom te haal. Ek het toe aangegaan met my werk.
Vanoggend het ek gevra wat verder gebeur het met die kind. Selfs sy ma kon niks met hom uitrig nie. Hy moes in erge pyn en aan skok gelei het. Blykbaar is sy armpie gebreek net onderkant sy elmboog. Arme dingetjie. Ek het lanklaas een gesien wat so geskok en verbouereerd was deur die omstandighede.
Die hele nag en vanoggend het dit steeds hard gereën. Die wind het ook amper ‘n mens van jou voete afgewaai. Hier is altyd meeue wat rondvlieg op soek na iets om te aas. Die wind het hul skoon weggewaai. Die Huttrivier was ook tot oorlopenstoe vol.
Dis’ n lang naweek hier. Die koningin se verjaarsdag word Maandag gevier al is dit nie regtig haar verjaarsdag nie. Die verkeer was van vroeg middag erg gewees met mense wat naweek gaan hou. Die weer gaan nie saamspeel nie. Daar word koue verwag en heelwat sneeu vir die Suid-Eiland. Ons gaan ook blykbaar goed koud kry more.
Ek het vanmiddag voordat ek skooltoe is eers my weeklikse skryfsessie bygewoon. Ons was vandag net vier gewees. Dis eintlik lekker as ons nie so baie is nie. Ons kan dan lekkerder gesels oor die stukke wat geskryf is.
Terwyl ons met ‘n bespreking besig was was daar ‘n harde slag en ‘n ou se knie breek deur die plafon. Gelukkig was daar nie mense wat om die tafel gesit het waarop die stukke geval het nie. (Ons doen die skrywery in ons plaaslike biblioteek.) Ek het die petalje gade geslaan. Die een man van my groep staan op om te kyk wat aangaan. Met die staan die groepleier(’n tannie van 93 jaar) ook op en stap reguit na die plek toe. Ek beduie vir die ander skryf vrou dat die ou dame nie onder die plafon moet loop nie vir ingeval daar verder stukke afval nie. Elkgeval, sy het dit aangemeld. ‘n Rukkie later kom die werker kyk wat die skade is. Die bibliotekaresse het ook kom kyk. Die ou was besig om iets te doen op die plafon toe hy te hard op sy knie gedruk het en sodoende die plafon stukkend gedruk het. Dit kon nogal ‘n dilemma afgegee het as daar mense aan die tafel gesit het en die stukke plafon op hul geval het.
Die middag se kinders oppas was nie te sleg nie. Hul kon darem buite woel en werskaf. Die weer het sommer vroeg verander.Dis ysig koud buite.
Ek gaan gou Trompie laat loop en dan lekker slaap. More is Saterdag en ek hoef nie vroeg op te staan nie.
Dit dan die laaste inskrywing vir Mei. Ek het dit gemaak, joegaai!

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

16 thoughts on “Liewe Dagboek: Dag 31 Mei”

  1. Welgedaan! Ek gaan nou eers my laaste-dag-van-Mei dagboekinskrywing doen. Ek het gister laat by die huis gekom en het nie nog tyd gehad vir blog nie. Julle winter klink al klaar bitter erg. Ons het ook al koue, maar Junie is darem gewoonlik nog leefbaar. Hemel, ek sou my gedaan geskrik het vir ‘n stuk man wat deur die plafon kom. Dis darem lekker dat julle skryfgroepie so julle stukkies kan bespreek, want dan kry jy terugvoer op jou skryfwerk. Dalk moet ons iets soortgelyk hier in Blogland op die been bring. Dink daaroor en dan kyk ons wat ons kan uitvoer.

    Like

    1. Was nogal n storie met die ou wat wou deurval. Gelukkig het hy gou geboeg besef hy beter op veiliger deel gaan staan.
      Is nogal lekker om so n gesellige groepie te he. Dit kan nogal werk om bv n twee-weeklikse skryfsel te doen en in die tweede week terugvoer of n bespreking te hou. Ons kry bv 5 woorde waarvan ons een of almal kan gebruik om iets oor te skryf. Dit gaan ook eintlik meer oor jou eie ondervindings nie juis n denkbeeldige ding nie,

      Liked by 1 person

  2. Geluk jy het klaargemaak. Ek het vir Hester gesê die dagboekskrywery maak dat daar dinge gebeur sodat julle iets het om oor te skryf. Kry ook baie koud hier….sit styf toegedraai onder ‘n duvet. Mooi dag vir jou terwyl ek slaap. Vergeet altyd hoeveel ure is julle voor ons.

    Like

    1. Dankie, eks bly dis verby maar tog as mens dit so vat is daar altyd iets om neer te skryf as jy net gaan sit en begin skryf. Dis steeds nat en nouregtig koud hier, ek bly maar binne as ek kan. Ons is nou 12 ure voor julle; eintlik n bietjie minder maar ek gaan nie hare kloof nie.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s