Rymelary

Die son verskyn laat, geluksalig rooskleurig
Kleure in rosig en pienk ‘n fantasia kamelia
Dis herfstyd wyd.
Skielik ‘n wind, die frapante kalant
Kom hoeihaai inwaai
Soos ‘n ronkadoor skoor
Bring ‘n jakkalstroureëntjie kleintjie.
Ek en die vriendskapverbond steekbaardhond
Gedagtes, tjoepstil afskil
Kyk droomverlore na kleivore
Elkander verwonder
Oor die verfyn skyn
Van blaartjies se abba samba.
Rymsnoere:
geluksalig rooskleurig
*frappant kalant
fantasia kamelia
jakkalstroureëntjie kleintjie
droomverlore kleivore
herfstyd wyd
vriendskapverbond steekbaardhond
tjoepstil afskil
*hoeihaai inwaai
elkander verwonder
verfyn skyn
abba samba
lag douvoordag
*ronkedoor skoor
*FRAPPANT (OOGLOPEND, OPMERKLIK, OPVALLEND)
*HOEIHAAI (BOHAAI)
*RONKEDOOR (ALLEENLOPEROLIFANT OF ASOSIALE MANLIKE PERSOON)
*****
So maak mens :
Jy kan ‘n enkele stel woordsnoer rymwoorde as inspirasie vonk gebruik, of al die rymwoorde – nes jy lus het.
Tower dan jou rym. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
Ons uitdaging strek oor twee weke, 20 Junie sal die skakel sluit. Nooi blogmaats om saam te kom speel! En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!https://fresh.inlinkz.com/p/86350a0e80e643788015a86178e3b125
Lekker snoer.
20 responses to “Le-Jou-Eier: Woordsnoer 5”
Purrfect rhyme, Trompie and Ineke, you’re good😎 Granny can rhyme only sometime.., isn’t that fine…MOL😹 Pawkisses for a Happy Tuesday my furriends🐾😽💞
LikeLike
Thank you! My Tuesday is gone done and dusted. Ek gaan nou na bed. Lovely day to you all.
LikeLiked by 1 person
Welgedaan, Ineke! Jy is voorwaar talentvol!
LikeLike
Baie dankie vir die kompliment. Alles hang ook maar af van hoe my gemoedstoestand is. Is jou al weer aan lig sien?
LikeLiked by 1 person
Gaan heelwat beter, dankie Ineke.
LikeLike
Bly om te hoor. Is maar nie lekker om so af te wees nie. Dink aan jou .
LikeLiked by 1 person
Gits dis mooi gedoen 🤗
LikeLike
Dankie vir jou mooi woorde!
LikeLiked by 1 person
Dis pragtig, Scrapy, oorspronklike tegniek wat jy gebruik het en dit werk so goed! Ek hou van die herfsblare.
LikeLike
Dankie. Die blaartjies is soos ek en die steekhaarbrak hul sien in die leivoor!
LikeLiked by 1 person
Aitsa Sus!
LikeLiked by 1 person
Dis mooi Scrapy. Soos Hester sê kort en kragtig en vertel ‘n storie.
LikeLike
Baie dankie.
LikeLike
🤗🏆🏅🥇🎉♥️
LikeLiked by 1 person
Welgedaan. Kort en kragtig, maar dit vertel ‘n hele storie.
LikeLike
Dankie, sukkel nie met baie woorde nie!
LikeLiked by 1 person
Pragtig Ineke!🌸🌸🌸
LikeLike
Dankie.
LikeLike
Sjoe! Ek verwonder my keer op keer.
LikeLike
Dankie Toorts dis maar n storie om dinge uit te dink.
LikeLiked by 1 person