Le-Jou-Eier: Welkom Rebusfontein.


Vir ons nuwe intrekkers

Hester beveel aan dat ons beginner inwoners onsself bietjie moet bekend stel aan die nuwer bewoners.

Ek is Scrapy en ek geniet my dubbele lewe hier op aarde. Een wêreld is denkbeeldig en baie opwindend; die ander een is meer die werklike wêreld waarin ek daagliks lewe.

Rebusfontein is ‘n oord waar ek myself kan wees sonder om te dink aan wat die gevolge kan wees vir die samelewing. Ek bly in huis/karavaan 3. Ek het ‘n heerlike sigeuners karavaan omdat ek van rondbeweeg hou. Ek kan my wa draai soos ek dit wil hê om son te vang of om koelte te kry. Voor in my erfie is n voëlbad. ‘n Berugte bad wat nogal konsternasie veroorsaak het.
Oorspronklik is ek woonagtig in Nieu Zealand. Ek gebruik Alon Musk en sy goedhartigheid om my in een van sy vuurpyle rond te stuur. Ons het gelukkig ook die Rocket Lab hier en as Elon nie kan help nie stuur die ouens my ook vinnig in ‘n rigting.
Ek het gelukkig my beste hond en lewensmaat saamgebring. Sy naam is Trompie en hy het ook al vir ‘n paar opwindende oomblikke gesorg. Hy is gelukkig baie saggeaard, maar katte is nou nie sy keuse van geselskap nie.

Dan is daar ook Porkie ‘n Morepork(NZ uiltjie) wat hier by my is. Porkie het ons ook al uit moeilike situasies gered.

Image result for gypsy caravan cartoons

Dan, in die werklike lewe is ek ‘n afgetrede onderwyseres wat probeer om te oorleef in NZ deur voor- en naskool toesig te hou by ‘n skool so amper 20 kilometeres van my huis af. In die bietjie oop tyd wat ek het geniet ek om te skryf. Op die oomblik is ek besig met my Memoirs en is ook besig om ‘n kinderboek te beplan met Trompie as die hoofkarakter.

Dit dan in ‘n neutedoppie.
Welkom aan nuwe inwoners. Jul sal dit saam met ons geniet hier in ons eie wonderland en Rebusfontein.

Om die ander bloggers se bydraes te lees, gaan loer in by hierdie skakel op InLinkz: https://fresh.inlinkz.com/party/4d37c70b99244affaf04d8ea985b9271


29 responses to “Le-Jou-Eier: Welkom Rebusfontein.”

  1. Die Towerinne vier fees – toortsie.com Avatar

    […] se visdam besig om hulle voete te baai, of kry hulle raad by Scrapy se uiltjie, genaamd Porkie? Ek kan dit amper nie dink nie, beide van hulle kan ons ander met genoeg raad bedien. Of dalk, net […]

    Like

  2. Sonel Avatar
    Sonel

    Jou sigeuners karavaan klink tog te lekker en ek kan sien julle het omtrent pret in Rebusfontein. Rambo kan nie wag om Trompie te ontmoet nie. 😀

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis n heerlike wegbreek van alles. Ons doen sommer net wat in ons opkom.

      Liked by 1 person

  3. Rambo Avatar
    Rambo

    Jul towerinne is omtrent besig en ek kan net sien hoe Trompie homself daar geniet. Katte is beslis ook nie my keuse van geselskap nie. 😅

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis heerlik hier. Laat ek jou n geheimpie vertel, ek is nogal bang vir sekere katte hul is maar gevaarlik. My ma gee my ook nie die kans om hul te jaag nie sy hou my altyd vas.

      Liked by 1 person

      1. Rambo Avatar
        Rambo

        Ek kan so sien ja en ek kan my net indink. Ek is natuurlik ‘n klein leeu so ek skrik vir niks, maar ma is maar versigtig nes jou ma. 😀

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Haha, die mas van ons darem!

          Liked by 1 person

          1. Rambo Avatar
            Rambo

            😅😂🤣

            Like

  4. HesterLeyNel Avatar

    Gelukkig is Trompie en Porkie albei gesoute reisigers. Is jy nie ook ons ghost whisperer nie Scrapy? Ek wil my verbeel dat jy daar by Toweropstal so lustig saam met die spoke verkeer het. Maar dit was ‘n ander avontuur, ‘n voorganger van Rebusfontein.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Moenie spoke begin oproep nie! Oom Paul en nou’t ek vergeet van die ander ou spring netnou weer uit hul grot uit. Gelukkig is Porkie darem by my. Hy help my baie.

      Liked by 1 person

  5. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

    Hallo Scrapy! Ek vergeet van al ons bewoners. Groete vir Porkie en Trompie!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het self ook maar so n gedagte spasie tussenin dis hoekom dit goed is dat jy hul bietjie opgesom het. Dankie sal groete oorstuur. Groete ook vir “watse naam” ook.

      Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Waar kry jy die hoge woord?

          Like

          1. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

            Daai gedierte se naam…Quasimodo wat in Notre Dame se toring genly het en nou by my op Rebusfontein bly….of het jy met gedierte my hond Ringo bedoel, of miskien my man….😂😂😂😂

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Haha, nou gee jy my n keuse om te besluit wie ek bedoel! Ek weet jy het n hond saam met jou in Rebusfontein. So dis daai groot naam wat daar is. Het jy Ringo ook Rebus toe gebring?

              Like

              1. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

                Ja Ringo praat mos….Toorts is effe skrikkerig vir hom…

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Mooi man, hy en Trompie kan kopstukke gesels. Wonder wat die twee vir mekaar kan vertel oor hul mense-familie?

                  Like

                  1. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

                    O genade, dit sal interessant wees.

                    Like

                    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Ek dink dit kan nogal interessant wees.

                      Like

  6. Bondelsgedagtes Avatar

    Onse Scrapy lief met haar vlieg masjien en oulike brak….

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Bondels lief jou ook baie.

      Like

  7. Toortsie Avatar

    Dis die Scrapy wat ons ken, daai. Die Scrapy met geen bang haar op haar kop nie wat ‘n plan maak om by die avonture uit te kom. 🙂

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      He he, nou giggel ek eers hier in myselwers. Ek glo nie almal besef aldag hoe ernstig dit is om weg te vlieg van my werklike verpligtinge af om te gaan avontuur nie. Trompie weet ook al hy moet my uitlos as ek regmaak om pad of lug te vat.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        🙂 Dit hou ons aan die gang, die avontuur, sommer al net die gedagte daaraan is opwindend. 🙂

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Netso,goeie afleiding vir die gemoed.

          Liked by 1 person

  8. perdebytjie Avatar

    Dis onse Scrapy daardie…opreg, saggeaard, hardwerkend en liefdevol en altyd oppad iewers heen in haar Muskvuurpyl saam met Trompie en Porkie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir jou mooie woorde. Ja jong daardie vuurpyl vliegery het my ook maar baie ekstra grys hare gegee. Dis maar n aanpassing vir die liggaam om so vinnig te vlieg.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.