Ekstra bydrae aangebied deur Mr T


Nou het ek alles gehoor!

Trompie het vir al sy maters ook n klomp stukke uitgesoek. Wie is ek wat Scrapy is om hom teen te staan!

Ek stel Graag Trompie aan die woord.

Geliefde viervoetiges en geveerdes, dan ook die twee-beniges:

Welkom, welkom, welkom.

Die eerste is vir die mense-harte wat so uitgaan na ons as dierekinders.

Volgende is spesiaal vir Bytjie met haar bye wat wil wegvlieg.

Nou is dit Carike Keusenkamp wat in my Ma se derde jaar as joolkoningin gekies is. Almal was nogal afgunstig op haar en tog het sy goed gedoen met haar kinderliedjies. Die Lappop is spesiaal vir al my nuwe vriende hier op Rebusfontein. Al voel jul soms weggegooi, hier kan jy jouself wees.

Eintlik wou ek ‘ek’s ‘n dapper muis’ vir al die katvrinne speel, maar nou ja.

Die volgende is vir Danie en al die honde wat so lekker saamwerk.

Die beste een is vir my liewe Ma Scrapy. My hart se punt en liefde net vir almal wat lief vir ons dierekinders is.

As jy gaan deelneem, hak jou blog aan die skakel:

https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f

22 responses to “Ekstra bydrae aangebied deur Mr T”

  1. Nice music over here, Trompie and Ineke. We only know The doggie in the window 😀 Warm Pawkisses for the both of you, I take home some cooling, as we’re in our second heatwave week😸Have a wonderful day🐾😽💞

    Like

    1. Glad you listened to the music. How is the heatwave now? I hear that it gives some problems with the rebuilding of the Notre Dame

      Liked by 1 person

      1. The temperature have finally dropped, Trompie and Ineke, we can have a breezer again😺Pawkisses🐾😽💞

        Like

        1. Good to hear. Here we had a week of mild weather but they expect from tomorrow it will turn icy cold, snowy and heavy rain too. We never know. Keep cool sweet Binkie. High paws.

          Like

  2. Lief dit, ou gunstelinge, ook saamgesing. Dankie vir die heimwee.

    Like

    1. Dankie, bly jy’t lekker geluister. Bring weer gedagtes aan doerdie tyd se musiek. Spesiaal.

      Liked by 1 person

  3. Oe!! How much is that doggy??? Dit was nou so lekker en het baie memories oopgekloof!! Liefkat wou weet waar is die liedjie oor die kat kom weer? Ek moes dit spesiaal vir haar gaan soek!

    Like

    1. Ha ek het al vergeet van die kat wat weer kom. Bly jul het dit geniet.

      Like

  4. Karolus het omtrent stert geswaai en springend ñ noot of drie probeer saam kef terwyl ek net lekker kon saam sing(kras)

    Like

    1. Ha ha, dis die lekker daarvan. Jy kan sing en swaai soos jy wil en voel en op jou eie tyd.

      Like

  5. Trompie, jy’s ‘n ou doring. Ek het ook nou lekker stert(heup) geswaai op die heerlike musiek.

    Like

    1. Ja, my stertjie is so kort maar hy wou net nie ophou wikkel nie.

      Liked by 1 person

    1. Haha, myse Ma het my gehelp. Ek bly verkeerde letter druk totdat sy oorgeneem het en ek net vir haar kon se watter en wat ek wil he.

      Liked by 1 person

  6. Scrapy, jy besef dis al wat in my huisie weergalm? Trompie se liedjie vir Danie. Dis nou Chikie se amptelike wiegeliedjie… Ek gaan ń eksta slaapplek by jou moet bedel, want soms gaan ek net bietjie “me time” nodig kry.

    Liked by 1 person

    1. Dis reg met my. Trompe en Porkie sal dit geniet. Daar is plek in my sleep’karavaantjie’ en ek doen mos ook ‘house sitting’. Gaan juis met Trompie in September weer n week plaas oppas.

      Like

  7. Hierdie was tonekrul lekker Scrapy. Dankie Trompie jy het ons mensekinders omtrent uitasem laat dans.

    Like

    1. Dis goed, dis waaroor dit gaan. Maak daardie stywe skaniere lekker los en ook die stembande.

      Liked by 1 person

  8. Ringo blaf: Trompie jou doring. Dit was stertswaai lekker. Harpy klap sy vlerke en Vuurvliegie en Quasimodo dans en lag.

    Liked by 1 person

    1. Dis hy, suster, vrolik en plesierig soos die diere is.

      Like

  9. Ag jinne Scrapy ek het dit geniet, so lekker gesit en giggel vir Des en Dawn… en padda…

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: